Monday 31 August 2015

CECILIA SE KRAKERTJIES (Oatskoekies)



Cecilia se krakertjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/cecilia-se-krakertjies-oatskoekies.html
Bestanddele
(Lewer 40 koekies)
250 ml hawermout
250 ml koekmeelblom
250 ml suiker
180 ml klapper
125 g botter
30 ml gouestroop
2,5 ml koeksoda
15 ml kookwater

Instruksies
Voorverhit die oond tot 180 ºC
Meng hawermout, meel, suiker en klappper saam. Smelt botter en gouestroop. Meng koeksoda met kookwater en meng by die gesmelte botter en goue stroop.
Meng droë bestanddele tot ’n deeg. Plaas lepelsvol deeg op ’n gesmeerde bakplaat, laat genoeg ruimte vir die koekies om uit te sprei as dit bak.
Bak vir 10 minute.
#oatskoekies #hawermoutkoekies
Bron: kokkedoor

No comments:

Post a Comment