Friday, 27 November 2015

SUURLEMOENSTROOP



 SUURLEMOENSTROOP
Het vandag SUURLEMOENSTROOP gemaak..het nou geproe aan die wat oorgebly het bietjie baie lekker..Maar as jy hou van bietjie soeter voeg nog 1k suiker by of 1k suurlemoensap minder..dit is jou keuse,Helena Kruger
Suurlemoenstroop
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/suurlemoenstroop-ingemaak.html

*Helena Kruger*
6. K Warm water
12g Tactaric Acid [wynsteensuur] 1pakkie
4 k Suiker [hier kan julle nog suiker byvoeg as julle wil]
7 k Suurlemoensap.
METODE
Roer alles goed deurmekaar tot suiker opgelos het
Bring dit nou net tot kookpunt[dit moenie kook nie ander kan dit bitter raak] en bottel dit warm in warm bottels






Lorraine Weitz Brand.
 
My vriendin Marietjie se resep . . . absoluut heerlik!!!!

SUURLEMOENSTROOP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/suurlemoenstroop-ingemaak.html
(HEERLIK VIR DIE WARM SOMERDAE)

6 pond suiker
12 koppies water
1 pak suurlemoenjellie
1 tlp suurlemoengeursel
1 pak wynsteensuur

Sodra water en suiker kook, verwyder van stoof.
Voeg jellie by.
Roer.
Voeg suurlemoengeursel en wynsteensuur by.
Laat afkoel en gooi in glasbottels.
Verdun klein bietjie stroop (soos met aanmaak-koeldrank) met water of soda.
Bedien in ‘n lang glas met y, skyfie suurlemoen en mintblaartjie.
Heerlik verfrissend . . 04/11/2016*.