Tuesday 22 January 2013

PAPAJAKONFYT

PAPAJAKONFYT
Halveer papaja, haal pitte uit en sny in blokkies op. Weeg die hoeveelheid papaja af en weeg ‘n gelyke hoeveelhede wit suiker af.
Plaas die papaja en suiker in lae in ‘n swaarboonkastrol en laat dit oornag staan om stroop te vorm. Voeg die volgende oggend 175ml suurlemoensap en die fyngerasperde skil van 1 suurlemoen vir elke 1kg suiker wat gebruik is by.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor matige hitte en roer dit af en toe, maar roer dit gedurig wanneer die konfyt begin dik word. Kook die konfyt totdat dit dik en deurskynend lyk. Bottel dit warm en verseel dit dadelik. *Lekker vir later*

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

1 comment:

  1. Suiker te veel ek minder met helfte asook suurlemoen sap en voeg n kaneel stokkie by.

    ReplyDelete