Sunday 18 October 2015

PIERING PANNEKOEK

PIERING PANNEKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/10/piering-pannekoek.html

Bestanddele:
4 eetlepels sagte botter               
Jorina Smiley Claassen Barlow

4 eetlepels strooisuiker
2eiers
4 eetlepels koekmeel
425 ml melk
6 eetlepels appelkooskonfyt
150 ml room,styfgeklits

Metode:
1) Room die botter en voeg die suiker by.klits tot lig en romerig is,
2) Klits die eiers een vir een by en voeg n bietjie van die meel by na elke eier sodat die mengsel nie skif nie,
3) Klits die res van die meel by en roer die melk geleidelik by
4) Smeer 6 piering met botter en plaas op n bakplaat.Klits weer die mengsel en skep gelyke hoeveelheid van die mengsel in elke piering,moenie die pierings te vol maak nie,bak in voorverhitte oond van 190 grade vir 15-20 minute of tot heeltemal gestol,haal versigtig uit die piering en bedien met skeppie konfyt en styfgeklitste room. 

Wenk
Jorina Smiley Claassen Barlow Ek het net 125ml melk gebruik en die resultate is op die fotos.

Bron: Annetjie Fasen


No comments:

Post a Comment