Tuesday 22 January 2013

MIKROGOLF KONFYT

                                               >Foto>Liana Barnard Claassen<


Liana Barnard Claassen
En met 3 pynappels maak jy n klomp botteltjies van hierdie!

PYNAPPELKONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mikrogolf-pynappelkonfyt_22.html
Vermeng 500g gerasperde, geskilde pynappel, 500g wit suiker en 5ml gemmerstroop in ‘n diep mikdrogolfvaste bak. Mikrogof die mengsel ongeveer ‘n kwartier lank by 50% krag tot dik. Roer af en toe. Bottel die konfyt warm, plaas die flesse 5min in ‘n kastrol met warm water sodat die lugblasies kan styg. Haal flesse uit en verseel dit dadelik.>Lekker vir later *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

 PRUIMFYNKONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mikrogolf-pynappelkonfyt_22.html

Om die skil van die pruim af te trek, gooi dit in kookwater, en as die vel bars, trek dit af.
Sny 1 kg pruime in stukkies op en ontpit dit terselfdetyd. Bind die pitte in n stukkie kaasdoek toe.  Plaas die pruime en pitsakkie in ‘n diep mikrogolfvaste bak met ‘n inhoudsmaat van 3.5 liter.  Voeg 75ml water by en bedek die bak.  Mikrogolf vir 15min by 100% krag totdat al die vrugte heeltemal sag is, roer dit in die tyd elke 5min.  As die pruime wil oorkook, maak net die oonddeur oop en mikrogolf dit verder sodra dit gesak het.  Verwyder die pitsakkie en pel ‘n paar van die pitte.  Blansjeer die kerne en voeg dit by die pruime.  Mikrogolf 1 kg witsuiker 4min lank by 100%  krag in ‘n ander vlak bak (2 liter)  Roer die suiker by die pruime.  Mikrogolf die mengsel 20min lank oop by 100% krag en roer dit  gereeld tot die suiker opgelos het.  Begin toets die konfyt se dikte op ‘n koue piering.  Die stroop moet fyn rimpels maak wanneer jy dit met jou vinger stoot.  As dit nog te loperig is, mikrogolf dit telkens ‘n verdere minuut en toets weer.  Bottel die konfyt warm en verseël dadelik.  * Lekker vir later*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


ROOSKONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mikrogolf-pynappelkonfyt_22.html
Naomi le Roux.
2 Koppies roosblare, lossies ingedruk
Breek die wit stukie onder af en breek die blare in kleiner stukkies.
Plaas dit in 'n glas bak en strooi 30ml suiker en 30ml suurlemoensap oor.
Druk blare plad sodat alles bedek is
STROOP
Smelt 200 ml water saam met 500ml suiker op 50% krag, .
Kook dit vir 3 min lank nadat suiker opgelos is op 100% krag.
Sit die roosblare by, druk dit onder stroop en kook dit 15-25min op 100% krag.
Haal uit die mikrogolf en voeg 15-20 ml suurlemoen sap by. Roer.
Laat effens afkoel voor dit in gesteriliseerde botteltjie geskep word.
Kan weer in botteltjies gekook word vir paar minute as dit nog te dun lyk en dan
weer afgekoel word.
Wenk:
Gebreuk gekleurde blomblare en wit byekaar kleurkombinasies is baie mooi.
MOENIE ROSE GEBRUIK WAT MET GIF GESPUIT IS NIE.
Christa Marx Kemp**
Helen Kearney
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Marmalade in Microwave

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mikrogolf-pynappelkonfyt_22.html
3 large lemons (or mixture of citrus fruit)
1 1/2 cups of water
2 cups sugar
Squeeze lemons and discard pips
Chop lemon shells with juice in food processor or blender
Place into deep, heat proof dish
Add water and cook on high for approximate 15 -18 min
Test for setting (on cool saucer)
Cook longer if necessary
Pour into hot sterile jars
Allow to cool then store in the fridge *
Marie Dumas Jennings*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



TAMATIE-CHILLI-APPEL EN GEMMER KONFYThttp://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mikrogolf-pynappelkonfyt_22.html
in die Mic

3/01/13 Helena Chilli Kruger
Ek het 1kg [Tamatie, chilli, appel 1e gerasperde vars gemmer]alles is nou 1kg net soos julle wil
1kg suiker
1e botter
Kap alles half fyn in voedselverwerker. Kook 13min. Haal uit maak fyn[ek het nie] mash
Gooi suiker en botter by en kook 13min.
Roer en kook nog 13min.
En hier het ek nog 10min. weer gekook, want dit het vir my te dun gelyk en dit is vanoggend pragtig**Helena Kruger.3/01/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Om my 1kg te kry het ek helfte helfte appelkoos en perskes geneem en net soos gekook soos Louise se resep*Helena Kruger
Louise Groenewald
My beproefde mikrogolf appelkooskonfyt resep:
1kg appelkose, gesnipper
1e botter
1kg suiker
Gooi appelkose in 'n ROOMYSBAK. Voeg botter by. Mikrogolf op hoog vir 13 minute. Haal uit, maak fyn met masher. Voeg suiker by en roer goed. Mikrogollf weer op hoog vir 13minute. Haal uit en roer weer goed deur. Mikrogolf weer vir 13 minute op hoog.
... Nou die rede vir die roomysbak:
No mess, no fuss om dit te bottel. Buig roomysbak net effe en gooi in bottels.
Geheim: Kook net 'n kg op 'n slag, anders kook dit oor in die mikrogolfoond.
Ek het met elke kg appelkose 4 heuningbottels volgemaak.
En dit is heerlik!!!
Ek het 'n diep glasbak gebruik. Ek het 2 en een klein botteljie uitgekry op een kg appelkose.15/01/13 *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

APPELKOOS KONFYT
in die Mikrogolf

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/mikrogolf-pynappelkonfyt_22.html
1kg Appelkose (gewas en in kwarte gesny)
1teelepel sout
2 eetlepels Suurlemoensap
800ml wit suiker

Metode:
Gooi die sout en suurlemoensap oor die appelkoos kwarte (in 'n mikrogolfbak) en mikrogolf vir 10 min. Haal uit, roer, gooi suiker oor, roer en mikrogolf weer vir 10 min. Roer en mikrogolf laaste 10min.(totaal van 30 minute mikrogolf) Giet in jou houers.*

Bron: Nadia du Toit*.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


APPELKOOS KONFYT IN DIE MIKROGOLF 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/konfyt-blatjang-in-mikrogolf.html
Maak 3 x 450 g bottels)
 
1 kg appelkose, oopgesny en ontpit
 
¾ kg suiker
 

Mikrogolf die appelkose 15 minute in ʼn groot glasbak op hoog (roer na 5 minute).
Voeg suiker by en roer deur.
Mikrogolf 25 minute op hoog en meng na tien en twintig minute.
Skep in gesteriliseerde bottels* en laat goed afkoel.
*Steriliseer bottels deur hulle goed te was en in 150°C-oond te plaas vir 20 minute.
Jy kan dit ook in ‘n skottelgoedwasser op hoë hitte was en laat droog word.
 

Bron: Amanda Conradie van die Kolgans River Restaurant in die Breederiviervallei

No comments:

Post a Comment