Thursday 13 August 2015

BOEREWORS MAALVLEIS KERRIE


BOEREWORS MAALVLEIS KERRIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/boerewors-maalvleis-kerrie.html

*eie resep Helena*
1 ui gekap
30ml olie
2 groen brandrissies gekap[opt]
½ groen soetrissie gekap
1 knoffelhuisies fyn gedruk
5ml gemaalde koljander
5ml komyn
15ml kerriepoeier[ek het gebruik 1pk red curry paste]
1 blikkies gekapte tamaties [ek het gebruik mexicane tomatoes]
1p tamatie paste
250ml water
Sout, vars gemaalde swartpeper
2e appelkooskonfyt
500g gaar boerewors, in stukkies gesny
500g maalvleis [maak eenkant in pan gaar]
6 klein murg van groente in ringe gesny
10 kersietamaties
2 aartappels in blokkies gesny en gaar gekook
Gekapte vars pietersielie na smaak
Braai die ui in die olie sag.
Voeg die brandrissie, knoffel,soetrissie,murg van groente, koljander, komyn,tamatie paste en kerrie[of paste] by en braai 3-5min.
Voeg die tamaties en water by en verhit tot kookpunt.
Prut vir 25min tot die sous lekker afgekook is.
Geur na smaak met sout, peper en voeg appelkooskonfyt by .
Voeg die boerewors, maalvleis en aartappels by, verhit weer tot kookpunt en prut stadig vir ongeveer 25 min.[Of plaas in Slow-Cooker op *High* vir 1h.
Roer gekapte pietersielie by en sit voor op rys met n lekker slaai en stuk vars gebakte brood**Helena Chilli Kruger * 19/4/12**

No comments:

Post a Comment