Tuesday 22 January 2013

LEMOEN-KONFYTE




LEMOEN...NARTJIE...SUURLEMOEN..EN GEMMER REPIES KONFYT
Ek het net al die vrugte soorte bygesit in die kooksel *Helena Kruger.

LEMOENMARMELADE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoen-konfyte.html

Gebruik lemoene aan die begin van die seisoen vir hoë pektiengehalte)
Sny 8 lemoene in baie dun snippers sonder om te skil
Haal die pitte uit.
Meet nou 3 koppies water vir 1 koppie snippers. Laat oornag staan.
Kook die volgende dag baie goed tot papsag. Laat weer oornag staan.
Weeg nou af 500g suiker vir 500g pulp. Voeg die sap van 3 suurlemoene by.
Kook vinnig en roer baie. As die marmalade soos lawa begin kook is dit reg.
Laat die mengsel bietjie afkoel voordat dit in gesteriliseerde bottles gegooi word, anders styg die snippers op in die fles. *Lekker Resepte vir die Jongergeslag



LEMOENSTUKONFYT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoen-konfyte.html
Rasper die oranje buiteskil van die lemoene baie dun af – die lemoene moet nog oranjekleurig wees – vryf dit met bietjie growwe sout in.
Sit dit vir 20min opsy.
Spoel die lemoene in ‘n vergiettes onder lopende koue water af. Bedek dit met sterk warm water (Nie kokend) in ‘n emaljehouer met ‘n bord of enige gewig daarop.
Laat die lemoene oornag of totdat dit afgekoel het in die water week. Dreineer en halveer die lemoene en weeg die halwes af.
Bedek dit met vars water en kook dit totdat dit so sag is dat ‘n vuurhoutjie maklik deur die skil gesteek kan word.
Skep die lemoenhalwes versigtig met ‘n dreineerspaan uit en gebruik die water waarin die lemoene gekook het vir die stroop.
Om die stroop te kook, gebruik vir elke 1kg lemoenhalwes, 2.5liter water( waaarin die lemoene gekook het) 1.25kg wit suiker en 20ml suurlemoensap.
Verhit die water en suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is.
Syg die stroop deur, voeg die suurlemoensap by en verhit dit tot kookpunt.
Plaas die lemoenhalwes met verdrag daarin sodat die stroop nie ophou kook nie en kook dit matig vinnig totdat die stroop dik en die lemoenhalwes deurgekonfyt is.
(Of kook die lemoenhalwes ‘n kwartier lank matige vinnig.
Haal die kastrol van die stoof af en laat die lemoenhalwes oornag in die stroop masereer.
Skep die lemoenhalwes die volgende oggend versigtig met ‘n dreinerspaan uit, syg die stroop weer deur en verhit dit tot kokpunt. Plaas die lemoenhalwes daarin en kook dit totdat die stroop dik en die lemoenhalwes deur gekonfyt is)
Skuim die konfyt af en bottel soos volg:
Pak ‘n laag lemoenhalwes lossies met die snykante na buite in die voorbereide konfytfles en bedek die laag met stroop.
Herhaal totdat die fles gevul is, daar moenie ‘n gedeelte van die konfyt bokant die stroop uitsteek nie.
Verseël die flesse dadelik. *Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .

LEMOENJELLIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoen-konfyte.html
Sny 12 lemoene en 3 suurlemoene met skil en al in dun skyfies op.  Verwyder die pitte en bind dit in ‘n stukkie kaasdoek toe. 
Voeg 7 liter water en die pittesakkie by die vrugte en kook dit 3 – 4 ure lank stadig totdat die vloeistof met die helfte ingedamp het.  Verwyder die pittesakkie en syg die mengsel oornag deur ‘n dubbellaag kaasdoek, moenie dit deur pers nie.
Meet die hoeveelheid filtraat die volgende dag af. 
Voeg 500g wit suiker by vir elke 625ml filtraat. 
Verhit stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgeslos is. 
Kook dit vinnig verder totdat dit jel as ‘n klein bietjie van die stroop op ‘n koue piering getoets word. 
Skuim af, bottel die jellie warm, verseel dit dadelik.  *Lekker vir later*

 Lemoenrolletjieskonfyt  

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoen-konfyte.html
Pasella het in Citrusdal met sitrusvrugte gekook en hierdie heerlike resep by Hannah Janse van Rensburg gekry. Sy is bekend in die area vir haar bakwerk en hierdie konfyt maak ʼn aantreklike garnering vir koeke.
(Maak 1x 250ml bottel)
500g lemoenskille, gewas
500g suiker
3 k water
sap van 1 suurlemoen
Rasper die lemoene liggies om die olieselletjies te breek. Skil dan af deur eers die boonste sirkel en dan die onderste sirkel af te sny. Sny die lemoenskil in 4 lang repe aan die kante, net-net deur die vel, en skil versigtig af. Bedek nou die skille met koue water en kook tot sag. Toets deur ʼn vuurhoutjie in die skille te druk, as dit maklik deurkom, is dit reg. Dreineer, los om af te koel en sny of knip die lemoenstroke in smaller stroke. Rol elke strokie op en steek vas met ʼn tandestokkie.
Los nou die suiker in die water op en bring tot kookpunt. Plaas die opgerolde lemoenstroke in die stroop. Kook totdat die stroop dik is en die vrugte deurskynend is. (Maak nog stroop en voeg by indien nodig). Haal van die stoof af en roer die suurlemoensap by.
Bottel soos volg: haal lemoenskil uit stroop en verwyder tandestokkies. Pak in gesteriliseerde flesse van jou keuse. Gooi kokende stroop oor gerolde skil tot bottel vol is, draai stewig toe en draai fles onderste-bo. Bottels kan nou afkoel, afgevee en weggepak word.

Martie Fourie Moolman
Julle kan probeer om die rolletjies dikker(groter) te maak om die lemoen in die rondte te skil en plaas van skyfies, deel dit dan in stukkies en ryg dit met 'n stopnaald en gare rol op en maak 'n knoop in die gare, wanner sag , sit in stroop en wanneeer bottel, trek net die gare uit.
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .


Maré Nieuwoudt

SOET LEMOENKONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoen-konfyte.html
4 groot lemoene
2,5 liter water
12 x 250 ml witsuiker
Was die lemoene, sny in kwarte en maal of verwerk met skil en al tot glad.
Verhit water en suiker saam oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Voeg die gemaalde lemoene by en verhit tot kookpunt. Kook 1 ½-2 uur vinnig tot dit stol as dit op n koue piering geskep word. Giet warm in gesteriliseerde bottels of flessies en seël. (Die konfyt sal loperig wees as dit warm is, maar stol sodra dit koud word.) . Geniet op roosterbrood. Lewer 1,5 liter konfyt.
WENK:
Vir n lekker variasie, voeg 60 ml gekapte, ingelegde gemmer by voor dit gekook word.
 Huisgenoot wenresepte*
Maré Nieuwoudt.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .


ORANGE MARMELADE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoen-konfyte.html
10 0ranges
2 lemons
2 litres water
Sugar (amount to follow)
Cut the oranges and lemons in half and squeeze the juice into a measuring jug. Set aside.
Add the orange and lemon skins, with the pulp stull attached to the inside of the skins, to a large pot. Add water until the skins are just covered. Let the mixture soak overnight.
Place the pot with the skins on a medium heat, bring to the boil and cook over a medium heat for about 15 minutes or until the skins are soft.
Remove the skins from the pot and slice them into fairly thin strips (about 2mm slices). Slice the strips in half to give you pieces that are about 4 cm of 5cm long.
Add the sliced oranges and lemons and the liquid from the pot to the juice in the measuring jug, mark the volume and then return it all to the pot. Add the same amount of sugar to the pot.
Bring the liquid and sugar to a boil, then simmer and stir every few minutes until the sugar has completely dissolved. Now bring the mixture to the boil and cook until you notice a colour change. This should be somewhere between 5 and 10 minutes. To check if it’s done, remove the mixture from the heat, place a small amount onto a plate and then place it in the fridge for 5 minutes. If it’s ready, it will wrinkle when you press it with your finger. If it’s not ready, boil the mixture for another 5 minutes.
Once it’s ready, put the marmalade into sterilized jars, seal them immediately.
Ek het net die helfte gemaak en een lemoen vervang met n Pomelo! Is baie lekker!*
Dulcy Ellis.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

 Lemoenskil rolletjies in stroop

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoen-konfyte.html
Was eers die lemoene baie mooi, sny skil van bo na onder in ewe groot wiggies deur en trek af....
moenie nie oranje skil laat breek nie, sny nou soveel moontlik van die wit in die skil af.
rol op en steek met stokkie vas. Kook in water, vuurhoutjie moet deur die skil kan druk dan is dit gaar.
Dreineer.....maak stroop van 125 ml water, 100g wit suiker, 10 ml suurlemoensap....kook goed,
sit nou die skille in en kook.verder sag.......ek het dit verlede jaar gedoen en is baie lekker.
Anne-Marie Jansen van Vuuren .*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .

 


Dit was die binnekant van die lemoene wat ek rolletjies konfyt van gemaak het
REPIES LEMOENKONFYT MET CHILLI EN GEMMER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/lemoen-konfyte.html
1kg lemoen sonder skil fyn repies gesny
1kg suiker
4k water
sap van n halwe suurlemoen
1t vars gemmer gerasper
5 rooi chillies fyngekerf
Gooi suiker en water oor jou lemoenrepies+chillies en laat so 20min staan om bietjie die suiker te smelt
Kook tot deurskynend en die sousie mooi[soos konfyt sous] nie te styf nie want dit set as dit koud word
Skep jou skuim kort kort af en laat bietjie afkoel voor jy dit bottel
Draai styf toe en keer bottels op hulle koppe tot more ..keer om en was hulle skoon en bere..
N.S= VIR MINDER BRAND MAAK DIE CHILLIES MINDER ..baie lekker**24/7/12 Helena Chilli Kruger.
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*.

No comments:

Post a Comment