Monday 3 August 2015

HEELNEUT SJOKOLADEKOEK



Mare Nieuwoudt

HEELNEUT SJOKOLADEKOEK:

GENOEG VIR 12 MENSE
Bereiding: 15 minute
Baktyd: 45 minute


KOEK
250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) suiker
10 ml (2 t) bakpoeier
1 ml (¼ t) sout
125 ml (½ k) olie
4 eiers, geskei
125 ml (½ k) kakao
125 ml (½ k) kookwater

STROOP
285 g (¾ van ’n 380 g-blik) ingedampte melk
125 ml (½ k) suiker

VERSIERSEL
95 g (¼ van ’n 380 g-blik) ingedampte melk
2 plakke (90 g elk) heelneut-sjokolade, in blokkies gebreek

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondroosterpan van 20 x 30 cm. 
1.KOEK Sif al die droë bestanddele saam. Klits die olie, eiergele, kakao en kookwater saam in ’n ander bak. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele, giet die geklitste bestanddele by en meng.
2.Klits die eierwitte styf en vou by die beslag in. Giet in die roosterpan en bak 40-45 minute tot gaar. Laat effens afkoel en prik met ’n vurk.
3.STROOP Verhit die ingedampte melk en suiker saam en giet oor die warm koek.
4.VERSIERSEL Verhit die res van die ingedampte melk en die sjokolade saam en giet oor die koek. Laat stol.
(Huisgenoot)

No comments:

Post a Comment