Friday 4 December 2015

KERRIE SPINASIE STINGEL SLAAI



KERRIE SPINASIE STINGEL SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/kerrie-spinasie-stingel-slaai.html

Eie Resep Helena*

2 kg Gekerfde Spinasie Stingels [onthaar]

1 Pak Hawain Stirfry[1kg]
1 kg Gekerfde Uie
2 t sout
3k Asyn
3 k Suiker
2 t Kerrie
1t Borrie
2-3 e Appelkooskonfyt
1t uiesaad [swart korreltjie] opt
2 e Mielieblom [Maziena]
METODE
Kook Spinasie Stingels  en uie en sout vir so 15 min in bietjie water tot amper sag
Voeg jou Stirfry by en kook vir 10min
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-6min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm
03/12/2015*Helena Kruger *baie lekker>>*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


 



 

*************************************************************


 



POPEYES EVIL CHUTNEY

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/kerrie-spinasie-stingel-slaai.html
Eie Resep Helena*
2 kg Gekerfde Spinasie Stingels [fyn gekerf]
1 kg spinasie blare [gekerf fyn]
500g Gekerfde Uie [fyn]
250ml fyn gesnyde Mango blokkies[of bietjie meer]
6 knoffelhuisies fyngekap
6-8 Jalapenos gekerf [rissies]
1 t sout
3k Asyn
3 k Suiker
2k water
1 pakkie tamatie paste
2 e Mielieblom [Maziena]
METODE*
Kook Spinasie Stingels, blare, uie, mango, knoffel,en rissies  sout vir so 15 min in bietjie water tot amper sag
Meng ander bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-10min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottel warm*Helena Kruger* 23/03/2016


 


SPINASIE STINGEL PIEKEL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/kerrie-spinasie-stingel-slaai.html
Eie Resep Helena
*
1.5kg Gekerfde Spinasie Stingels [fyn gekerf]
1 kg Wortels lank en skuins gesny
2 Uie fyn gesny
1 Rooi Soetrissie repies gesny
1Groen Soetrissie repies gesny
SOUS
6 knoffelhuisies fyngekap
1 t sout
6 k Asyn
3 k Suiker
2k water
10 Peperkorrels
3 Wonderpepers
2 Heel Naeltjies
1t Koljandersaad


METODE*
Kook Spinasie Stingels in bietjie water tot amper sag [dreineer]
Kook wortels vir 5min in bietjie water[nie sag nie] dreineerKook jou sous vir 3min
Voeg jou wortels, uie, soetrissies en stingels by jou sous en kook vinnig vir so+-10min [nie langer nie]
Gooi n 1/2t Selderysaad onder in jou bottels [halwe]
Bottel in warm bottels Verseel goed en laat staan vir 1 week of langer
Baie lekker
Helena Kruger*27/03/2016



 




SPINASIE STINGEL TJOU TJOU

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/kerrie-spinasie-stingel-slaai.html

*EIE RESEP Helena Kruger*

1 bossie spinasie fyngekerf
2 bossie spinasie Stingels fyngekerf [wit gedeelte]
2 Bossie Stingelui loof[groen blare] fyngekerf
4 k water
SOUS

1 t sout
3k Asyn
3 k Suiker
2 k water

2 t Kerrie
1t Borrie
2 e Mielieblom [Maziena]
METODE
Kook Stingels en Spinasie en Uie- loof in 4k water vir 10min
Dreineer baie goed en spoel vining af met warm water
Meng Sous bestd. behalwe mielieblom en voeg by
Kook vir so +-8-10min
Maak mielieblom aan met bietjie water en roer in
Kook 5min tot mooi blink en bottle warm in warm bottels
*Helena Kruger *16/04/2016*Baie baie lekker..










 

No comments:

Post a Comment