Tuesday 22 January 2013

PAMPOEN KONFYT





PAMPOEN KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoenkonfyt.html
Hier is hy die pampoenkonfyt uit 'b boekie van Annette Human oorspronlik uir EJ Dijkman se resepteboek
murgpampoen
suurlemoene
suiker
droe gemmer
Skil die pampoen dun af, verwyder pitte en sagte vesels rondom.
Sny dit dan mooi blokkies.
Plaas in groot kastrol met bietjie water
Kook tot net sag maar nie gebreek.
Dreineer die stukkies en plaas in groot konfytkastrol.
Voeg fyngerasperde skil en sap van twee suurlemoene vir elke 1.5kg pampoen.
Bind gemmer in lappie toe kneus met hammer en voeg by.
Weeg dieselfde hoeveelheid suiker as wat pampoen geweeg het en gooi bo_oor. Laat 24uur staan in koel plek
Verhit die pampoenstukkies stadig tot kookpunt in die stroop wat gevorm het.
Verhit hitte effens en kook tot deurskynend en stroop dik is. (kook die konfyt teen die end stadiger en roer net af en toe pasop vir aanbrand)
Verwyder gemmer. Skep die warm konfyt in flesse en vul met stroop verseel en bere.
Dis regtig baie lekker**
Elmarie de Bruyn
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

  

PAMPOEN-KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pampoenkonfyt.html

1kg Grysneut (Butternut)
300 g Pynappel
30 ml (2 eetlepels) Suurlemoensap
1 teelepel Kalk
1.750 g wit Suiker
1.5 liter Water
2.5 ml fyn Gemmer
1 ml Sout

01 Sny die grysneut in 1 cm dik skywe. Skil en haal die pitte uit.
02. Prik die skywe met ‘n vurk en sny in blokkies van ongeveer 1 cm.
03. Los kalk op in bietjie kouewater in ’n beker en maak vol met nog kouewater.
04. Gooi oor pampoenblokkies en bedek verder met kouewater indien nodig.
05. Sit ‘n bord bo-op met iets wat swaar is om die blokkies onder die water te hou.
06. Laat lê dit vir 24 uur.

07. Verwyder die harde middelste gedeelte en skil die pynappel en sny in skywe. Verwyder die swart ogies onder die skil en sny in blokkies.

STROOP
08. Bring die water, suiker, gemmer, sout en suurlemoensap tot kookpunt in ’n konfytkastrol. 
09. Voeg pynappel by en bring weer tot kookpunt.
10. Dreineer pampoenblokkies en voeg by.
11. Kook oor middelmatige hitte totdat die vrugte deurskynend en die stroop dik is vir ongeveer 1 ¾ uur.
12. Skep die vrugte in gesteriliseerde bottels en vul met stroop. Skud bottels effens om die lugblasies te laat opkom.
13. Draai die deksels op die bottels maar draai ’n halfdraai terug.
14. Pak bottels met konfyt in ’n groot kastrol sodat dit nie aanmekaar raak nie en vul met baie warm water totnet onder die deksels. Sit dit op die stoof vir 30 minute maar die water moenie kook nie.
15. Haal die bottels met konfyt uit die water en droog af. Pasop om jou nie te brand nie. Draai die deksels nou styf toe. Laat afkoel weg van ’n trek af.  
 Bron: Gert en Rhona Peens**.rainbowgr.com**

No comments:

Post a Comment