Tuesday, 26 February 2013

APPEL-TERT RESEPTE




APPELTERT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
Tert beslag

3 Opgehoopte Eetl Margarine

1 Kop Suiker
3 Eiers

½ Kop Melk
1 Kop Meel

1 Teel Bakpoeier

Knippie Sout
Sous:
Kook 1 kop Suiker en 1 Kop Room tot dik
Meng al die tert beslag bestandele saam en skep in oondvaste glas bak Pak 1 blik appels eweredig verspreid in die deeg in
Bak 1 uur by 180°C (of tot mooi ligbruin kleur)

Gooi sous oor warm tert
Laat afkoel
Bedien met vars room wat styfgeklits en effe versoet is

Bron: My vriendin Trudy se resep

Plasing: Henriette Wessels*

Carin Ras Wilson .
Appeldroom.


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
Kors:
2kp fyn tennisbesk.
Kwart lb botter.
1 eetl heuning.
Vulsel:
1kp appelmoes.
2-3 eiers.
1bl kondensmelk.
3-5 eetl suurlemoensap.
Smelt botter en heuning. Meng met besk en druk vas in 'n tertbord. Klop geel v eiers en meng met suurlemoensap, appelmoes en kondensmelk. Vou styfgeklopte eierwit in en gooi i...n tertkors. Sprinkel krummels oor en bak 20-30 min by 350F* .




Carin Ras Wilson
APPEL-MERINGUETERT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
 (Engela Van Niekerk)
KORS
375ml koekmeel gesif
45ml strooisuiker
125g gesmelte botter
Meng al die bestsanddele saam om krummelrige deeg te vorm. Druk vas in tertbord en bak 25 minute lank teen 180 grade C. Laat afkoel.
VULSEL
1 blik kondensmelk
125ml vars suurlemoensap
2 eier gele
1 blik (410g) blik tertappels
Klits kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik. Klop eiergele een vir een by. Vou appelskywe en gooi in tertkors.
BOLAAG
2 eierwitte
45ml strooisuikeR
Klits eierwitte tot stywe punte. Klits strooisuiker 5ml op 'n slag by om ferm mengsel te vorm. Skep oor vulsel en bak 20 minute by 180 grade C totdat meringue liggies verbruin.* .


Carin Ras Wilson
Leanda se resepte:
Yvonne se Heuning-Appeltert


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
250 ml meel
125 ml suiker
20 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eier
125 ml melk
37,5 ml botter of margarien
410g-blik tertappels
Sous:
25 ml botter of margarie
37,5 ml heuning
Sif droë bestanddele saam. Verhit melk en botter tot louwarm en botter gesmelt is. Klits eier en voeg dit by die melkmengsel. Roer mengsel in droë bestanddele in (roer stadig, geneig om klonte te maak). Plaas ‘n dun laag deeg onderin ‘n gesmeerde tertbord. Druk appels effens fyn. Sit laag appels bo-op deeglaag. Skep orige deeg bo-oor en maak gelyk. Bak teen 180 grade vir ongeveer 15 minute tot gaar en goudbruin.
Berei in tussen die sous: Smelt die sousbestanddele saam en giet oor warm tert sodra dit uit die oond kom. Steek paar gaatjies in met vurk sodat dit kan intrek.*.



Carin Ras Wilson
Retha se Appeltert


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
Hierdie een is weer mý ma se resep - en my gunsteling. Hy is op sy lekkerste louwarm met roomys wat so oor sy korsie smelt...
820g-blik tertappels
kaneelsuiker na smaak
250 g margarien
625 ml koekmeelblom
12,5 ml bakpoeier
knippie sout
250 ml bruinsuiker
1 eier, geklits
Sous:
125 ml heuning
12,5 ml margarien
25 ml water
Sny die tertappels bietjie kleiner en pak onderin 'n gesmeerde reghoekige glasbak. Spinkel kaneelsuiker na smaak oor. Smelt die margarien. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout, meng die suiker by. Meng dit by die margarien in. Voeg die geklitste eier by en meng goed. Neem stukke deeg en druk dit plat in jou hande. Plak dit bo-op die tertappels tot al die appels bedek is. Bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade tot die kors gaar en goudbruin is.
Berei intussen die sous: Smelt alles saam. Skep oor die warm tert as dit uit die oond kom. Bedien louwarm met roomys.* .


Carin Ras Wilson
Karamel-Appeltert


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
Dit is seker die bekendste appeltert in die land - ek dink almal het hom al geproe!
250 ml suiker
37,5 ml margarien
3 groot eiers
230 ml bruismeel
2 ml bakpoeier
knippie sout
60 ml melk
410g-blik onversoete tertappels
Karamelsous:
410g-blik ingedampte melk
250 ml suiker
5 ml karamelgeursel
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n vierkantige oondvaste bak.
Room die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by. Sif die droë bestanddele en meng goed. Roer die appels liggies in. Bak vir 30-40 minute of tot gaar.
Berei intussen die sous: Kook alles saam; roer gedurig. Giet oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.* .


Carin Ras Wilson
Kondensmelk-Appeltert


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
Die sous is egter bietjie problematies - ek het gevind die enigste manier om dit glad te kry, is om dit met 'n blender stick te whizz; om een of ander rede los karamelkondensmelk nie sommer net op nie...
2 eiers
250 ml suiker
20 g margarien
100 ml melk
250 ml bruismeel
knippie sout
410g-blik tertappels
Kondensmelksous:
100 ml karamel kondensmelk
250 ml melk
Klits die eiers en suiker saam tot romerig. Vog nou die margarien en melk by en meng goed. Voeg die bruismeel en sout by en meng tot 'n gladde deeg. Smeer 'n groot tertbord en pak die appels ín 'n laag onderin die bord. Skep die deeg bo-oor en maak gelyk. Bak teen 180 grade vir 30 minute.
Berei intussen die sous: Plaas die kondensmelk en melk in 'n mikrogolfvaste beker en mikrogolf op hoog tot die mengsel warm is en die kondensmelk gesmelt is. Haal die tert uit die oond en prik die bokant van die tert met 'n vurk. Giet die warm sous oor die tert en laat afkoel tot louwarm voor bediening.* .


Carin Ras Wilson
Appelkrummeltert


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
Kors:
4 x 250 ml bruismeel
250 ml strooisuiker
250 g botter of margarien
2 ekstra-groot eiers
Vulsel:
3 x 420g-blikke tertappels
125 ml rosyntjies (opsioneel)
180 ml strooisuiker
15 ml kaneel
Kors: Meng die meel en suiker saam. Vryf die margarien in die meelmengsel met jou vingerpunte tot dit soos broodkrummels lyk. Klits die eiers en voeg dit by die meelmengsel. Meng goed om 'n stywe deeg te vorm. Gebruik 2/3 van die deeg en voer twee tertborde daarmee uit. Bedek met kleefplastiek en laat rus in die yskas. Verkoel die oorblywende deeg.
Vulsel: Pak die tertappels in die ongebakte deegkorse. Sprinkel die rosyntjies oor die appels en dan die suiker en kaneel. Rasper die oorblywende deeg oor die appels. Bak vir 30 minute.* .


Carin Ras Wilson
Apple Crumble Delight -


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
.
FILLING
2 x 385 g cans pie apples, roughly chopped
7 ml ground cinnamon
1 ml ground cloves
45 ml castor sugar
75 ml raisins
15 ml fresh lemon juice
Mix apples, cinnamon, cloves, sugar, raisins and lemon juice in a bowl.
PASTRY
300 g (500 ml) cake flour
10 ml baking powder
125 g butter
170 g (200 ml) castor sugar
1 egg
5 ml vanilla essence
grated rind of 1 lemon
METHOD
Sift the flour and baking powder together.
Beat butter and sugar together with an electric beater until light and fluffy.
Add egg, vanilla and lemon rind, beat well.
Add half of the sifted dry ingredients and mix well, using a wooden spoon.
Add the remaining dry ingredients, mix well.
Divide dough in half, wrap in cling wrap and place in fridge for ½ hour.
Pastry must be firm.
Preheat oven to 180°C.
Spread one half of the dough in a greased 25 cm tart plate.
Press dough up the sides with the fingertips.
Place filling into pastry case.
Grate the rest of the dough over filling.
Bake in preheated oven for ± 20 minutes.
EXTRA INFORMATION
Instead of 1 large apple crumble make individual crumbles in muffin tins.
NOTE: Dish size 25 cm tart plate*.


Christine Fourie
Tannie Jessie se Appeltert resep


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
2 eiers
1 koppie suiker
¼ koppie melk
2 eetlepels gesmelte botter
1 koppie bruismeel
Knippie sout
Blik tert appels
Klits die eiers en suiker saam. Gooi die melk en botter by die mengsel en meng goed.
Voeg die bruismeel en sout by en meng.
Gooi beslag in pyrex bak wat met Spray & Cook gespuit is.
Plaas appels bo-op en druk liggies onder die deeg in.
Bak in ‘n voorverhitte oond van 180°C totdat hy so ‘n tennisbeskuitjie kleur is, ± 20 minute.
Prik die hele tert liggies met ‘n pap vurk en gooi dan die sous bo-oor.
Sous:
1 koppie suiker
¾ koppie room
1 teelepel vanilla essence
Gooi alles saam in ‘n potjie op die stoof en roer tot die suiker gesmelt is.
Bedien met room of roomys, of altwee! *



Berie Smith
MA ELISE SE APPELTERT:


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
 
[SOUT EN PEPER]
Daar is baie resepte van die appeltert , maar die een is mindersoet en kry ‘n smaak van kaneel by
Meng 4 groot plaaseiers saam met 2 koppies witsuiker, voeg daarby 50 ml gesmelte botter en ‘n half koppie volroommelk asook ‘n knippie sout en witpeper.
Sif 2 koppies bruismeel drie keer en roer bietjies – bietjies met ‘n houtlepel in die suikerbeslag. ek roer hom altyd in ‘n figuur 8 metode. dan is jou beslag lekker lig.
Gooi die beslag in ‘n bak en gooi dan een groot blik tertappels in die beslag. nou strooi jy bo-oor ‘n lepel of wat bruinsuiker en vat hom oond toe en bak op 180 C. jy kan na ‘n half uur die tempratuur verlaag na 150 C. bak tot die tert gaar is in die middel.
Gooi een blik ingedampte melk in ‘n klein kastrol saam met 1 en 1/2 koppie suiker, 1 e vanielje [ as jy vars peule kan kry soveel beter ] en 1/2 t kaneel. maak warm en gooi oor die tert net as jy hom uit die oondhaal.
Die beslag kan halveer word vir ‘n purex tertbak – hy is heerlik as jy hom hierin bak.
Bedien warm of koud en verlang jou ma*.



RIKA VENTER SE APPELTERT:


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
 
[2de prys sarie]
Ek het ‘n resep wat effe anders is, dit misluk nooit selfs al is iemand nie ‘n gesoute bakster nie, en dit is net heerlik. My mammie het dit in die sewentigs by ‘n vriendin gekry, maar so mettertyd het ek ‘n ander baadjie daarvoor aangetrek.
Kors:
• 250ml koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 1 knippie sout
• 75ml suiker
• 125g sagte botter of margarine
Sif die meel, bakpoeier en sout saam, voeg die suiker en botter by. Klits tot ‘n sagte deeg en lekker hanteerbaar. Druk ongeveer ¾ daarvan met jou vinger in ‘n 23cm tertbak.
Vulsel:
• 1 blik (410g) tertappels
• 250ml pitlose rosyne
• 45ml suiker
• 4 heel naeltjies
• ‘n strooisel fyn kaneel
• Sap van 1 suurlemoen
• 1 proppie soet sjerie of soetwyn
Voeg alles saam in ‘n pot en kook op medium hitte tot droog. Haal die naeltjies uit (dit is ‘n vreeslike gesoek en 1 bly altyd agter!) en skep in die voorbereide kors. Berei nou die bolaag.
Bolaag:
• 60 ml botter
• 2 eiers
• 125ml suiker
• ±50g gemaalde amandels of vir ‘n meer subtiele smaak ‘n paar druppels amandelgeursel
Klits dit saam tot romerig en voeg dan die laaste ¼ van die korsdeeg daarby. Meng goed en skep bo-oor die vulsel. Bak in 160°C vir 25 minute of tot ligbruin. Bedien warm met room of roomys.* .


OUMA--RIA SE KORSLOSE APPELTERT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
½ koppie botter
2 koppies suiker
4 eiers
2 koppies bruismeel
knippie sout
1 koppie melk
8 appels in skywe gesny
1 teelepel bakpoeier


Kook die appels tot sag saam met ‘n bietjie suiker en kaneel.
Room die botter en suiker saam.
Voeg eiers een-vir-een by en klits goed na elke byvoeging.
Vou gesifte bruismeel en sout in.
Voeg melk by en roer weer goed.
Skep in ‘n gesmeerde pan.
Plaas appels bo-op deeg en bak vir ongeveer 30 – 40 minute in oond van 180 °C.


STROOP:
1 koppie suiker
¼ koppie botter
1 ½ koppies melk
Kook alles saam vir 5 minute.
Giet oor tert wat geprik is.*.


Maré Nieuwoudt
Deliciously Perfect Apple Pie & Crust


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
It is so perfect. Plenty of soft apples spiced up just right inside of a thick flaky crust, the perfect apple pie.
Delicious Rating: First the crust. Very simple with a food processor and by far the best pie crust I have ever eaten in my life, no joke. It is flaky, soft, crusty, and tastes amazing on its own which I think a pie crust should be able to do. The Apple Pie filling is delicious to in this easy recipe. I cut the apples up thinly and tossed with a few ingredients. Let them sit while I rolled out the crusts so that all the juices could flow. I didn’t add all the juice to the pie so that it wouldn’t be overly soggy. It was perfect.
The best apple pie, serve with Vanilla Ice Cream
Ingredients
3 cups all-purpose flour
2 sticks of unsalted butter, cold and cut into little cubes
1 tsp salt
1 tbsp sugar
6 tbsp ice water
6 green medium apples, peeled and thinly slice
2/3 cup white sugar
2 tbsp flour
1 tsp cinnamon
1/2 tsp nutmeg
1/4 tsp salt
Juice from half a lemon
1 egg yolk
1 tbsp milk
Cooking Guide
Add 2 1/2 cups flour, butter, salt, and sugar in a food processor and pulse until it looks like a crumbly mixture.
Add in 1 tbsp of ice water, pulsing after each addition, until mixture can be pinched and held together.
Place dough on a clean surface and gently work into two round disks, don’t over knead.
Wrap in saran wrap and refrigerate for at least 1 hour.
Cut up apples and place in a bowl along with the sugar, 2 tbsp flour, cinnamon, nutmeg, salt, and lemon juice.
Mix well to coat the apples and let sit.
Heat oven to 425 degrees F.
Take out pie crusts and allow to come to room temperature in 5 minutes or so.
Roll out into a 12 inch circle on a floured surface, adding flour as necessary to avoid sticking.
Place in a 9 inch pie pan and gently press evenly on the sides
Roll out the second disc and create a lattice top.
Add apples and 1/2 to 3/4 cups of excess juice to pie pan.
Cover with lattice top or full top with slits.
Fold edges in and pinch together in a uniform pattern, securing the top pie crust with the bottom.
Whisk together the egg yolk and milk and brush on the top pie crust well.
Use a pie crust ring or foil to cover the crust for the first 40 minutes of baking.
Bake for 55 minutes and allow to cool for at least 2 hours before cutting into and serving.
Add 2 1/2 cups flour, butter, salt, and sugar in a food processor and pulse until it looks like a crumbly mixture.
Add in 1 tbsp of ice water, pulsing after each addition, until mixture can be pinched and held together.
Place dough on a clean surface and gently work into two round disks, don’t over knead.
Wrap in saran wrap and refrigerate for at least 1 hour.
Cut up apples and place in a bowl along with the sugar, 2 tbsp flour, cinnamon, nutmeg, salt, and lemon juice.
Mix well to coat the apples and let sit.
Heat oven to 425 degrees F.
Take out pie crusts and allow to come to room temperature in 5 minutes or so.
Roll out into a 12 inch circle on a floured surface, adding flour as necessary to avoid sticking.
Place in a 9 inch pie pan and gently press evenly on the sides
Roll out the second disc and create a lattice top.
Add apples and 1/2 to 3/4 cups of excess juice to pie pan.
Cover with lattice top or full top with slits.
Fold edges in and pinch together in a uniform pattern, securing the top pie crust with the bottom.
Whisk together the egg yolk and milk and brush on the top pie crust well.
Use a pie crust ring or foil to cover the crust for the first 40 minutes of baking.
Bake for 55 minutes and allow to cool for at least 2 hours before cutting into and serving.
Delicious! Anje die Rooibruin Hen 26.6.2012 LW - GRADE IS IN FAHRENHEIT*







HEUNING APPELTERTJIES



http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
6 velle filodeeg,

1/2kop gesmelte botter,
1/4kop bruinsuiker
3ml kaneel.
VULSEL:
1/2kop pitlose rosyne,
30ml Port,
3 Granny Smith appels,
suurlemoensap
1/4 kop gemaalde amandels.
BEREI KORS:
Smeer elke filodeeg vel met gesmelte botter& bruinsuiker& kaneel.
Sny elke vel in kwarte en plaas 4kwarte bo-op mekaar.
Druk in gesmeerde ramekins.
BEREI VULSEL:
Week rosyne in port.
Skil appels,verwyder klokhuise &halveer.
Sprinkel bietjie suurlemoensap oor om verkleuring te voorkom.
Plaas appelhalwes met platkant ondertoe &sny halfpad deur skyfies.
Plaas lepelvol rosyne in middel van elke filodeegpakkie,plaas halwe appel bo-op.
Bestryk appels met botter,strooi bruinsuiker,kaneel &amadels bo-oor.
Bak in voorverhitte oond 180°C tot bruin
Bron: Onbekend
Plasing: Moira Botha Dyer* .





                                                              Foto>Riana Le Roux>
APPELTERTJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/appel-tert-resepte.html
Riana Le Roux
(24 tertjies)
220ml Margarien
500ml suiker
6 eiers
100ml melk
500ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
2ml sout
1 groot blik appels
Sous
200ml cremora melkpoeier
400ml kookwater
250ml Suiker
10ml Karamelgeursel

Klits Magarien,suiker,eiers en melk goed saam en voeg die gesifte droë bestandele by en klits tot goed gemeng. Skep beslag in voorbereide muffinpannetjies of tertbak.
plaas appelstukkies op elke tertbeslag. Bak in verhitte oond van 180grade vir 20min vir klein tertjies of 45min vir groot tert.
terwyl tert bak maak sous aan. kook alles saam tot melkpoeier goed opgelos is en gooi warm oor tertjies as dit uitkom. laat bietjie afkoel en haal uit pannetjies.
BRON: Die Christen Vrou *.

No comments:

Post a Comment