Wednesday 23 January 2013

BLIKBROODJIES




BIERBLIKKIE BROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/blikbroodjies.html

Liana Barnard Claassen
1 kg Bruismeel.
 10ml Sout.
2 blikkies bier.
Meng goed.
 Verdeel in 6 dele.
Plaas elke een in n 410g blikkie en bak by 190 vir n halfuur.
N.S> Jy meng en bak net. Hy rys in die oond
*27/5/13

  N.S>
Marlene Minderon Ek koop 1kg by spar en ek sny dit in 4 en sit dit in die blikkie om terys.
                         


             
WENKE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/blikbroodjies.html
Marieta van Bladeren

 Ek last myne bietjie rys. Laat bier net warm word!! Uit yskas.
Sandra Visagie
Bierbrood bly nou maar eenmaal lekker, vir iets anders voeg 1pakkie wit uiesoppoeier en cheddarkaas (na smaak) wat in klein blokkies gesny is by die meel ek vryf die kaasblokkies met my hande deur die meel net om dit los vanmekaar te kry voor ek die bier ingooi om te meng. (Moet se ek is ook nie skaam met die kaas nie)

Lerinda van der Linde
 mens kan Sodawater ipv bier gebruik.

Nico Moolman
Moet Black Label bier wees. Lees maar op die etiket Enigste bier ander is lagers

BLIKBROODJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/blikbroodjies.html
1kg bruismeel
10ml sout
2 blikkies bier
Metode:
Sif die bruismeel en sout saam. Voeg die bier by en meng goed met ‘n houtlepel. Smeer 6 leë blikkies (410g) deeglik met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Verdeel die deeg in 6 gelyke dele en skep in die gesmeerde blikkies. Verhit intussen die oond tot 190°C en bak sowat 30 minute tot uitgerys en gaar. Laat effens afkoel, keer uit op ‘n draadrak en laat heeltemal afkoel. Gebruik ‘n eetmes om die broodjies effens los te wikkel en keer versigtig uit die blikkies.
Sit voor met botter en kaas.
PETERJASSIE *Dit is baie lekker by n Braai!!!Helena*


SPEK EN MIELIEBROODJIE IN 'N BLIKKIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/blikbroodjies.html
Bestanddele
250 g spek gekap
50 ml suurroom
410 g blik mieliepitte gedreineer
5 eiers
60 ml pietersielie gekap
2,5 ml sout
100 ml koekmeel
Swartpeper na smaak
5 ml bakpoeier
Metode:
Braai spek in eie vet tot bros, dreineer op kombuispapier. Gooi orige bestanddele by en meng deur.
Smeer groot konfytblik met botter en voer blik met gesmeerde bakpapier uit. Gooi blik driekwart
vol met beslag. Bedek met foelie, bak in voorverhitte oond van 180 grade vir 30 - 45 minute. Keer
brood uit, sny in dik snye, sit voor met botter en gerasperde kaas van jou keuse.*
Sanchen Grobler


BEKER-POTBROOD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/blikbroodjies.html
250 g witbroodmeel
250 g koekmeel
1 x 10 g-pakkie kitssuurdeeg
15 ml suiker
5 ml sout
sowat 200 ml louwarm water
Metode:
Verhit jou oond tot 180 °C. Meng witbroodmeel en koekmeel saam in ’n groot mengbak. Voeg suurdeeg, suiker en sout by. Maak ’n holte in die middel van die meel en voeg genoeg
louwarm water by om ’n stywe deeg te vorm. Knie die deeg goed vir minstens 10 minute en sit terug in die mengbak. Smeer ’n klein bietjie olie oor en maak toe met ’n lap. Laat op ’n warm plek tot dubbel die grootte rys. Knie deeg af. Verdeel dit in 3 stukke en plaas in gesmeerde emaljebekers. Smeer ’n klein bietjie olie oor en laat tot dubbel die grootte
rys. Plaas in die warm oond en bak vir 1 uur.
Sarie Kos 16/8/10 Helena  



BLIK-BIERBROOD

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/blikbroodjies.html
Hierdie is een van die maklikste broodresepte wat jy kan kry.
Jy benodig (genoeg vir 4 blikkies, elke blikkie 410g)
500g (1 pakkie) bruismeel
1 teelepel sout
2 teelepels suiker
½ koppie gekapte pietersielie (of gemengde kruie)
sondroogtamaties, fyngekap
blokkies mozzarellakaas
1 blikkie (340 ml) bier
Só maak jy
1 Blink gesmeer. Smeer die leë blikkies met botter of olie en voer die bodems uit met ’n stukkie gesmeerde botterpapier. Dit help om die broodjie makliker uit te keer wanneer dit klaar gebak is.
2 Meng dit alles mooi deur. Gooi die droë bestanddele in ’n bak en voeg die kruie, sondroogtamaties en mozzarellakaasblokkies by. Gooi die bier by en roer die mengsel goed deur – dit sal ’n bietjie taai wees. (As die mengsel te styf is, kan jy ook ’n bietjie water byvoeg).
3 Deel mooi. Verdeel die deeg en vul die blikkies sowat driekwart daarmee. Bak dit nou in ’n oond van 180ºC vir sowat 30 minute of tot uitgerys en gaar. Oor die kole moet ’n mens maar toets hoe lank die broodjies gaan bak, want die hitte van die kole sal bepaal hoe lank dit duur om gaar te word.
Weg sê: Vervang die kruie, tamaties en mozzarellakaas met ’n halwe koppie gerasperde cheddarkaas of fyn biltong. Weg Tydskrif 16/8/10
 

No comments:

Post a Comment