Wednesday 12 August 2015

SNOEPGOED VIR PARTYTJIES

SNOEPGOED VIR PARTYTJIES

 BASIESE MAALVLEISMENGSEL 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/snoepgoed-vir-partytjies.html
vir die 3 geregte (hamburgers, vetkoekies,  en frikadelle)
500 g maalvleis
1 ui
100 ml hawermout
100 ml melk
sout en peper na smaak
25 ml blatjang
25 ml tamatiesous
10 ml worcestersous
knoffel (opsioneel)


Meng die maalvleis, hawermout, worcestersous, tamatiesous, blatjang, sout en peper saam
Sny ui in stukkies en voeg by die maalvleismengsel
Voeg die melk by
Meng goed saam
Deel die mengsel in drie vir die vetkoekies, hamburgers en frikadelle

1. KLEIN HAMBURGERS      


HAMBURGER ROLLETJIES

1 pak winkeldeeg
tamaties
mayonnaise
agurkies
blaarslaai
olie
sosatiestokkies
klein tamaties

Verhit oond tot 180 grade
Spuit 'n bakplaat goed met Spray & Cook
Maak klein balletjies met die deeg en pak op bakplaat
Smeer bietjie olie oor die deegballetjies
Bak vir 20-25 min

2. HAMBURGERFRIKADELLE
Maak klein balletjies met die maalvleis
Braai in bietjie olie in 'n warm pan

Smeer mayonnaise op elke hamburgerrolletjie
Plaas frikadel, blaarslaai, tamaties, agurkies, tamaties op die rolletjie
Druk 'n kort sosatiestokkie deur die hamburger, rond af deur 'n klein tamatie deur die stokkie te druk

GEWONE KLEIN FRIKADELLE
Verhit oond tot 180 grade
Spuit 'n bakplaat goed met Spray & Cook
Gebruik van die maalvleismengsel
Maak klein balletjies en bak in oond tot gaar

3. KLEIN VETKOEKIES        


500 ml bruismeel
2 ml sout
15 ml suiker
2 eiers
250 ml melk
250 ml gerasperde kaas (soveel soos verkies)
Sonneblomolie om vetkoekies in te braai
bruin uiesoppeier (opsioneel)

Sif droë bestanddele saam
Voeg die eiers by
Voeg melk by
Meng alles goed saam (dis 'n redelike slap deeg)

Verhit genoeg olie in 'n kastrol
Skep lepelsvol deeg in die warm olie
Draai die vetkoekies om soos dit gaar en mooi goudbruin word

MAALVLEISMENGSEL VIR VETKOEKIES
Maak die maalvleismengsel in 'n kastrol met 'n bietjie water gaar
Voeg bietjie soppoeier by indien nodig

Sny die vetkoekies middeldeur en plaas bietjie maalvleis in elkeen
Versier met vars pietersielie

4. MARMITE WIELE       

1 rol "puff pastry"
Marmite
Gerasperde kaas

Verhit oond tot 180 grade
Wenk

Maak seker dat die deeg goed ontdooi, maar nog bietjie koud is
Spuit 'n bakplaat goed met Spray & Cook
Smeer marmite oor deeg
Sprinkel gerasperde kaas oor Marmite
Rol die deeg versigtigop in 'n lang rol
Druk deeg se kante teen mekaar sodat dit mooi seël
Smeer 'n geklitste eier bo-oor
Sny die rol in wieletjies
Wenk
Maak seker jou mes is met elke sny skoon en 'n skerp mes werk baie goed
Pak die wieletjies op die bakplaat en bak vir 20-25 min
Bron:kosisoppietafel
Geplaas deur: Dalene Brits

No comments:

Post a Comment