Wednesday 23 January 2013

DADEL / PIESANG / SUURLEMOEN


DADEL-BROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html

1 1/2 kop fyngemaakte dadels
1 kop kookwater
1 teel koeksoda
Plaas dadels in bak.
Giet kookwater oor.
Voeg koeksoda by en laat effens afkoel.
1 Eier
1 teel Vanielje
1 eetl Botter/Margarien
1 kop Suiker
1/2 teel Sout
2 kop Meel
Metode:
Klop suiker en botter saam tot room. Voeg sout en eier by. Klop goed. Voeg dadelmengsel by en klop goed. Meng gesifte meel liggies by. Voeg vanielje by. Bak 1 tot 1 1/4 uur by 180*C Helena Kruger



DADELBROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
DIE RESEP UIT VOORTREKKER RESEPTE BOEK.
375g fyn gekerfde dadels
125g Margarine in blokkies gesny
250ml Kookwater
190ml Suiker
1 Eier Geklits
5ml Vanielje Geursel
500ml Koekmeel
5ml Bakpoeier
Plaas die dadels, margarine en koeksoda in 'n mengbak
Gooi Kookwater bo-oor, roer en laat staan om koud te word
Klits eier, suiker en vanielje geursel goed en gooi by die dadelmengsel
Sif meelblom en bakpoeier saam en voeg by die dadel mengsel
Bak 1 uur by 180°C in 'n gesmeerde broodpan*Henriette Wessels


PIESANGBROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
Baie baie lekker
3 groot piesangs fyngedruk
1/2 kp margarien
1/4 teel. sout
2 eiers
1 teel vanilla
2 kp meelblom
1 1/2 teel bakpoeier
1 teel koeksoda
1/2 kp melk
1 1/2 kp suiker
Metode:
Meng fyn piesang, suiker en sagte margarien goed. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by piesang mengsel. Meng eiers baie goed en voeg by mengsel. Meng vanilla en koeksoda met melk en voeg laaste by. Meng goed.
Bak by 180 grade tot bruin en gaar ongeveer 'n uur.Toets met toothpick, indien skoon uitkom, is broodjie gereed.
Jy kan ook so 3/4 kp gekapte neute en/of klapper insit indien verkies




DADELBROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
1 kp fyngesnyde dadels
½ kp pitlose rosyne
1 teel koeksoda
62.5 ml margarine
1 kp kookwater
190ml suiker
1 groot eier goed geklits
2 kp meelblom
1 ½ teel bakpoeier
½ teel sout
1 teel vanilla
½ kp gekapte neute
Metode:
Gooi gesnyde dadels en rosyne in mengbak. Sit margarine by dadels, strooi koeksoda oor en gooi kookwater oor. Roer en laat afkoel. Roer suiker in. Voeg eier, sout en geursel by. Sif meel en bakpoeier saam en meng by mengsel. Voeg neute by. Gooi die deeg in gesmeerde broodpannetjie, bak vir ongeveer 1 uur by 180°C. *Rina*


HEERLIKE APPEL EN PIESANGBROODJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
2 groot piesangs fyngedruk
1 soet appel gerasper
½ kp margarien
¼ teel. Sout
1 teel kaneel
½ teel mixed spice
2 eiers
1 teel rum geursel
2 kp meelblom
1 ½ teel bakpoeier
1 teel koeksoda
½ kp melk
25ml olie
1 ½ kp suiker
Metode:
Meng fyn piesang en gerasperde appel, suiker en sagte margarien goed. Sif meelblom, bakpoeie, kaneel, mixed spice en sout saam en voeg by piesang mengsel. Meng eiers baie goed en voeg by mengsel. Meng rum geursel en koeksoda met melk en voeg laaste by. Meng goed.
Bak by 180 grade tot bruin en gaar ongeveer 'n uur.Toets met toothpick, indien skoon uitkom, is broodjie gereed Laat rukkie in die pan afkoel, keer uit op draadrak en laat koud word. (Indien jy botter gebruik, laat die olie weg.).



SUURLEMOENBROODJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
Roger’s Lemon Loaf 75 g (80 ml) butter at room temperature
300 g (375 ml) castor sugar (or plain Canadian sugar which has a finer consistency)
2 eggs
250 g (450 ml) self raising flour (or 450 ml flour and 2 3/4 tsp baking powder)
2 ml salt
1/2 cup (125 ml) milk
grated peel of one lemon
suice or two ripe, juicy lemons
Method:
Preheat oven to 350 degrees F (180 C).
Grease a loaf pan of about 25x 10 x 7 cm and line with wax paper.
Cream butter, 250 ml (200g) of the sugar and eggs.
Sift flour and salt.
Blend the flour mixture and milk bit by bit with the egg mixture.
Add lemon peel and mix.
Spoon the mixture into the loaf pan and bake for 45 to 60 minutes on centre shelf until cooked.
Test with test pen in centre of loaf. It it comes out clean, the loaf is done.
Mix remaining 125 ml (100g) sugar with lemon juice.
Prick holes here and there into the loaf wth a fork as soon as it comes out of the oven
Poor the lemon syrop slowly over the hot loaf and let it seep into the loaf.
Leave it to cool in the pan.
Dump out once cooled and remove wax paper carefully. Slice and serve



Suurlemoen Broodjie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
Oond 180 gr C.
Klits saam:
2 groot eiers,
1 en halwe k suiker,
80 gr sagte botter en
halwe t suurlemoen essens.
Roer 2 k bruismeel om beurt, met 125 ml melk by eiermengsel en voeg halwe t sout by.
Roer dan 1 suurlemoen se fyngerasperde skil en 2 suurlemoene se sap ook by.
Skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie en bak vir 45-60 minute tot gaar.
Bak in middel van oond. Koel heeltemal af en maak versiersel van versiersuiker en suurlemoen sap, drup bo-oor.


DADEL EN SUURLEMOENBROODJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
Die broodjie is heerlik. Die suurlemoenskil gee 'n heerlike geur so ook die sap in die versiersel. Dit rys nie so hoog as jy die pan wat hulle sê gebruik nie maar dis lekker as jy nog ander eetgoed ook bedien want dan is daar plek op die bord vir die ander goed."
250 ml dadels, fyn gekap
125 ml water
2 eiers
125 ml strooisuiker
187 ml (¾ koppie) olie
250 ml klapper
2.5 ml vanilla
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knypie sout
10 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
Metode:
Verhit dadels en water saam tot kookpunt. Prut
tot sag en laat afkoel. Klits eiers en strooisuiker tot liggeel. Klits olie by. Roer dadelmengsel, klapper en vanilla by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Roer meel en suurlemoenskil by eiermengsel
Voer broodpan met bakpapier 9 x 26 cm.
Skep deeg in broodpan en bak 25 minute by 180°C of tot toetspen skoon uitkom.
Laat effens afkoel en keer op afkoelrakkie.
Versiersel:
Room 100 g sagte margarien tot liggeel.
Voeg 500 ml versiersuiker bietjies vir bietjies by en hou aan met klits.
Voeg 30 ml suurlemoensap by en klits tot smeerbaar.
Smeer versiersel bo-oor afgekoelde broodjie* Vrouekeur 2*



HAWERMOUT PIESANGBROOD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
Baie dankie vir hierdie juweel Retha
Ek hoop dat jy die heerlike resep kan gebruik - dit is heerlik in die kosblik vir kinders en selfs manlief sal dit geniet. Kan dit ook voorsit met 'n laatontbyt, of kan sommer so in die hardloop gekou word wanneer die tyd min is in die oggend en honger maag roep na iets - heerlik met botter, heuning en selfs grondboontjiebotter. Kan ook in muffin panne gebak word.
2 eiers
250 ml sagte bruinsuiker
50 ml sonneblomolie
50 ml heuning
250 ml hawermout
375 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml gemengde speserye
125 ml melk
3 oorryp piesangs, baie fyn gedruk
15 ml vars suurlemoensap
Stel die oond op 180 grade C. Smeer groot of 2 kleiner broodpanne/muffinpanne baie goed met botter of margarien of bespuit met kleerwerende middel.
Klits die eiers, suiker, olie en heuning saam tot dit goed gemeng is.
Gooi die hawermout, meel, bakpoeier, sout, speserye em melk by en meng dit goed.
Roer die piesangs en suurlemoensap by.
Skep die beslag in die broodpan of panne en bak dit 45 minute tot goudbruin en gaar. Laat dit rukkie in pan afkoel en keer dit op draadrakkie uit om heeltemal af te koel*
Maré Nieuwoudt




Cottage Cheese Banana Bread
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
Carrots “n “Cake
Makes 1 loaf
Ingredients:
2 ripe bananas
1/2 cup whole wheat flour
1/2 cup all-purpose flour
1/4 cup brown sugar
1/4 cup sugar
1/2 tsp vanilla extract
1 tsp baking powder
1/2 cup low-fat cottage cheese
1/4 cup canola oil
Shake of cinnamon
Directions:
Pre-heat oven to 325*F.
Coat loaf pan with non-stick spray.
Combine ingredients in large mixing bowl. Blend well.
Pour batter into loaf pan; spread evenly.
Bake for 32-35 minutes.
Allow to cool. Enjoy! 4/11/11



 Ek het gister gebak- klits halwe kp botter met 1 kp suiker tot room, voeg 2 eiers om die beurt by, klits goed,voeg 1 tl vanilla essence by, sif 2 kp koekmeel, 2 tl bakpoeier en knippie sout saam, roer alles bymekaar. Voeg laaste 4-6 fyngedrukte piesangs by. Bak 1 uur by 180. Heeeeurrrrlik. Ek maak dubbel aan en bak 2, hulle vries heerlik.

CHERRY BREAD
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html
Ingredients
3 eggs, beaten
1/2 cup vegetable shortening
1/2 cup milk
1/4 cup cherry juice
1 teaspoon vanilla extract
2 1/2 cups all-purpose flour
1 1/2 cups white sugar
2 teaspoons baking powder
1 pinch salt
1 cup maraschino cherries
Directions
1. Preheat an oven to 325 degrees F (165 degrees C).
2. Whisk together the eggs, shortening, milk, cherry juice, and vanilla extract in a bowl until evenly blended; set aside. Stir together the flour, sugar, baking powder, and salt in a separate large bowl; make a well in the center of the flour mixture. Pour the cherry juice mixture into the well and stir just until combined. Fold in the cherries. Pour the batter into a loaf pan.
3. Bake in the preheated oven until golden and the top springs back when lightly pressed, about 1 hour. Allow to cool completely on a wire rack before cutting to serve.
*
Hennie Kilian


HAWERMOUT EN BLOUBESSIEBROODJIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/dadel-piesang-rosyntjiebrode.html

BOLAAG
30ml hawermout
30ml bruinsuiker
30ml koekmeel
15ml koue botter
BROODJIE
375ml koekmeel
7ml bakpoeier
Knippie sout
180ml hawermout
125ml ligbruinsuiker
200ml karringmelk
50ml kanola-olie
10ml vanilla
2 groot eiers
250ml bloubessies (vars of bevrore)
BOLAAG
Mneg die hawermout, bruinsuiker en meel saam en vryf die botter versigtig in totdat die mengsel soos growwe broodkrummels lyk
BROODJIE
Sif die meel, bakpoeier en ‘n knippie sout in ‘n groot mengbak. Roer die hawermout en suiker by.  Meng die karringmelk, olie en vanilla in ‘n beker aam  Voeg die eiers by en klis die mengsel goed.  Gooi die mengsel by die droe bestandele en roer dit sagkens totdat dit ‘n gladde beslag vorm.  Gooi omtrent twee derdes van die beslag in ‘n gesmeerde broodpan van 21cm.  Sprinkel bloubessies bo-oor en gooi die res van die beslag oor.  Sprinkel laastens die bolaag oor die beslag.  Bak dit dan in ‘n voor verhitte oond teen 180 grade C vir 1 uur of tot die toetspen skoon uitkom.  Laat die broodjie vir 15min afkoel voor jy dit uitkeer.  Laat dit heeltemal afkoel voor bediening.  *IDEES

 


 

No comments:

Post a Comment