Monday 3 August 2015

HEMELSE SPINASIE


Wanda Appelgrein

HEMELSE SPINASIE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/hemelse-spinasie.html

Bestanddele:

2x bosse spinasie goed afgespoel en gesnipper (harde stukke verwyder)
2x uie fyn gekap
1x knoffelhuisie fyn
1x pakkie spek fyn gekap
1x blik tamatie en ui
1x pakkie sampioen sous
2 x eiers
1x pakkie sampioen sop
feta kaas
chedder kaas

Metode:


braai die uie en knoffel en spek tot sag en die bacon tot bros in olie in die pan
voeg gekapte spinasie by en sit deksel op sodat die spinasie sag kan stoom
voeg al die ander bestanddele by behalwe die kaas en die feta
skep lepelsvol van die spinasie in 'n muffin pan en plaas op elke hoppie 'n blokkie feta en 'n blokkie chedder kaas.
sit in 'n vooraf verhitte oond 180oc tot die kaas begin smelt en verkleur. (Boerekos Kook en Geniet)

No comments:

Post a Comment