Foto>thegaurdian
Skelvis Voorgereg
Bestanddele
1 kg Skelvis (Haddock)
250 ml Room, styf geklop [as jy dit die vorige aand maak voeg eers die room die volgende dag by]
4 Agurkies, fyngesny
2-3 Peppedews fyngekerf
1t vars gekapte pietersielie
250 ml Mayonnaise
20 ml Tamatiesous
2 t fyn gerasperde ui
2k gaar gestoomde pienk prawns[sonder doppe]
2ml Tabasco sous
1t Worcestersous
Witpeper
Metode
Trek velle van vis af en sit in kookwater gemeng met n bietjie melk en kook vir 9 minute. Dreineer en laat afkoel, vlok en plaas in yskas totdat verkoel. Meng al die ander bestanddele. Meng saam met vis en dien koud op. Jy kan dit al die vore aand maak en in die yskas plaas. Versier jou bakkies of glasse mooi met gekerfte blaarslaai en skep n mooi skeppie bo op met n takkie pietersielie en n lekker sout beskuitjie!!Helena 23/8/10 Baie lekker maak dit baie!!♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Helena Kruger
GARNAALSLAAI.
Die resep is baie eenvoudig en kan ook as ‘n lekker voorgereg voorgesit word.
Kook 300g Spinasie en Broccoli tot gaar. Voeg 400g Gevriesde “peeled prawns” 3 minute voor die einde van die kooktyd by en kook tot pienk. Gooi in ‘n vergietes en spoel onder lopende koue water af om dit weer te verfris. Skud tot goed droog en gooi in mengbak.
Voeg nou 100g gekapte neute, 1 bossie gekapte Grasuie, 1 meduim groote Avokadopeer wat in blokkies gesny is en ‘n teelepel sout by.
Kap so ongeveer 50 ml Koriander baie fyn en meng 5ml matige Kerriepoeier by. Roer nou die mengsel by 125ml Griekse Jogurt.
Roer die slaaisous by Garnale en bedien op slaaiblare. R/LAEVELD 25/8/10*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Helena Kruger
Calamari Tubes
Bestanddele:
4 Calamari tubes
2 koppies gaar gegeurde rys
1 koppie spinasie
1 koppie sterk cheddar kaas
Opsioneel (sampioene, geel groen of rooi pepers)
Uie
Metode:
1. Braai uie en spinasie in pan en gooi gaar rys en kaas by.
2. Neem rou Calamari tubes en stop dit met die rysbestanddele en steek toe met tandestokkies.
3. Braai gestopte calamari tubes in botter in pan. Visspeserye kan ook oor die calamari tubes gestrooi word voor dit gebak word.
4. Sit in yskas tot koud.
5. Sny dan in ringe en bedien koud met tartaarsous vir 'n voorgere Roer 28/8/10 * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Helena Kruger
Heerlike Pynappel Voorgereg
1 groot, ryp pynappel
100 ml Gin
Handvol vars Kruisement Blare [Gekap]
50ml strooisuiker
6-8 peppedews [fyngekap]
Skil die pynappel en sny dan in papier dun skyfies. Rangskik op ‘n mooi bord.
Sprinkel die Gin oor. Kap die Kruisement blare in growwe stukkies en sprinkel oor die pynappel strooi die Peppedews oor en dan die suiker.
Maak dit die vorige dag om dit n lekker geure gereg te maak of maak dit en laat dit so 30min marineer Helena 20/9/10 ♥ http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Helena Kruger
Kaas Gemarineer in Olyfolie
150g sagte wit kaas
200ml olyfolie
30ml wit wynasyn
10 peperkorrels
4 huisies knoffel, in dun skyfies gesny
10 vars tiemie takkies
Lourierblare
Sny die kaas in blokke. Meng met al die bestanddele.
Laat vir 3 dae marineer, bedien saam met sout beskuitjies of saam met n heerlike bakkie swart/groen olywe 22/9/10 Helena *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Foto.Angusbeef>
Helena Kruger
BILTONG CARPACCIO
Nat biltong, in skuins dun repe gesny,
Korrelmostert
Caperbessies
Roketblare
Grofgerasperde Parmesaanse kaas
Olyfolie
Rangskik biltong op mooi plat bord
Bondel roketblare in die middel van die bord
Sprinkel gerasperde kaas en capers oor
Maak sousie van olie en mostert en drup oor net voor opdiening
Baie mooi en ietsie ander!!!!Helena 27/9/10 *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Helena Kruger
MOSSELS IN N WITWYN SOUS
5 babapreie in dun skyfies gesny
2e botter
1k Sampioene
1/2 t sout en peper
Sap van n halwe suurlemoen
3/4k Vars room
11/2k witwyn
Vars pietersielie fyngekap
Mossels
Braai jou prei en sampioene tot lekker sag in die botter
Voeg jou suurlemoensap sout en peper by
Gooi nou jou mossels bo-op die preimengsel in die kastrol en jou wyn en stoom tot gaar
Gooi jou Room en gekapte pietersielie by en roer so 2-3x goed deur. plaas jou deksel op vir 2min en proe na smaak.Gooi uit in n mooi opskepbak. en bedien heerlike vars brood saam met jou gereg!!!Yummy Helena 28/9/10 ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Carol Elliott Claassen
WITWYN-SOUS
1 kop room,
3/4 kop witwyn,[driekwart]
2 Etl meel,
1 tl sout
5ml pietersielie.
Meng als saam in pot, en kook oor lae hitte tot dik. 28/9/10 ♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Carol Elliott Claassen
Tuna en Sjerrie voorgereg
2 Blikkies Tuna gedreineer .
250 ml Mayonnaise.
2 Appels .
15 ml Gekapte Pietersielie.
125 g Maaskaas .
125 ml Tamatiesous.
1 Ui .
30ml Sjerrie.
Maak vis fyn met vurk. Rasper appels en ui. Meng vis, appels, ui en maaskaas.
Meng mayonnaise, tamatiesous en sjerrie. Roer sous by vis mengsel en skep in kelkies. Garneer met Pietersielie.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Tuna Ring
Bestanddele Kors
(Opsioneel)
1 pak chips of bacon kips fyn gemaak en met gesmelte botter gemeng.
Vulsel
1 pakkie suurlemoen jellie .
1 k kookwater.
1t gelatien .
2 blikkies tuna.
3 hard gekookte eiers gerasper .
1 ui gerasper.
1 k kaas .
sout en peper na smaak.
1 k mayonnaise.
Spoel ring vorm uit met water. Maak kors aan en voer ring se bodem daarmee uit.(Opsioneel) Smelt jellie en gelatien in kookwater en laat afkoel. Meng tuna, eiers, ui, kaas sout en peper en mayonnaise. Meng kookwater mengsel met tuna mengsel en gooi in ring. Laat dit oornag afkoel in yskas.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Tuna en Piesang voorgereg
1 blik Tuna, gevlok .
50 ml Mayonnaise.
3 Piesangs, in skyfies gesny (bedruip met suurlemoensap).
50 ml Wit Uiesop poeier (droog).
4 e ingelegde uitjies en agurkies (fyngekap) .
Blaarslaai.
Meng al die bestanddele saam. Spoel blaarslaai skoon af en sit onder in voorgereg kelkie of skulp. Skep die mengsel bo-op en versier met 'n takkie pietersielie.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Tuna Gereg
Bestanddele Kors.
185 g (½ pak) Kaasbeskuitjies, fyngemaak .
100 g Margarien, gesmelt.
Bestanddele Vulsel.
½ Ui, fyn gekap .
1 pak Sampioene, gesny.
1 blik (200 g) Tuna in water, gedreineer.
1 blik (410 g) Ingedampte Melk.
2 Eiers .
10 ml Mosterdpoeier.
Sout & Peper na smaak.
Metode Kors
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n oondvaste bak van 26 x 16 cm met margarien. Meng die fyngemaakte beskuitjies en die margarien. Druk stewig vas op die boom en teen die kante van die bak. Bak 10 minute tot gaar.
Metode Vulsel
Soteer die ui en sampioene in die olie tot sag. Skep uit en meng met die tuna. Klits die melk, eiers en mosterdpoeier saam en voeg by. Geur met sout en peper en meng goed.Giet in voorbereide kors. Bak 30 minute lank of tot vulsel gestol is en ligbruin is* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Carol Elliott Claassen
Feta kaas mousse
( Voorgereg vir Kersfees)
100g Feta kaas, gekrummel
2,5ml vars gemaalde swartpeper
1K Bulgaarse joghurt
1 Etl gelatienpoeier
6E koue water
½ kop room
200g gerookte salm vir garnering
Voer ses ramekinbakkies met 'n dubbele laag botterpapier uit. Meng die gekrummelde kaas met die peper en joghurt. Sprinkel gelatien oor koue water en laat staan vir 10 minute om te spons. Verhit sowat 30 sekondes in die mikrogolfoond op hoog tot helder. Voeg die kaasmengsel by die gelatien. Klop die room tot dit sagte punte vorm. Vou die geklopte room in die mengsel. Gooi in die voorbereide ramekinbakkies. Laat staan oornag in die koelkas om te stol. Keer uit op 'n klein- of visbordjie. Garneer met skyfies gerookte salm. Sit voor saam met melba-roosterbrooddriehoekies, pitabrood of growwe rogbrood. (6 porsies)* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Benhet Nieuwenhuis
Avokado en Kaasdis
1 avokado 125g cheddarkaas
3 selderystingels, gekap 125ml ongegeurde jogurt
30ml mayonnaise sout en peper na smaak
5ml kerriepoeier vars pietersielie vir garnering
Halveer, ontpit en skil die avokado en sny dit in blokkies. Sny die kaas in dieselfde grote blokkies soos die avokado. Meng
die avokado en kaasblokkies met die seldery. Meng die jogurt, mayonnaise, sout en peper en kerriepoeier. Skep die
avokadomengsel en mayonnaise mengsel in afwisselende lae in `n deurskynende glasbak of in lang glase en bedien
as voorgereg. Garneer met pietersielie. Lewer 4-6 porsies.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Benhet Nieuwenhuis
Avo en biltong voorgereg
Bestanddele
2 ryp avokado’s
vars suurlemoensap
sout en swartpeper
skoon afgespoelde heel slaaiblare
gesnyde biltong
varsgebakte gesondheidsbroodjie
regte botter
soetrissie en klein tamaties vir garnering
Metode
1. Maak die avo’s fyn en geur met suurlemoensap, sout en swartpeper.
2. Skep slaaiblare en avo op 'n kleinbordjie en sit genoeg genyde biltong langsaan.
4. Smeer 'n sny brood met botter, sny in vingers en plaas op bordjie.
5. Garneer met soetrissies en klein tamatietjies* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
SALM-EN-SPINASIE-ROULADE
(12 porsies)
60 g botter:
125 ml meel
500 ml melk
2 ml sout
5 ml mosterdpoeier
5 ml suiker
4 eiers, geskei
75 g baba spinasie
VULSEL
100 g pakkie gerookte salm linte, opgekap
1 x 250 g houer roomkaas
3 stingeluie, opgekap
20 g grasuie, opgekap
sap en skil van 1 klein suurlemoen
Verhit oond tot 160 grade C;
Voer rolkoekpan of bakplaat uit, en bespuit met kleefvrye kossproei;
Smelt die botter in ‘n groot swaarboompot en gooi die meel by om ‘n roux te vorm;
Gooi dan die melk by; Gebruik ‘n klitser om die mengsel te roer tot dik en glansend;
Gooi die sout, mosterd en suiker by, en laat vir 30 sekondes prut;
Gooi eiergele by roux en meng goed;
Blansjeer spinasie, dreineer, en skud water af. Kap dit op en voeg by witsous;
Klits eierwitte tot stywe punte vorm. Vou in spinasie en eiermengsel. Giet mengsel in voorbereide pan, versprei egalig en bak vir 1 uur;
Sodra uit oond kom, verwyder bakpapier, gooi uit op klam doek en rol lengtegewys soos rolkoek op; Laat in klam doek afkoel;
Vir vulsel, meng salm, room stingeluie, grasuie, suurlemoensap en –skil saam, geur na smaak;
Sodra afgekoel, rol roulade oop en smeer vulsel eweredig bo-oor en rol weer op;
Sny in skywe en bedien! * Sarie Kos* 23/11/11* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Carol Elliott Claassen
MANGO KELKIE
4 Ryp Mangos
1 eetlepel suurlemoen sap
2 groot eiers
4 skywe pynappel
150g suiker
2 glase room
Skil en sny die mango en pynappel in fyn stukkies.
In ´n ander bak meng die eiers en die helfte van die suiker.
Verhit die room totdat dit begin borreltjies maak om die kante, haal van hitte af en voeg nou die eiermengsel by.
Sit bak eiermengsel nou bo-op ´n pot kook water, laat dit so staan bo op die pot vir 5 minute en haal dan af om af te koel.In ´n ander bak verwerk die mango en pynappelstukke met die res van die suiker en die suurlemoen tot ´n glade puree..
Voeg die puree by die eier en room mengsel en roer liggies.Skep dit in glas kelke en versier dit met skyfies kiwi en aarbeie.Bedien baie koud./ Boerekos.com *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Ina Oberholzer Hattingh
Voorgereg
1 Blikkie Tuna
1 Blikkie shrimps
1 klein ui
2 Eetl mayonaise
1Eetl Sandwich spread
Meng al die bestanddele saam, skep in bakkie wat uitgele is met blaarslaai. Besluit self, as dit vir jou te droog lyk, voeg nog mayonaise of sandwich spread by.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Helena Kruger
Pikante Verkoelde Papajasop
Hierdie sop het Arnold Hoon van die Ah! Gastehuis in Paternoster vir ons voorberei tydens ‘n kuier daar.”Pasella”
(Bedien4-6)
1 med grootte ui ,fyngekap
1 rooi rissie, fyngekap (skraap die pitte uit vir ‘n matige sop)
sonneblomolie
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 mediumgroot ryp papaja, ontpit & in blokkies gesny
50 ml witwyn of rosé
2kgroente-aftreksel
sou t& peper, nasmaak
gerasperde Gemmer (opsioneel)
gekapte vars koljanderblare (opsioneel)
ongegeurde jogurt (opsioneel)
Soteer die uie en rissie in ‘n bietjie sonneblomolie oor matige hitte. Plaas ‘n deksel op die pot, verlaag die hitte & sweet die uie tot sag en glaserig. Verhoog die hitte en voeg die knoffel by. Voeg die wyn by om die pan te laat afkook. Wanneer die meeste vog verdamp het, word die papajablokkies en groente-aftreksel bygevoeg. Bring vinnig tot kookpunt en haal dan van die plaat af.
Voeg sout en peper by na smaak. Verkoel tot kamertemperatuur. Verpulp die papajas op in ‘n voedselverwerker of met ‘n handverwerker tot fyn en glad. Voeg ‘n teelepel gerasperde gemmer by vir ekstra skop indien verkies. Verdun met nog groente-aftreksel indien nodig.
Verkoel die sop oornag, of ten minste vir 3 uur in die yskas voor dit bedien word. Bedien met ‘n skeppie ongegeurde jogurt, vars, gekapte koljanderblare en dukkah-wiele of geroosterde ciabatta.
9/1/12 Helena N.S dit kan net lekker wees en is baie maklik!!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
SPEKROLLETJIES VOORGEREG
Bestanddele
Gewone wit sampioene
Ontbytspek – verkieslik goeie rugspek met bietjie vet aan wat lekker hard en krakerig gebraai word - of min vet nes jy wil na jou eie keuse
Tandestokkies (Toothpicks)
Voorbereiding
Neem die wit sampioene en was dit in soutwater – droog af
As die sampioene te groot is, sny hulle in die helfte anders word hulle dalk nie heeltemaal gaar nie
Sny die spek in die lengte in die helfte deur
Draai nou die repe spek om die sampioene – een of twee per sampioen en steek vas met die tandestokkies deur die sampioen
Gaarmaak en eet
Neem die spekrolletjies en braai hulle op die kole.
Dit moet so ‘n entjie bo die kole gebraai word – nie te warm nie, maar warm genoeg sodat die spek lekker krakerig kan word.
Terwyl hulle braai, gooi sommer so bietjie braaisout of seesout op na smaak. Jy sal sommer sien wanneer hulle gaar is.
Wanneer jy hulle afhaal, laat dit eers so ‘n bietjie afkoel want dis baie warm en jy kan jou mond lelik verbrand as jy te haastig is om te eet. As die Spekrolletjies so bietjie afgekoel het kan jy maar begin smul daaraan. Daar’s hy – so eenvoudig soos dit.
Jy kan natuurlik presies dieselfde resep volg deur van daardie rooi gebottelde kersies (sonder pitte natuurlik), of pruimedante (ook natuurlik sonder pitte) te gebruik, in plaas van die sampioen. Jy draai ook die spek om dit en steek vas met die tandestokkie.
‘n Goeie idee is om ‘n klompie van elk te maak sodat daar ‘n bietjie van ‘n verskeidenheid is in die voorgereg. Maak net genoeg want dis baie lekker! By: Rene Truter Wessels* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Hamvoorgereg
VROUEKEUR RESEPTE
8 porsies
bietjie olie
1 ui, gekap
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
250 g ham, gekap
sout en peper na smaak
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) strooisuiker
45 ml (3 e) mayonnaise
20 ml (4 t) gelatien
45 ml (3 e) water
SOUS
60 ml (4 e) gekoopte heuning-en-mosterd-slaaisous
30 ml (2 e) mayonnaise
1 Verhit olie en soteer ui en pietersielie.
2 Kap uimengsel saam met ham, sout en peper in voedselverwerker fyn.
3 Klits room saam met strooisuiker styf. Roer mayonnaise by.
4 Vou hammengsel by roommengsel in.
5 Spons gelatien in water en verhelder oor kookwater. Roer by hammengsel.
6 Verdeel hammengsel tussen agt klein metaalramekinbakkies wat met water uitgespoel is.
7 Plaas in yskas tot gestol.
8 Sous Meng bestanddele vir sous en sit saam met gestolde hamvormpies voor.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
BILTONG PARFAIT
60ml gelatien
140ml koue water
1 liter room
2 roosmaryntakkies
2 knoffelhuisies
500ml biltong, fyngerasper
Sout en peper na smaak
Biltongrepies vir garnering.
Metode:
Sprinkel gelatien oor die water en laat week 2 minute. Klop met ‘n vurk tot sponsig en los oor lae hitte op. Verhit die room, roosmaryntakkies en knoffel tot kookpunt. Haal van hitte af en laat koud word. Hou die deksel op om te verseker dat al die geur agterbly. Gooi die roommengsel deur ‘n sif. Voeg die opgeloste gelatine en gerasperde biltong by die roommengsel, terwyl vinnig geroer word. Voeg sout en peper na smaak by. Giet in gesmeerde vormpies en plaas in yskas om te stol (ongeveer 3-4 uur) Plaas die vormpies 5 sekondes in baie warm water en keer uit op borde. Bedien met roketblare, blatjang en biltongrepies. Tresa Hanekom♥http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Helena Kruger
Aspersie-slaai
Kerf Blaarslaai en plaas in yskas
Braai sampioene en laat koud word
sny jou aspersies in stukkies[ as dit die blikkie sin is]ofbraai rou aspersies in botter en koel af.[jy kan ook Tuna by-gooi as jy wil]
Maak nou die lekker sousie en meng alles en skep nou jou blaarslaai in jou mandjie met jou aspersie mengsel bo-op [en as jy stukkie bacon crispy braai strooi dit heel-bo-op met n groen blaartjie en jy kan alles eet...
Lizelle Lehman De Jager
Comeback Sauce
1 kop Mayonnaise
¼ kop Tamatie sous
¼ kop Chilli sous
1 tl mosterd
1 tl uie poeier [hier kan jy n klein stukkie ui fyngerf]
½ tl Knoffel poeier [hier kan jy n klein huisie opkerf]
2 tl Worchestire sous
1 Tl Growwe swart peper
¼ tl Tobasco sous
¼ kop Olyf Olie
Sap van 1 suurlemoen.
Meng alles lekker saam en sit in yskas vir ten minste 3 ure, dan ‘trou’ die geure. Die sous kan so maand in die yskas bewaar word, maar glo my hy vlieg vinniger as die melk van die koffie. Ons eet dit oor alles, dit het begin by die Hoenderburgers wat ek gemaak het, ons het nou al vark en steak en vis saam dit geeet. Sy naam doen hom gestand “comeback sauce”.
N.S jy kan dit ook dadelik gebruik baie lekker*Helena Chilli Kruger. 21/3/12* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Anne Loubser
Fop Shrimp Voorgereggies
Kook heel koring met bietjie sout.
Gooi deur vergietes en
Meng met Gesnipperde,fyn Tuna in water blikkie) wat ook gedreineer is.
Meng met Mayonaise,sout,bietjie peper en titsel tamatiesous.
Sit in bakkies op kropslaai-blaar met stukkie suurlemoen,bere en koel dit in yskas. Lekker.x http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Louise Groenewald
Hier is 'n reseppie wat ek 'n ruk terug opgemaak het. Dis hoekom die taal so deurmekaar is, ek het dit vinnig getik na ek dit gemaak het en dit het super lekker uitgekom. Ek het 'n broertjie dood aan "deep frying" en soek altyd maniere om dit te by pass! As jy olyfolie gebruik om die rolletjies mee te verf is dit regtig 'n gesonde snackie. Ek maak dit môreaand met seekos in vir voorgereg saam met ander braaihappies.
Maklike Spring Rolls met Filodeeg
Filling bestanddele:
Coleslaw mix (die soort wat jy klaar voorberei in die winkel koop in pillow packs)
Gekapte vars dunhia (coriander)
Hoender- of varkfillet of seekos (gaar)
‘n Splash Sojasous
Olie
Sout of geurmiddels na smaak
8 velle filodeeg (16 spring rolls)
Olie, margarien of botter om velle mee te verf
Sesamsaad (opsioneel)
Stir fry die filling bestanddele in ‘n bietjie olie tot die coleslaw mix effens limp raak.
Verhit oond tot 180 ºC. Gebruik twee velle filodeeg op ‘n slag.
Verf elke vel met olie of gesmelte marg. of botter (net dun). Verf net die velle waarmee jy besig is op ‘n slag.
Plaas van die filling teen die lang sy van die deeg af, vou die kante in en rol op.
Plaas op oondpan wat gespuit is. Herhaal met res van deegvelle. Strooi saadjies oor.
Bak vir 25 minute of tot mooi goudbruin.
Sny die rolle kleiner as gaar en bedien met Plum sauce of Sweet Chilli sous.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Marthie Clark
As jy van pere hou, sal jy hierdie voorgereg geniet:
MULLED PEARS WITH ROQUEFORT DRESSING
(BBC Good Food Sara Buenfeld)
3 firm, shapely pears, peeled, halved and cored, but stalks left on
300ml red wine, such as Merlot
3 tbsp caster sugar
1 cinnamon stick
Handful toasted pecan nuts
Couple handfuls watercress
1 tsp white wine vinegar
3 tsp olive oil
100g Roquefort, crumbled
125ml crème fraîche
Peel, halve and core the pears but keep the stalks on
Put the pears in a pan large enough to fit them in a single layer on the base. Pour over the wine and 300ml water, sprinkle over the sugar, then add the cinnamon stick. Put a small saucepan lid on top so the pears stay submerged under the liquid, then simmer for 10 minutes until tender, but not mushy.
Cool in the liquid, and chill until ready to eat. Can be made the previous day.
Mix the vinegar and oil with seasoning in a bowl to be used with the watercress.
Make the Roquefort dressing by slowly warming the cheese in a pan with the crème fraîche.
Toast the pecans in a dry pan and set aside.
Take the pears from their poaching liquid, slice them three-quarters of the way up from the base toward the stalk end, then fan out on plates.
Toss the watercress in the vinegar and oil dressing, pile onto the plates, then sprinkle over the nuts.
Pour the warm Roquefort dressing around the pears or serve in shot glasses or mini jugs on the plates for guests to pour themselves.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Martie Fourie Moolman
Lekker as ligte voorgereg
8 klein bete
30 ml olyfolie
15 klein piekeluitjies, geskil
2 knoffelhuisies, fyn
15 ml bruinsuiker
45 ml water
45 ml balsemiek asyn
1 vel blaardeeg
vars tiemie takkies
Voorverhit die oond tot 200C.
Kook beet tot sag, verwyder skille.
Ek braai eers die uie in olyfolie in 'n pan vir so tien minute, plaas uie en knoffel in n oondpan, sprinkel water en suiker oor en rooster dit dan verder tot goudbruin.
Plaas beet ook in aparte roosterpan, gooi asyn oor. Rooster sowat 20 minute.
Laat afkoel. Halveer die bete en uie in n pan van sowat 20 cm. Die pan moet in die oond kan gaan.
Bedek uie en beet met blaardeeg.
Bak in oond so 35-40 minute. Die deeg moet lekker bros en ligbruin wees.
Plaas op 'n bord en keer om.
Bedien met vars tiemietakkies en suurroom, bulgaarse gewone jogurt, of skeppie roomkaas.
NOTA:
Dini Roos Redgard:
Dit is die wonderlikste, heerlikste resep ooit! Ek bedien dit weer saam braaivleis.
Ek roast die uie met die bruinsuiker en water in die voorverhitte oond, tot goudbruin.
En ek braai die bete in klein bietjie balsamic sommer in 'n braaipan.
Ek maak hom so baie, dat ek al kortpad gevind het ~ n plaas van om alles in die oond te sit, het ek al in die braaipan ook gemaak.
Eers die uie, dan die bete.
Maar die ovenroast sit net bietjie lekkerder geur aan alles.
Voorwaar 'n wenner en onfeilbaar! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Lerina van der Linde
Tortilla voorgereg
Smeer tortillas met gegeurde roomkaas (bv chives ens)
Pak Baba spinasie blare, dun gesnyde repies wortels en dun gesnyde rooi ui.
Rol op en verkoel oornag.
Bedien: Plaas tortilla op bord met n skeppie guacamole, skeppie suurroom en skeppie salsa.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
CLASSIC AVOCADO RITZ
Pick & Pay recipe
2 cups shrimp
60 ml PnP mayonnaise
60 ml PnP plain yoghurt, fat-free
2 tbsp PnP lemon juice
1 dash tabasco, or cayenne pepper
2 tsp PnP tomato sauce
2 tsp brandy, (optional)
1 pinch salt and milled pepper
2 medium avocados, halved, pips removed
Defrost shrimp. Drain any excess water.
Mix mayonnaise, yoghurt, lemon juice, Tabasco, tomato sauce and brandy together
Season mixture and toss with shrimps
Spoon seafood mixture into hollows of halved avocados and serve http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
AVOCADO RITZ
Food24 recipe
2 Tbs mayonnaise
1 Tbs tomato Sauce
1 tsp lemon juice
glug of Worcester sauce
A shake of Tabasco, or some Sweet Chili Sauce
60 ml fresh cream
1 avocado
8 prawns
Method
Make sauce and chill in fridge.
Sauté prawns quickly in butter; toss in a glug of whisky and flambé them.
Add them with the juices to the sauce.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Elda Lombard
Tuna voorgereg
Ondbekend 2
3 Blikkies Tuna (in water)
1 Groterige ui. Baie fyn gekap.
3 Gekookte eiers, fyn gekap.
4 Klein agurkies, fyn gekap.
1 Koppie Mayonaise.
1Koppie kookwater,
1 Pakkie suurlemoenjellie.
1 Teelepel gelatien. Swart peper.
Metode.
Dreineer die tunavis. Los Jellie en ekstra gelatien in kookwater op.
Meng al die bestanddele, maar vou mayonaise laaste in. Maak vorms of houers eers nat voor mengsel ingegiet word.
Stol in klein kelkies of een groot ring.
Genoeg vir plus/minus 25 kelkies B
edien op vars slaaiblaar met pietersielie en klein tamaties vir garnering http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Martie Fourie Moolman
Tuna Rol
Oond 200 grade celcius
VULSEL:
1 blikkie tuna (200g) gedreineer
1 ui fyn gekap
½ k gerasperde chedder kaas
6 E grof gerasperde koue botter
6 E mayonaise
1 E blatjang
1 E aangemaakte mostert
Meng alles en hou eenkant
ROL:
4 eiers
3 E suiker
½ t sout
6 E koekmeel
¼ t peper
Rol koekpan 38x25 cm
Voer uit met bakpapier
Skei eiers en klits witte tot skuim
Voeg suiker en sout by en klits tot styf
Sif meel, peper en sout en vou in
Klits eiergele en vou by eierwitte
Bak koekpan vir 8 min
Keer uit op klam doek
Verwyder bakpapier
Smeer vulsel oor warm basis en rol op
BEDEKKING:
½ k fyn maaskaas
6 E chedder smeerkaas
Fyn gekapte pietersielie
Grof gekapte pekaneute
Meng kase en smeer oor rol
Strooi pietersielie en pekaneute oor
Verkoel rol tot nodig http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Jolindie van Biljon 'n
Salm terien
Anders as patee, wat gewoonlik hope botter bevat, word dié terrien met jogurt gemaak en bevat dit dus baie minder vet.
Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd: 15 minute, plus yskastyd
10 ml gelatien
250 ml laevet-gewone jogurt
100 g gerookte salm, grofgekap
30 ml fyngekapte sprietuie
3 ml fyngerasperde suurlemoenskil
kraakbeskuitjies en brood om voor te sit
1 Week die gelatien in 20 ml koue water. Verhit dit in die mikrogolfoond tot opgelos. Voeg ‘n bietjie van die jogurt by en roer. Voeg die gelatien by die res van die jogurt en roer om te meng.
2 Meng die salm, sprietuie en suurlemoenskil by die jogurtmengsel. Geur met sout en peper na smaak. Gebruik ‘n handmenger en pols tot glad. Gooi in drie mini-broodpannetjies wat gevoer is met kleefplastiek. Bedek die bokante en sit oornag in die yskas. Wanneer jy gereed is om voor te sit, keer die terrien uit op ‘n opdienbord en verwyder die kleefplastiek. Sit voor met kraakbeskuitjies en snye vars brood.
NOTA
Die geblikte salm werk net so lekker en jy kan dit selfs vervang met tuna. Ek sit fyn gekapte komkommer ook in en speserye na smaak (Aromat, fish spice, bq suurlemoensap en gemaalde swartpeper) - heerlik! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Marietjie Schoeman
Tuna en Aspersie gereg
Een blik tuna gedreineeer (hou die vloeistof)
Een blik aspersies gedreineer (hou die vloeistof en meng met die van die tuna)
Meng nou die tuna en aspersies in n bak.
Maak witsous met 4 eetlepels meelblom 4 eetlepels botter en die vloeistof van die tuna en aspersies, jy kan nog melk ook byvoeg as die sous te dik is. Geur met sout en peper na smaak. Rasper nou lekker cheddarkaas daarby. Meng nou die tuna mengsel met die witsous en meng goed. Sit voor deur vir elke persoon sy deel in n slaaiblaar wat in n bakkie/kelkie of witbordjie geplaas is, te skep. Dit is vinnig, maklik en HEERLIK!!! Die geure van die Tuna en aspersies saam is n heel nuwe en wonderlike smaak! Selfs mense wat nie aspersies eet nie is mal daaroor!! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Marietjie Schoeman
KAMMA KREEF MET MAYONNAISE
1,5KG Stywe witvis
1 ui, gekap
sout en peper na smaak
avokado, in skywe gesny, met suurlemoensap bedrup
blaarslaai en pietersielie vir garnering
Sny die vis in klein vierkantige blokkies, stoom dit gaar met min water
Sorg dat die blokkies nie breek nie
Meng die vis met ui, sout en peper (gebruik ‘n vurk)
Voer ‘n glasbak met slaaiblare uit.
Meng mayonnaise met die vis, en skep op die slaaiblare.
Plaas ‘n skyfie avokado op en garneer met pietersielie
Mayonnaise:
250ml tamatiesous
12,5ml worcestersous
‘n paar druppels Tabasco (opsioneel)
10ml sojasous
250ml mayonnaise
sout na smaak
5ml asyn
5ml suurlemoensap gemeng met 5ml suiker
Meng al die bestanddele deur deeglik te klits
Verkoel voor gebruik.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Louisa Prenzler
HADDOCK VOORGEREG.
2,2 KG Haddock
1 Desertlepel Gelatine
1/2 Koppie Kookwater
1 Teelepel Gerasperde ui
1 Koppie Salonaise
1/4 Koppie Kouewater...
Kook en ontsout die vis. Los die gelatine in die kouewater op en voeg die kookwater by. Meng met die gevlokte vis en uie. Plaas in `n bak, maag gelyk sodat dit die dulte is wat jy graag die blokkie sou wou he as jy dit in blokkies sny. Verkoel in yskas.
SOUS:-
1/2 Teelepel Fyn Ui
1 Teelepel gekapte Pietersielie
2 Teelepels gekapte agurkie
1 Teelepel Suurlemoensap
1 Koppie Salonaise.
Meng alles goed saam. Plaas nou `n blokkie van die vis op `n slaaiblaartjie, gooi van die sous oor en dekoreer met agurkie en getwisgte suurlemoenskyfie. SO MAKLIK EN TOG SO HEERLIK EN DAN LYK DIT OOK NOG SPOGGERIG SO OP `n SHELL SKULPIE.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Louise Groenewald
Avocado and Smoked Salmon Pate
(Learn to Cook with Louise)
Ingredients
• 2 Avocados, halved and stoned (vlesige tipe avo's, nie waterig)
• 4 hard boiled eggs finely chopped
• 150 - 200g Smoked Salmon chopped
• 2 Tbsp white wine
• 1 fresh garlic clove, crushed
• 1 tsp finely grated lemon peel
• 8 Tbsp cream cheese (salmon or plain flavour)
• Squeeze of lemon
• Large pinch of Ina Paarman seasoned salt
• parsley to garnish.
• Serve on a plate of green salad with 4 lemon wedges.
Instructions
1. Scoop out the avocado flesh carefully, reserving the intact skins.
2. Put all the ingredients in a blender and blend until smooth.
3. Spoon the mixture back into the avocado skins, garnish with parsley.
4. Serve in 4 individual dishes on top of the prepared green salad and wedge of lemon.
As jy gewone sout gebruik, voeg bietjie swart peper by. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
VOORGEREG
vat n groot swart mushroom,
vul met leke blok van enige kaas keuse van: bloukaas, cheddar, brie, mozerella, haloumi, maki saki,
leke knoffel en afhangende van jou kaas se 'sout' kan jy
aromat oorgooi. Vou mushroom toe in gewone klaargekoopte blaardeeg en druk goed
vas(mushroom se stamkant) gee elkeen sy eie rou bestanddele en hy kan dit self
in die olie braai tot goubruin Dit lyk soos n vetkoekie en is ongeloooooflik
lekker....jy kan dit ook self braai en vir elkeeen voorsit op n kruieblaar met
halwe rooi tamatietjie en komkommerskyfie...pret om self te maak en gaar te
maak en pas so goed in vir fondue
Hannelie Vd Merwe Myburgh* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
NEW YORK VOORGEREG
Heerlike smeer vir vars brood - kan bedien word saam met brood as gaste wag vir ete: (het dit jare gelede gesien in n Restaurant in New York)
1 hele knoffel (nog so in sy skil)
½ koppie gesoute botter (kamertemp)
bietjie Maldon growwe sout - gemaal
¼ koppie "sour cream"
Sny boonste deel van knoffel oop om die knoffel bloot te stel
Drup bietjie olyfolie bo-oor
Rooster in oond tot knoffel sag en geurig is (die knoffel moet sommer so uit die skil uitdruk)
Meng botter, sout en "sour cream" en druk knoffel binne-in die mengsel
Dit is HEERLIK saam met vars brood-rolletjies en dit hou vampiere en verkoues weg!http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Geplaas deur: Isobel Odendaal
ROMERIGE SLAKKE OP VUUR
1 blik (800g) slakke, gedreineer
500 ml dik room
55 ml brandewyn
35 ml biefekstrak
8 knoffelhuisies, geskil en gekneus , fyn gekapte uie
2 ml vars gemaalde swartpeper
Verhit gietysterpan op vuur (kole). Plaas alles behalwe brood in pan en
kook tot sous ingedamp en dik is. Sit slakke warm voor saam met volkoringbrood.
Geplaas deur: Belinda van Dyk *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Angus Olivier
Beste starter ooit:
2 med rooi appels in blokkies, met die skil of sonder
2 vet skywe van jou 2 gunsteling kaas in blokkies
1eetl basil pesto met olyfolie
2 eetl mayonaise
knippie aromat
Meng als saam en wees reg om verbaas te staan...http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
NAGEMAAKTE
KREEF
1 ½ kg
gaar Stokvis gekrummel
Sout &
Peper
1 Ui
Meng met mayonnaise en bedien op slaaiblare of in halwe avo’s.
MAYONNAISE
MENGSEL
¾ K
Tamatiesous
1 k
Mayonnaise
1 tlp
Suurlemoensap
Sout
& peper
Suiker na
smaak.
1 tlp
Worcestersous
‘n paar
druppels Tabasco
Meng alles saam en gooi oor vis.
*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
SPANSPEK
KELKIE
2 Ryp
Spanspekke
½ k
Sjerrie
¼ k
Grenadellasap
4 goed ryp
Piesangs
½ k
Idealmelk
Kersies
Maak
balletjies spanspek. Sny piesang in skywe.
Meng piesang, spanspek, kersie & sjerrie liggies. Klop Idealmelk
& grenadellasap styf. Plaas vrugte in uitgeholde spanspek en skep
melkmengsel bo-op.
*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
AVO VOORGEREG
1 ryp Avo
110 g
gekookte Garnale
1 blikkie
Dwergsampioene
Komkommerskyfies
Suurlemoenwiggies
Pietersielie
Franse
Slaaisous
*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
Dalene
Brits
SEEKOSKELKIE
500 g
Monkfilette
½ t Sout
½ Ui,
gekap
Sous:
½ k
Mayonnaise
3 eetl
Tamatiesous
½ t Ui
½ t
Suurlemoensap
1 t
Pietersielie
1/8 tlp
Tabasco
Kook vis
in soutwater ± 20 min. Sny in blokkies en laat afkoel. Berei sous voor en skep
op blaarslaai. Versier.
*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/voorgeregte-starters.html
No comments:
Post a Comment