Tuesday 4 August 2015

VRUGTEPOFFERTJIES


Helena Kruger


VRUGTEPOFFERTJIES:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/vrugtepoffertjies.html

Die beslag kan gebruik word om stukkies vrugte in te doop. Bedien dit tradisioneel of maak ‘n eksotiese stropie.

Bestanddele:
120 g (250 ml) koekmeel
5 ml bakpoeier
Knippie sout
25 ml suiker
1 eier, geklits
75 ml melk of bietjie meer
12,5 ml gesmelte botter
Vrugte van jou keuse: soos appel, appelkoos, perske, pynappel, piesang,

Metode:
Sny die vrugte van jou keuse in gerieflike stukke gesny. Sprinkel suurlemoensap oor vrugtestukke wat kan verkleur, soos appel en piesang) – ek het appelkose in kwarte gesny.
Sif droë bestanddele saam en maak met die eier, melk en botter tot ‘n glad beslag aan.
Voeg nog ‘n bietjie melk by as dit te styf is. Moenie te slap maak nie, anders sal die poffertjies nie fatsoen hou nie.
Verhit olie in kastrol. Gebruik ‘n vurk en doop voorbereide vrugtestukke in doopbeslag, dreineer effe. Braai in warm olie (170°C) tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
Strooi kaneelsuiker of strooisuiker oor. Loperige heuning of esdoringstroop, gegeur met ‘n paar druppels lemoenwater is ook lekker, veral met ‘n surerige vrug.**Huiskok**Lekker Resepte vir die Jongergeslag**

No comments:

Post a Comment