Friday 13 May 2016

HOENDERROL

.
HOENDERROL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/05/hoenderrol.html

Hilda Dates Steyn
 Kry eers by jou slaghuis die net wat die vleis in gestop moet word. Sou se so ,n lengte van 25cm hoort lank genoeg te wees. Vra jou slaghuis of doen self die volgende,
Ontbeen ,n hele hoender. Le hom plat, binnekant na jou toe,. Sprinkel sout oor. Sit dan velle bacon dwars oor die vleis. Krummel feta kaas orals oor die bacon. Rol die hoender van sykant mooi styf op, en sit dan nog repe spek oor.
Sny ,n 1lt koeldrank bottle oop aan albei kante. Trek die net oor die bottel en maak ,n knoop by die een kant. Aan die anderkant se holte, druk die opgerolde hoender deur en voer dit in die net in tot hy heeltemaal uit die bottel gedruk is. Maak seker jou vleis is lekker styf in die net en maak ,n knoop in die net. Net soos in die foto. Draai toe in foelie, blink kant binne. Bak vir ongeveer 1 uur in 180C oond. Laat rus en koel word, voor jy dit in rolletjies sny. ..
dieselle kan gedoen word met ,n spinasie en feta hoender rol.*12/05/2016


 
VULSELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/05/hoenderrol.html


Colyn Serfontein Roomkaas, fyngekapte sampioene en sprietuie. Smeer met sterk yoghurt en speserye na smaak. Ek sal net swartpeper en Robertson's se chicken spice gebruik.
Helena Kruger
spinasie ,roomkaas of feta..fyngekerfde peppedews, sprietuie, sweet chillie sous smeer..lekker
Leonore Bosman

Rol kiepie oop en smeer die binnekant met basil en tamatie pesto en sny camember kaas in stroke en draai die kiepie weer toe en rol dan toe in bacon

ONTBEENDE HOENDERROL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/ontbeende-hoenderrol.html

 



No comments:

Post a Comment