Tuesday 22 January 2013

GRENADELLA KONFYT




GRENADELLA FYN KONFYT
Meet 125ml water en 7ml suurlemoensap af vir elke grenadella wat gebruik gaan word (groot grenadellas, maak bietjie minder as hulle klein is)
Halveer die grenadellas en skep die vleis uit. Plaas die doppe in ‘n groot kastrol en voeg die water en suurlemoensap by. Sit die deksel op en kook die doppe oor matige hitte totdat die binneskil donkerrooi en sag genoeg is om maklik uitgekrap te word. Giet die vloeistof af en hou dit. Krap die binneskil uit en kap dit fyn indien nodig. Gooi die doppe weg. Meet die hoeveelheid binneskil af.
Meet vir elke 250ml binneskil 150g – 200g wit suiker af en voeg die behoue vloeistof by, gebruik ‘n groot genoeg kastrol sodat die binneskil, suiker en vloeistof sleg 5cm diep le. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin deurentyd totdat die suiker opgelos is. Kook dit ongeveer 40min lank taamlik vinnig sonder ‘n deksel en sonder om dit te roer tot dit begin verdik. ( toets die konfyt op ‘koue piering)
Roer die grenadelavleis by die kokende konfyt en laat dit 10min lank staan. Bottel die konfyt warm en verseël wanneer koud. *Lekker vir later*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/grenadella-konfyt.html






GRENADILLA SMEER/CURD
180 ml (¾ k) vars grenadilla pulp (Vat so 6-8 grenadillas)
60 ml vars suurlemoensap
3 jumbo eiers
250 ml suiker
125 ml botter

Druk grenadillapulp deur n sif en krap en forseer pulp deur, krap aan die onder kant af.
Skep helfte pitte uit en voeg terug by pulp.
Smelt botter en suiker in mikrogolf.
Klits eiers en voeg by met suurlemoensap. Klits goed.
Mikrogolf by 50% en roer kort- kort met eier klitser tot dik.
Voeg grenadilla pulp by, meng/klits goed en bottel.*WEOV**Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/grenadella-konfyt.html

No comments:

Post a Comment