Tuesday 22 January 2013

WATERBLOMMETJIE KONSEF


WATERBLOMMETJIE KONSEF

As jy bekommerd is oor goggas in jou waterblommetjies, week hulle vir ‘n rukkie in soutwater en was dan baie goed.
50 waterblommetjies, verkieslik moet blommetjies nog toe wees
2 e koeksoda
2.5L suiker
sap van 1 suurlemoen
3cm gemmer, dun gesny, opsioneel
Skraap die bodem van elke waterblommetjie liggies met ‘n rasper. Sny daarna ‘n kruis in die bodem.
Plaas oornag in die koeksoda wat met sowat 3½ liter water gemeng is. Was goed af onder lopende water.
Los die suiker in ‘n groot kastrol met 2.750 liter water op en voeg die suurlemoensap en gemmer by.
Bring die suikeroplossing tot kookpunt en gooi die waterblommetjies daarin.
Prut ongeveer 15 – 20 minute tot glaserig. Skep die waterblommetjies uit in gesteriliseerde bottels en kook daarna die stroop af tot dit verdik.
Giet die stroop oor die waterblommetjies, verseël en bêre in die spens. Bêre in yskas sodra oopgemaak.*Pasella 23/10/12*Helena chilli Kruger.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment