Lekker lente hoender.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/09/lekker-lente-hoender.html
Bestanddele
1 ui, gekap
8 hoenderporsies
10 baba-aartappels
sout en peper
hoenderspeserye
3 eetlepels grondboontjiebotter
3 eetlepels appelkooskonfyt
3 eetlepels mayonnaise
Metode
Braai ui en hoenderporsies tot bruin.
Geur met speserye.
Pak hoender in vuurvaste glasbak.
Plaas rou aartappels, ongeskil tussen hoender-porsies.
Verhit die res in 'n kastrol.
Voeg bietjie water by om 'n "langsous" daarvan te maak.
Bedek die hoender daarmee, sit foelie oor.
Bak teen 180 grade vir 35 minute.
Haal foelie af die laaste 5 minute.
Bron: RSG
No comments:
Post a Comment