Tuesday 10 May 2016

SOUSKLUITJIES A LA HELENA


SOUSKLUITJIES a la Helena
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/05/souskluitjies-la-helena.html
*eie verwerking Helena Kruger*
Sous: 

6 k water
2 e botter
½ k suiker
1t kaneel
Kook alles saam
4 e botter
1k Bruismeel
1k Koekmeel
1 t Bakpoeier
½ t Sout
2 e Suiker
6 eiers
METODE
Sif bruismeel, koekmeel bakpoeier en sout saam
Vryf botter in tot frummelrig
Klits eiers en suiker tot goed gemeng
Meng dan met die meelmengsel
Skep dit met n nat lepel in jou kokende sous en plaas die deksel op vir 10min op medium hitte
Kook nog n bietjie stroop[want dit kook ampers heeltemal weg]van 2k water, 2e botter en
 2 e suiker en n ½ t kaneel eenkant
Wanneer kluitjies gaar gooi die helfte van die 2de stropie in jou opskepbak en skep dan jou kluitjies een vir een in jou sousie in jou opskepbak.
Strooi bietjie suiker bo –oor en sprinkle lekker kaneel bo-oor en stip dit hier en daar met klontjies botter..
Gebruik die ander helfte van jou stropie vir n sousie as jy dit bedien..Heerlik verby..Pragtig gerys met mooi gaatjies in en nie eers een was toegeslaan nie..Helena Kruger*10/05/2016

No comments:

Post a Comment