Wednesday 23 January 2013

POT-BRODE




LEKKER YSTERPOT BROODJIE
750ML.Bruismeel
410g. Suikermieliepitte
1T Sout
60ml. Sonneblomsaad
340 ml. Bier
15ml. Pietersielie
Metode:
Meng alles behalwe Pietersielie..Knie goed.
Plaas in gesmeerde ysterpot en plaas deksel op.
Laat so 1h. staan en strooi Pietersielie oor en plaas op lekker warm kole vir so ongeveer 45min.Moenie deksel oopmaak voor 35min. nie >>>Geniet dit saam met lekker vars botter.*Helena *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pot-brode.html



BILTONG, KAAS EN UIE POTBROOD
500g bruismeel
1 ½ kp gerasperde cheddarkaas
125ml fyn bruingebraaide uie
1 bier
250ml fyn biltong
Metode:
Meng die meel en bier goed. Voeg 1 kp kaas, die biltong en ui by en meng goed. Plaas dit in jou gesmeerde swart pot en bedek met res van die kaas. Bak tot gaar. Toets met skoon mes of totdat hy onderkant mooi hol klink. Eet warm met plaasbotter en konfyt.
As jy brood op kole doen, sit paar kole onder pot, paar bo-op die pot en bak vir ongeveer 1 uur. Pasop vir brand.
VARIASIES: (sonder die biltong en uie)
*1 pakkie droe bruin uiesop
* ‘n eetl of twee Marmite
* Neute en rosyne
*Spek bros gebraai
*olywe, kappers en anjovis
*Baie vars knoffel en pietersielie, of kruie van jou keuse*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pot-brode.html


YSTERPOT POTBROOD  IN DIE OOND
Jy vang my nou met die resep stukkie. Werk altyd maar so uit die kop uit wat hoeveelhede betref !! Ek skat dis so 1 en n half Kg koekmeel , 1 pakkie kitssuurdeeg , 2 el.suiker en 3tl sout. Meng die droê bestanddele en gebruik so ongeveer 450...ml lou water om n deeg te vorm Knie tot elasties en laat rus vir 20 min. Knie af en plaas in gesmeerde ysterpot en laat rys vir n verdere 35 min of tot deeg verdubbel het . Plaas deksel op en bak vir ongeveer 1 uur 10 min in voorafverhitte oond (180gC )*
Christina Stienie Breed* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pot-brode.html

Helena Kruger
POTBROOD IN WINKEL PLASTIEKSAK
" Kos vir kampeerders met idees vir kampering "
720g (6 x 250ml) koekmeelblom
7ml sout
1 pakkie (10ml) kitsgis
30ml suiker
500-625 ml louwarm water
Sif die koekmeelblom, sout en kitsgis saam in `n groot mengbak.
Voeg die suiker by en meng.
Voeg sowat 500-625 ml louwarm water by om `n slapperige deeg te vorm.
Knie totdat die deeg nog net effens aan jou hande vassit.
(Of koop winkeldeeg)
Skep die deeg in `n skoon winkelplastieksak en knoop die handvatsels lossies toe. (Maak seker dat die sak heel is!)
Plaas dit in nog `n sak, knoop lossies toe en plaas laastens in `n groot swartpot.
Maak die pot halfvol met louwarm water. Bedek. Verhit die water tot kookpunt en stel die plaat dan op sy laagste.
Prut 2 uur lank oor stadige hitte. (Vul die water in die pot aan tot halfvol indien nodig).
Toets of die brood gaar is deur `n toetspen in die middel van die brood in te steek.
Dit sal skoon uitkom as die brood reg is.
Dien op saam met botter !!!!En ek dink baie van ons het met die idee grootgeword!!Dankie 12/11/10 Helena* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pot-brode.html


Eunanza Farrell
POTBROOD / ROOSTERKOEK / PIZZA
Ek gebruik dieselfde resep vir al 3 bogenoemde. Vir Roosterkoek laat jy dit eenmaal oprys, dan maak jy bolle met olie aan jou hande,  plaas dit 'n rukkie op olie besmeerde skinkbord met 'n lappie oor en laat dit weer oprys. Sit dit op jou gietyster plaat, pan of selfs direk op die braai rooster.
Bak stadig albei kante. As jy hou van krisp binne, sny oop en bak vinnig binne, andersins eet jy hom net so!
Meng die volgende droë bestandele bymekaar in ‘n skottel:
8 kop Koekmeelblom
1½ tl Sout
3 eetl Suiker
1 pk Kitsgis (Instant yeast)
Enige sade bv. Poppy, sesame of sonneblomsaad kan hierby gevoeg word na smaak!
Maak ‘n dammetjie met die droë bestandele en voeg die volgende by:
+ 800 ml Lou warm water (nie kookwater nie)
dash Olie (Verkieslik Olyf Olie vir die gesondheids-bewustes)
Voeg louwater, bietjie vir bietjie by en roer goed met ‘n houtlepel.
Deeg moet sag en hanteerbaar wees, nie loperig en ook nie ‘n bal nie – tussen-in.
Bietjie minder of meer louwarm water kan gebruik word, maar die verhouding is min of meer 100ml water op 1 kop meel.
Smeer pot en deksel met margarien en plaas deeg daarin. Sade kan bo-oor gestrooi word, indien verkies.
Sit deksel op en laat deeg oprys tot dubbel die oorspronklik grootte. Moet pot nie in ‘n koel plek of in ‘n trek sit nie.
Voorverhit oond 180ºC (160ºC as oond gewoonlik baie warmer is)  Bak brood 1 uur.
Haal uit en verwyder deksel. Laat brood effens sweet vir so 10 minute.  Keer uit en laat afkoel.  Nooi jou vriende om saam te kom eet.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pot-brode.html


URSULA RAMAN
RESEP VANAF JEAN-MARIE STTENBERG
Basil-feta-cheddar potbrood
'n Pakkie klaargemaakte deeg
Handjie vol basilblare
Wiel of twee feta
6 Blokkies cheddar, klaar gesny
Halwe botteltjie Ina Paarman's Franse slaaisous
Ruim eetlepel knoffel
Vars gemaalde sout en peper
Laat die deeg goed uitrys op 'n warm plekkie.
Smeer 'n diep giet-ysterpot goed.
Sit die deeg in die pot en knie af.
Druk die blokkies cheddar in en maak seker dat die nie kan uitloop nie.
Druk die feta blokkies en basil ook so in maar dit kan bo ook 'n lekker lagie maak.
Grind bietjie sout en peper oor en smeer die knoffel oor.
Gooi die slaaisous oor en bak in die oond teen 180°C tot mooi goudbruin bo (so 45min-1h). Sodra dit uit die oond kom, smeer dadelik bietjie margarien bo-oor dat dit mooi blink.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pot-brode.html


Rene Truter Wessels
Cheese and Herb Potjie Bread
You need aflat-bottomed potjie for this.
1kg cake flour
3T sugar
2T salt
3T olive oil
handful mixed herbs, chopped
3T spring onions, chopped
250g mature Cheddar or Parmesan, grated
200g pecan nuts, chopped
1 sachet instant yeast
about 875ml warm water
Method: In alarge bowl, mix all the ingredients except the water. Add enough of the water to make a smooth, soft dough. Knead for a few minutes. Grease the potjie and add the dough. Place near, but not on, the fire to allow the dough to rise (about an hour). Now place the potjie over the coals and put a few hot coals on the lid. Bake for just over an hour or until the bread sounds hollow when tapped. Remove from the potjie and serve warm   SA COUNTRY* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pot-brode.html



Wessel Steyn
POTBROOD
5 ml droë suurdeeg
10 ml suiker of heuning
250 ml melk
30 ml gesmelte botter
4 x 250 ml broodmeelblom
2 eiers
10 ml sout
Room suiker en suurdeeg saam, voeg louwarm melk by, botter en 15 ml meel by.
Laat vir 10 minute tot skuimerig.
Sif meel en sout saam, roer suurdeegmengsel by en knie goed vir 5 tot 10 minute.
Bedek met kleefplastiek en laat rys op warm plek.
Knie deeg af en plaas in gesmeerde (platboom) swaarboom kastrol.
Bedek weer en laat vir 20 min. om te rys.
Maak gat in grond waarin pot pas.
Voer gat uit met paar gloeiende kole en plaas pot bo-op kole. Plaas warm kole bo-op deksel en bak 35 tot 40 min. tot brood gaar is.
Sit warm voor met botter.
(Variasie)
Gebruik helfte broodmeel en helfte volgraan meel.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/pot-brode.html



 

No comments:

Post a Comment