Sunday 17 February 2013

CROISSANTS



Botter-croissants



Dit vat tyd en moeite om croissants te maak. Jy moet dit oor 2 dae doen. Die eindresultaat proe soos die regte ding. Gebruik die basisresep om ander soorte, soos sjokolade-, rosyntjie- of kaneel-rolletjies, te maak.
(12 CROISSANTS)
500 ml melk
2 x 10 g-pakkies gis
100 g suiker
20 g sout
1 000 g koekmeel
500 g botter


Dag 1 
Meng melk, gis, suiker en sout in middelslagmengbak. Voeg genoeg meel by tot stywe, kniebare deeg vorm. Knie vir 10 – 12 minute op meelbestrooide oppervlak of tot gladde deeg vorm. Draai toe in plastieksakkie en laat oornag in yskas rus tot yskoud.
Dag 2 
Gebruik rolstok en slaan botter tussen twee velle plastiek plat tot ’n vierkant van 20 x 20 cm en 1,5 cm dik. Sprinkel meel op werksoppervlak en rol koue deeg uit in vierkant van 30 x 30 cm. Plaas 500 g botter in middel van vierkant. Vou deegrand na middel van botter tot hele botter toegevou is met deeg. Gebruik rolstok en rol deeg-en-botter-vierkant uit tot 50 cm lank. Vou boonste punt van deeg na middel en dan nog een vou na onder. Draai deeg tot gevoude sy na regs wys. Herhaal proses.
 Laat rus in yskas vir 2 uur. Herhaal vouproses nog een keer. Laat rus in yskas vir 2 uur. Dis belangrik om deeg so koud moontlik te hou terwyl jy die vouwerk doen anders gaan botter uitsmelt. Sprinkel meel op werkoppervlak en rol deeg uit tot sowat 5 mm dik. Sny kante van deegvel tot ’n netjiese reghoek. Sny driehoeke uit deeg met ’n basis van 10 cm en 20 cm hoog. Rol driehoekdeeg op om croissant te vorm. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 25 – 30 minute. Verf geklitste eier oor en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.*Sarie Kos*17/02/13 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/croissants.html

Croissant

(32 croissants)

900 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
2 ml sout
1 ml rooipeper
125 g botter
500 ml cheddar, gerasper
300 ml melk
1 eiergeel

Sif die droe bestanddele saam en vryf die botter met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die kaas en die melk by om 'n stywe deeg te vorm wat uitgerol kan word. Verdeel die deeg in vier stukke.
Rol elke stuk dun uit op 'n meelbestrooide deegplank sodat dit sirkels van 20 cm in deursnee vorm.
Sny die buiterande mooi rond en verdeel elk van die sirkels soos die speke van 'n wiel in agt ewe groot stukke.
Rol elke stuk van die buiterand na die punt toe op. Buig die 32 rolletjies effens om hulle halfmaanvormig te kry en plaas 'n entjie uitmekaar op die gesmeerde bakplaat.
Klits die eiergeel met die orige melk en bestryk die rolletjies daarmee.
Plaas die rolletjies hoog in die oond en bak ongeveer 15 minute lank by 200C tot gaar of goudbruin.17/02/13  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/croissants.html

KAAS-EN-KRUIE-CROISSANTS
 Dié resep vir croissants gaan jou nie ure lank in die kombuis besig hou nie. Dis maklik om te maak en die groot geheim hier is die beleë cheddar. Geniet die croissants saam met lekker baie botter. 
Genoeg vir: 16
Bereidingstyd: 35 minute
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 200 ºC
• 750ml koekmeel
• 25ml bakpoeier
• 50g botter, in blokkies gesny
• 500ml grofgerasperde, beleë cheddar
• 60ml fyngekapte, vars pietersielie
• 10ml fyngekapte, vars origanum
• 10ml fyngekapte, vars tiemie
• 10ml fyngekapte, vars roosmaryn
• 1 ekstra-groot eier
• 180ml karringmelk
• 1 eier, geklits, vir glasuring
1 Sif die meel, bakpoeier en ‘n knippie sout saam in ‘n groot mengbak. Vryf die botter in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Roer daarna die kaas en al die kruie in.
2 Meng in ‘n ander bak die ekstra-groot eier, karringmelk en 60ml water, roer dit by die droë bestanddele in en meng tot ‘n sagte deeg vorm. Verdeel die deeg in die helfte en rol elke stuk uit tot ‘n sirkel van 26cm in deursnee. Sny die deegsirkel in agt wîe. Begin by die skerp punt van elke driehoek en rol die deeg op terwyl jy die rande invou om ‘n halfmaan te vorm. Herhaal met die res van die deeg.
3 Pak die croissants op ‘n gesmeerde bakplaat en verf met die geklitste eier. Bak vir 20 minute in ‘n voorverhitte oond of tot die croissants goudbruin is.*Idees*17/02/13 B

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/croissants.html

Berie Vd Velden Smith
BOERE CROISSANT:
[KOOKKUNS - resep: Anna van Wyk]

900 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
2 ml sout
1 ml rooipeper
125 g botter
500 ml cheddar, gerasper
300 ml melk
1 eiergeel

Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die kaas en die melk by om 'n stywe deeg te vorm wat uitgerol kan word. Verdeel die deeg in vier stukke.
Rol elke stuk dun uit op 'n meelbestrooide deegplank sodat dit sirkels van 20 cm in deursnee vorm.
Sny die buiterande mooi rond en verdeel elk van die sirkels soos die speke van 'n wiel in agt ewe groot stukke.
Rol elke stuk van die buiterand na die punt toe op. Buig die 32 rolletjies effens om hulle halfmaanvormig te kry en plaas 'n entjie uitmekaar op die gesmeerde bakplaat.
Klits die eiergeel met die orige melk en bestryk die rolletjies daarmee.
Plaas die rolletjies hoog in die oond en bak ongeveer 15 minute lank by 200ºC tot gaar of goudbruin. Die resep lewer 32 croissants.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/croissants.html

No comments:

Post a Comment