Monday 28 January 2013

POTJIEKOS-BEES/ MAALVLEIS/ WORS


                                                     foto>Chanel Koen..




Hennie Kilian
Beesstertpotjie
Sous
60 ml Brandewyn
750 ml droë rooiwyn
375 ml blatjang
125 ml Worcestersous
125 ml tamatiesous
botterbone se vloeistof
1 pakkie beesstertsoppoeier
250 ml kookwater
30 ml gemengde, gedroogde kruie
30 ml Aromat
5 ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper
3 lourierblare
45 ml olyfolie
2 kg beesstert, opgesny
10 ml gekapte knoffel
2 uie, in ringe gesny
1 groen soetrissie, grof gekap
2 selderystingels, in skyfies gesny
2 preie, in skyfies gesny
8 wortels, in skyfies gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
16 klein uitjies
250 g knopiesampioene
410 g botterbone
vars, gekapte pietersielie
Metode
Meng al die bestanddele vir die sous baie deeglik en hou dit eenkant.
Verhit die olyfolie in die potjie oor matige hitte en soteer die vleis vir 10 minute lank.
Voeg die knoffel by en roer dit 1 minuut lank.
Giet die sous oor die vleis.
Moet dit nou nie weer roer nie.
Rangskik die uie, soetrissie, seldery en preie bo-op die vleis.
Daarna volg die wortels en aartappeltjies.
Sit die deksel op en laat prut vir 3 uur 30 minute lank oor matige kole.
Voeg kookwater by as dit te droog word.
Voeg die klein uitjies, sampioene en botterbone by.
Bedek dit en laat dit prut vir nog 30 minute lank. Roer dit deur en garneer met pitersielie voor bediening.


Hennie Kilian
Beesstertpotjie
2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjies
sout
1 pakkie beesstertpoeier
250ml beesboeljon
4 aartappels in dik skywe gesny
250ml groen-ertjies
250g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny
Metode
Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie.
Voeg sout by.
Voeg soppoeier en boeljon by.
Voeg water by en laat prut vir 2½ uur.
Skep vet af.
Voeg laag aartappels en wortels by.
Dan laag botterboontjies met sous.
Voeg laag ertjies rou sampioene, murgpampoentjies en laag uieringe.
Maak pot toe en prut vir ± ½uur.
Maak kluitjies en pak bo-op.
Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig.
Bedien 10 persone



Alida Fourie Visagie
HERDERSPASTEIPOT
-dit is heerlik en baie vinnig!!
* 2 uie,geskil en gekerf
* 1kg maalvleis
* olie,om uie en maalvleis in te braai
* 1bl gemengde groente
* 8 aartappels,geskil en in kwarte
* 2kp gerasperde kaas
Braai die maalvleis en ui in bietjie olie.Voeg die groente,aartappels en bietjie water by.Sodra die aartappels gaar is,skep dan die helfte van die aartappels uit en maak mash daarvan.Prut solank die maalvleismengsel.Plaas die mash terug in die pot,maak dit gelyk,sodat alles bedek is.Strooi laastens die kaas bo-oor en sit die desel op.
Laat die kaas smelt en bedien saam met rys en pampoen.


MAALVLEISPOTJIE
20ml Kookolie
200g gemaalde varkvleis
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
10ml matige kerriepoeier
1 pypkaneelstokkie
3 ryp tamaties, geskil en gkap
250ml bevrore wortelblokkies
Sout en vars gemaalde swart peper
300g gemaalde beesvleis
2 uie gekap
250ml rou rys
3ml borrie
1 lourierblaar
200g vars groenboontjies gekerf
50ml vrugteblatjang
375ml hoenderaftreksel
Metode:
Verhit die olie in die pot en braai die maalvleis totdat dit van kleur verander. Skep dit uit en hou eenkant. Braai die uie en soetrissie in dieselfde pot totdat die uie deurskynend is. Voeg die rys, kerrie, kaneelstokkie, borrie en lourierblaar by en braai vir 2-3min. Skep die maalvleis bo-op die rysmengsel en pak die tamaties en groenboontjies in lae bo-op. Strooi die wortelblokkies bo-oor die groenboontjies en geur met sout en peper. Verhit die blatjang en aftreksel en giet oor die potjie. Lig die platboompot effens om dit weg van die kole te hou. Sit die deksel op en prut 30-40min oor baie stadige kole totdat die rys gaar is. Verwyder die lourierblaar en kaneelstokkie indien moontlik.Kosmater*


WORSPOTJIE
Andriesha Gray
Ek wil gou met julle my worspot resep deel:-
1kg wors in stukkies gesny, aartappels geskil en in stukke gesny,
3 of meer tamaties geskil en is stukkie gesny,
uie gekap,
so +/- 2koppies beef stock(ek vat 2blokkies op so 600ml water).
Vat n platboom yster pot en pak soos volg.
Wors, aartappels, tamatie en uie.
Gooi stock oor en kook tot aartappels sag is.
Maak dan dik met bisto. Pasop om sout by te sit!! Proe eers as gaar is.*17/12/12


Rene Truter Wessels
Boerewors potjie
[werk op 200 gr wors porsie per person.Pas ander bestandele aan indien pot vermeerder word]
800 gr boerewors – opgesny in porsies
250 gr gesnipperde ontbytspek [ opsioneel – maar gee n lekker smaak aan die pot] of klein varkworsies
30 ml botter
0ngeveer ½ koppie kookolie
3 uie gekap
Pakkie sampioene gekap
Sout en peper na smaak
Handvol gekapte pietersielie
Takkie roosmaryn
15 ml tamatie puree
150 ml hoenderaftreksel
50 ml witwyn
50 ml brandewyn ; of vervang die hoenderaftreksel,witwyn en brandewyn met 1 blikkie bier
Braai die spek /varkworsies eerste in die botter en olie; haal uit en hou eenkant.
Braai die boerewors stukke tot mooi bruin; haal uit en hou eenkant
Braai die uie tot sag en deurskyned – klein bietjie kookwater help om dit lekker sag te kry
Voeg die sampioene by en roerbraai
Voeg die spek/varkworsie en boerewors by
Voeg by die witwyn en hoenderaftreksel of indien verkies die bier.
Prut oor matige hitte vir ongeveer 30 minute
Voeg by die tamatie puree/pietersielie/roosmaryn en sout en peper
Indien jy nie die bier opsie gebruik nie, voeg nou die brandewyn by. Bring tot kookpunt. Roer deur en haal af van die kole.
[ as die sousie te loperig is , verdik met 2 eetlepels sampoenroomsop- of uiesoppoeier]
-die resep het sy ontstaan te danke aan n ontbytpot op n uithourit waar almal saam gekook en bygedra het.

 

Natasha du Plessis
WORSPOTJIE
± 400 g verskeidenheid wors ('n paar gerookte kaasworsies, russians, chirozo ens.) wat in 5 mm wieletjies gesny is
250 g swoerdlose spek, opgesnipper 2 uie, gesny
huisie of twee knoffel, fyngedruk 1 pakkie sampioene opgesny
1 soetrissie, ontpit en opgesny spatsel olyfolie
pak pasta, penne 1/2 bottel droë wit wyn
blik sampioenroomsop aangemaak met 'n 1/2 blikkie kookwater
klein houer vars room (opsioneel) handvol gerasperde cheddarkaas
gekapte pietersielie vir garnering
NB: Moet nie sout gebruik nie, die wors en spek maak dit sout genoeg
Gooi die olyfolie in 'n warm swart pot en braai die uie. Voeg die spek by en braai en laastens voeg jy die worswieletjies by. Roerbraai die res van die bestanddele tot die sampioene "water trek". Voeg die penne by die gebraaide konkoksie, voeg die witwyn by en genoeg kookwater om die pasta te bedek. Laat saggies kook en gee so nou en dan 'n roer om seker te maak niks brand vas nie (die vuur moet nie te warm wees nie). Vul aan met kookwater as die pasta begin droog kook en as niemand van die orige wyn gedrink het nie, daarvan ook. As die pasta gaar is, roer die aangemaakte sop (en room) liggies deur die kos. Strooi die gerasperde kaas oor en haal pot van hitte af. Laat staan vir 'n paar minute sodat die kaas smelt. Strooi pietersielie oor. Skep op saam met 'n lekker groen slaai en vars broodrolletjies



Tiana Botes
Beesstertpot
Vir 8-10
’n Heerlike pot met ’n langsous en vleis wat van die bene afval. Bedien met stampmielies of pap.
Jy benodig:
4 ½ kg beesstert
3 teelepels van die sterkste kerriepoeier wat jy kan kry (opsioneel)
2-3 eetlepels olyfolie
2 gerookte Kasslertjops (of spek), in blokkies gesny
2 groot uie, fyngekap
6 groterige wortels, grofgekap
2 takkies roosmaryn
5 vars lourierblare (of ’n droë een as jy nie ’n varse kan kry nie)
swartpeper
4 knoffelhuisies, fyngedruk
5 eetlepels tamatiepasta
3 eetlepels blatjang of konfyt
2 koppies rooiwyn
1½ liter beesvleisaftreksel
20 knopiesampioene (opsioneel)
Só maak jy
Braai die Kasslerstukke bruin in olie in ’n swartpot, skep dit uit en hou dit eenkant. Braai dan die beesstertstukke bruin, skep dit uit en hou dit ook eenkant.
Sorteer nou die uie en die helfte van die wortels.
Gooi die Kassler- en beesstertstukke terug in die potjie, en voeg die res van die bestanddele by.
Die potjie het 3 uur nodig. Aanvanklik moet jy hetige kole onder die potjie hê. Sodra alles in is, maak jy die kole minder sodat die inhoud rustig kan prut. Indien nodig, gooi ’n bietjie mielieblom by om jou sous effens te verdik (hoogstens 1 teelepel). Mielieblom laat kos makliker aanbrand; jy móét dus die pot roer, maar ook nie aanhoudend nie. Matigheid is die wagwoord hier.
Sowat ’n uur voordat jy wil eet, voeg jy die oorblywende wortels en sampioene by*weg*


Nadia Dignas
BEEF & BEER POT
The lovely aroma of this pot will make your mouth water long before the food is ready. It’s enough for 6 people and a # 3 pot is recommended.
INGREDIENTS
15ml Cake flour 5ml Mixed herbs
5ml Paprika 375ml Beer
1kg Beef fillet, cubed 250ml Beef stock
15ml Butter 1 Packet of tomato soup powder
15ml Oil 1 Bay leaf
2 Medium onions, thinly sliced
15ml Vinegar
15ml White sugar
10ml Maizena
8 Greenbeans, cut up Salt and pepper to taste
4 Carrots, peeled and thinly sliced
1 Garlic clove, chopped
METHOD
Coat the meat with a mixture of the flour and paprika. Heat the oil and butter in the pot and brown the meat.
Remove the meat and brown the onions and sugar until the onions is nice and soft.
Add the beans, carrots and garlic, cover with the lid and allow the pot to simmer for about 5 minutes.
Replace the meat and stir in the herbs, beer, beef stock, soup powder and bay leaf. Cover with the lid and allow the pot to simmer for a final hour or until the meat is soft (stirring occasionally with a wooden spoon)

 

No comments:

Post a Comment