Wednesday, 23 January 2013
GLUTENVRYE-BROOD EN SKONS
Glutenvrye Saad-en-Neutbrood
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/glutenvrye-brood-en-skons.html
500ml witrysmeel
65ml aartappelmeel
190ml tapiokameel
30ml sojameel
12ml xantangom of guargom
15ml lynsade
50ml grofgekapte gemende neute
125ml vetvrye melkpoeier
12ml sout
30ml suiker
25ml kitsgis
375ml louwarm water
8ml appelasyn
2 groot eiers liggies geklop.
1. Meng die droë bestanddele in 'n groot bak. Voeg die vloeistof-bestanddele by en roer tot 'n gladde deeg. Sit in 'n gesmeerde broodpan en gooi 'n klam lap oor. Laat op 'n warm plek rys tot dubbel die grootte. 2. Bak dit vir 1½ uur in die oond teen 170°C tot gaar.
* Anita De Clerck*Ek het dit in 'n Idees-brood-boekie gekry
MIELIEBROOD GLUTEN VRY
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/glutenvrye-brood-en-skons.html
225g blik roomsuikermielies
100ml mieliemeel
5ml bakpoeier
1ml sout
1 eier geklits
25ml olie
Metode:
Meng al die bestandele saam tot glad en romerig. Skep diesbelag in ‘n klein gesmeerde broodpannetjie en bak 35-40 min by 180°C tot goudbruin en gaar.
*SA Kookboek*
Labels:
Brood - Skons
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment