Friday, 1 February 2013

DEEG / PASTRY




DOOPBESLAG vir Vis

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
*Eie Resep Helena*
Bestanddele
250 ml Meelblom
2 ml Sout
5 ml Bakpoeier [ en n mespunt Koeksoda]
250 ml Water [ miskien nog n bietjie vir n lekker dun beslag ]


Metode
Sif die droë bestanddele saam en voeg genoeg vloeistof by om 'n dun beslag te vorm. Laat 15min. staan en doop jou vis wat in skoon koekmeel gerol en afgeskud is in jou beslag. [ ek gooi net n bietjie skoon vis speserye oor my vis voor ek dit in die meel rol.] Braai dan in lekker diep warm olie so 4-5min aan n kant..dreineer. Helena Kruger* Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 23/9 
.



LEKKER DEEGKORSIE VIR GEBAKTE VIS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
Dalene Brits
ek gebruik nie'n 'deeg' nie maar die meel vorm self sy 'deegkorsie'.
 Ek maak so:

Strooi die vis kwistig met visspeserye, ek gebruik geen sout.
Dan rol ek die vis in bruismeel waarin ek aromat ek crushed garlic (in die botteltjie) in gemeng het. Dan doop ek die vis in geklitste eier met ook 'n bietjie knoffel daarin en bak die vis. Dan het jy nooit 'n deeg wat te dik is nie.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*6/7/13.


VJs Guest House

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
Die selfde konsep, net 'n variasie daarop. As jy geen vis ruik in jou kombuis wil hê nie, of die heellik vars vis wil hê. Meng jou visspeserye met vars suurlemoen water, doop die fillet van hake daarin, daarna volg bogenoemde resep van Dalene. Jy kan o
ok 'n bietjie bakpoeier by die meel voeg. die deegie sal nie dik wees nie, maar uitgerys. Terloops die kwaliteit olie is baie belangrik as jy 'n ligte bruin kleur wil hê. Ou olie sal veroorsaak dat die fillet olierig voorkom en smaak. Dit geld ook vir chips vars gemaak.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 6/7/13 .
Helena Kruger
KLUITJIES OP POTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
250 ml bruismeel,
5 ml sout,
30 ml botter,
10 ml gekapte pietersielie,
water om te meng.
Sif meel en sout, vryf botter in, voeg pietersielie by en maak aan met water om sagte deeg te maak wat jy kan skep. Skep lepelsvol op potjiekos, sit deksel op en prut 30 min sonder om delsel te lig. Lena 14/03/10 .

Michelle Nel
Kluitjies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
375 ml bruismeel,
3 ml sout,
125 ml margarien,
2 eiers,
125 ml melk.
Meng die meel en sout. Vryf die margarien in die meel, klop die eiers en melk saam. Voeg by die meel. Skep die deeg lepels gewys op die kos bv. potjie/bredie. Sit die deksel op en kook 30 minute. Hoop dit is wat jy soek..

Yvonne Pelster
Kluitjies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
(Dumplings)
Boerekos
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml botter
1 eier, geklits
125 ml melk
Sif die droë bestanddele saam. Vryf die botter in. Klits die eier en die melk saam en voeg dit by die meelmengsel. Meng dit met 'n houtlepel totdat dit sag is. Voeg dit by die potjie en kook dit vir 15 minute lank. .
Helena Kruger
DEEG VIR N LEKKER VLEISROL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
2k Meel
2t Bakpoeier
1/2 t sout
1/2 k Botter
1 Eiergeel
60ml Koue Water
10ml Suurlemoensap
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf meel liggies in. Klits eiergeel, water en sap saam. Voeg watermengsel by die meelmengsel en meng tot n deeg. Voeg nog water by as deeg te styf is. Plaas op meelbestrooide oppervlak en rol deeg in n reghoek bere die deegreghoek in die yskas en maak jou eie lekker vulsel. skep afgekoelde vulsel bo-op reghoek en rol op soos n rolkoek sny jou kante mooi en sny n paar kepe met n skerp mes bo-op bak so 30min. by 180*C tot mooi ligbruin bo-op in n voorafverhitte oond!!![ vulsels soos: maalvleis met n lekker dik witsous in...maalvleis met kerrie-appel in..enige iets lekker ] Helena 5/2  .


Helena Kruger
DEEG SKELMPIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
1 1/2 kop. meelblom.
1/4 tl. sout.
1 1/2 tl. bakpoeier.
peper.
1 eier.
1 kop. melk.
Klits eiers en melk goed. Roer stadig by meel, sout en bakpoeier. Doop stukkies hoender of enige koue vleis daarin en bak in warm olie PETERJASIE 12/10 
.

SMEERDEGIE VIR SOET TERTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
250 ml Botter of Margarien
500 ml Koekmeel
30 ml Mielieblom
30 ml Versiersuiker
2 ml Sout
Meng alles saam. Dis ‘n sagte deeg. Druk in tertpanne met agterkant van lepel of met die vingers. Prik vol gaatjies met vurk. Bak in voorafverhitte oond (180ºC) vir 15 minute. Laat afkoel voor gebruik. CAROL 12/10

























Riana Le Roux


Het gisteraand die lui "huisvrou deeg" gemaak vir oor my hoender en my mense was mal daaroor ek het by die deeg so halwe koppie parmesan kaas gevoeg

Die PASTEIDEEG vir lui vroue soos ek

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
• 1k koekmeel
• 2 t bakpoeier
• 125 ml botter of margarien
• ¾ k melk
• 1 eier
• 2 ml sout
• Vryf botter in meel.
• Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.
• Drup bo-oor die hoender en bak by 180°C.
Wanneer die luivroudeeg gebruik word, moet die vleis lekker souserig wees. Die vleissous bak “in die deeg in”. Dit deug ewe goed op maalvleis of wildvleis wat ontbeen is. Kotie Wagenar !!!!!!12/10.




Foto<Helena Kruger


SLAPDEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
1 k (250 g) koekmeelblom
1 t (5 ml) bakpoeier
1/2 t (2,5 ml) sout
1 eier
1/2 k (125 ml) melk
1/2 k (125 ml) olie

Meng al die bestanddele om n slap beslag te vorm. Gooi oor die vleis en bak 45 minute by 200*C Sit warm voor saam met groente.*n.s>Sny uie ringe en plaas bo-op beslag voor jy bak..Helena Kruger


OORSKIET KERRIE SKAAPRIB PASTEI
Het sommer oorskiet Kerrie Skaaprib fyn gesny en aartappelblokkies in die mic gekook, spinasie wat gaar was bygevoeg so n koppie vol, bietjie ertjies, en genoeg van die skaaprib se kerriesous bietjie sout en peper en n lekker SLAPDEEG* gemaak en oorgegooi gebak vir 25min by 200*C..Maklik en mens mors niks nie**Helena Kruger *20/01/2016**resep vir SLAPDEEG* bo die foto

 



 

 *****************************************************************************************************



                                                
VINNIGE PASTEIKORS
SLAPDEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
125ml meelblom

2t bakpoeier

Knippie sout
30ml botter [2e]
1 eier
125ml melk
Voorverhit die oond tot 200*C[400*F]
Sif droee bestanddele saam
Vryf botter met die vingerpunte in
Klits eier, voeg melk daarby e meng met die eerste mengsel tot n slap deeg
Drup lepelsvol op warm gaar vleis in n bakskottel en bak sowat 10minute
WENK
Vir n soetdeeg soos by n vrugtepastei, voeg 30ml[2e] suiker by die droee bestanddele
*Theresa Wessels*17/09/2015*
      Foto* Theresa Wessels


Helena Kruger
FOR THE CHILLI BITE MIX

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
1 cup gram flour
1 teaspoon chili powder
2 teaspoons masala
1 teaspoon cumin, lightly crushed
2 teaspoons salt
Combine all ingredients for the chilli bite mix.
Add veg and herbs to it and combine.
Add water if necessary to make it a fairly thick batter.
Drop tsp size amounts into hot oil. “Bhajia”!!!!15/12/10
.

QUICK PUFF PASTRY:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
Makes 500g
•Ingredients
•250g strong (baker's) flour (see note)
•250g unsalted butter, chopped (at room temperature)
•Method
Step 1 Sift the flour into a large bowl with a good pinch of sea salt.
Step 2 Add butter to the flour and rub in using your hands. You should still be able to see chunks of butter. Make a well in the centre, add 100ml cold water and combine, adding a little more water if necessary, until you have a firm rough dough.
Step 3 Roll out on a lightly floured board into to a rectangle about 20cm x 50cm. You should be able to see streaks of butter in the pastry.
Step 4 Fold a third of the pastry into the centre, then fold the bottom third up over that. Give dough a quarter turn and roll out again. Repeat folding, rolling and turning twice more.
Step 5 Chill pastry for 30 minutes before using.* Berie Vd Velden Smith  .

SKILFERKORSDEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Winter 2009
500 g ongesoute botter
500 g koekmeel
250 ml sodawater
15 ml brandewyn of suurlemoensap
Sny botter in blokkies.
Sif meel en voeg botter by. Meng effens deur. Voeg sodawater en brandewyn of suurlemoensap by.
Maak aan tot ’n deeg. Bedek met kleefplastiek en laat in die yskas rus vir 30 minute.
Begin die deeg in een rigting op ’n meelbestrooide oppervlak uitrol. 5 Vou die deeg van agter na voor. Vee die oortollige meel af. 6 Vou die deeg van die kant na die middel en herhaal proses tot al die botter ingewerk is. Laat die deeg ná elke twee rolle in die yskas rus – dit moet koud bly..


TUISGEMAAKTE SKILFERKORS
550g koekmeel
5 ml kremetart
250 ml kookwater.
knippie sout

 Meng meel, sout en kremetart.
Plaas botter in 'n aparte bak, voeg kookwater by en laat laat botter smelt, maar dit moet nog klonterig wees.
Voeg die bottermengsel by die meelmengsel en meng goed, sonder om te veel te meng.
Gooi uit op 'n bord en laat in die yskas oornag.
Rol deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak en gebruik dan soos vir jou eie pasteie.
Hierdie deeg vries besonder goed.


.Annerise Augustyn
Skilfekorsdeeg

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
500g margarien in blokkies gesny,
550g koekmeel,
5ml kremetart,
250ml kookwater en knippie sout.
Meng meel, sout en kremetart. Plaas margarien in 'n aparte bak, voeg kookwater by en laat botter smelt,
maar dit moet nog klonterig wees. Voeg bottermengsel by die meelmengsel en meng goed, sonder om te veel te meng.
Gooi uit op 'n bord en laat in yskas oornag. Rol deeg uit op 'n meelbestrooide oppervlak en gebruik soos vir jou eie pasteie.
Hierdie deeg vries besonder goed.  

.

Shortcrust Pastry 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
Heerlik vir enige soet tert
1 cup plain flour
3 oz butter
2 tablespoons cold water
Instructions
- Put flour and butter in a food processor
- wizz on a fast speed until they resemble breadcrumbs.
- add COLD water
- on a slower speed mix with a pulse action until it starts to come together.
Usually I roll out the shortcrust pastry and then cut to size, but this time I just pressed it into the pie dish with clean hands...
it took a while but I did not have to clean a rolling pin , and I didnt have leftover pastry! 


Louise Groenewald
PASTEIDEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
(INA PAARMAN) - werk ook in die mikrogolf
genoeg vir 1 pastei
1 k (250 g) koekmeelblom
1 t (5 ml) bakpoeier
1/2 t (2,5 ml) sout
'n knippie borrie
1 eier
1/2 k (125 ml) melk
1/2 k (125 ml) olie
1/2 k (125 ml) gerasperde cheddarkaas
Meng al die bestanddele behalwe die kaas om 'n dik beslag te vorm. Gooi oor die vleis en bak 45 minute by 200grC. Sprinkel die kaas 15 minute voor die pastei gaar is oor. Sit warm voor saam met groente.  .


Maré Nieuwoudt
Sweet potato dough

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
same as sweet potato doughnuts without the sugar scabs. You might want to double the recipe..
I can't promise that the amount of dough will match the amount of coconut shrimp filling. You might end up with extra filling as I did. Freeze it for making more another time.
1 1/2 cups of steamed, completely cooled and mashed sweet potatoes ( I used slightly more than 1 1/2)
About 3/4 cup of plain flour or less
1/2 tsp salt
Mix all above ingredients together until it becomes a firm dough.
Filling .
3-4 shallots, peeled and sliced
2 garlic
3 slices fresh ginger
2-3 red chillies
3 heaped tablespoons of dried shrimps, re-hydrated
1 tsp tumeric powder or 1/2 inch fresh tumeric
6-7 prawns, shelled, de-veined and chopped finely
1 large or 2 skinny lemon grass, the white part sliced finely
2 T cooking oil, any vegetable oil
21/4 cups of freshly grated coconut
Pound the onions, garlic and dried shrimps and fresh tumeric if using, in a pestle and mortar, until it becomes a moderately fine mush.
Heat a pan. Pour in the cooking oil. Saute the pounded ingredients, and powdered tumeric at this point if using, until fragrant and turning lightly brown around the edges.
Add the diced fresh prawns, sliced lemom grass and stir to mix in and until the prawns just turn pink. Add the grated coconut and mix well over low heat. Add a touch of water if the mixture seems a little dry. The mixture should be moist but NOT wet. add salt and pepper to taste. Leave aside to cool.
Shape the dough into balls the size of ping pong balls or perhaps slightly larger. Make a spacious depression in the centre and fill with the coconut-shrimp filling. At least a heaped teaspoon of it. Cover up and seal. Shape into a ball and then flatten it so that it looks like a fat chubby disc. Keep on a plate and finish off the rest of the dough and filling. Any extra filling can be frozen and then defrosted to be used when you make more next time.
Heat medium pan. Add cooking oil to about an inch deep. Heat the oil till hot. Fry the cucur badak until a deep golden brown. Drain on kitchen paper to rid of excess oil. Serve warm or at room temperature. I like it at room temperature. - cherryoncake..


Jaco Redelinghuys
ROOIES (GROBBELAAR) SE
AARTAPPEL PASTEIE


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
500g maalvleis
5 medium aartappels, geskil en blokke gesny
2 - 3 koppies koekmeel
pakkie soppoeier (oxtail)
olie vir diepbraai
maak maalvleis gaar. bind met soppoeier. laat eenkant staan om koud te word.
kook aartappels tot gaar en druk fyn met "masher". voeg nou die koekmeel by die aartappels tot 'n stewige deeg vorm.
rol die deeg uit en druk vorms uit die deeg.
skep nou van die maalvleis op elke deegvorm, vou die deeg oor die maalvleis en druk vas met 'n vurk. herhaal tot jy genoeg pasteie het. maak olie warm en bak tot gaar. .


Linda Burger Visser
DEEG VIR KOEKIES/TERTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
Ek gebruik die deeg vir alle koekies en tertkorse. My dogter noem dit “huis koekies”.
1 kop botter/marg
3 kop meel
1 kop suiker
2 t bakpoeier
2 eiers
½ t sout
1 t vanielje
Verroom botter en suiker, voeg eiers by dan vanielje en droê bestanddele. Dis ‘n lekker sagte deeg. Soms is dit te slap dan voeg ek meel by tot dit los van die kante kom. Druk in tertbakke met vingers. Bak res vir die man in die huis!! Voeg 1 t kaneel, 1 t gemengde speserye en handvol vrugtekoekmengsel of korente in, of klapper en sjokelade vir romany creams, of ….. gebruik jou verbeelding! Bak by ongeveer 180C tot goudbruin.
Vervang die suiker met 1 kop gerasperde kaas vir soutkoekies maar maak dan die meel minder anders is dit te styf. Varieer dit ook met bv fyn chips, rooipeper, of wat ook al. .





Riana Du Plessis
BISCUIT PASTRY

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
This pastry is ideal for fruit tarts an a "melktert" base
200ml castor sugar
30ml sunflower oil
250 g butter or margerine
2 eggs
5 ml vanilla or lemon essence
500 ml cake flour sifted
500 ml self raising flour
method:
cream sugar, oil and butter together until well blended. Add eggs and essence and stir to blend. Fold in flours and mix to a soft dough. Use as a crust for pies and tarts
  .

Michelle Nel Deeg.
DEEG VIR VIS BAK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
3 eiers,
100 melk.
Klop die eiers en melk.
1 koppie meel.
Geur jou vis met sout en peper.
Rol die vis in die meel en dan in die melk en eiermensel.
Bak in olie. Dit neem gewoonlik so 4 minute per sy - afhangende van hoe dik die stukke is  .

Karen AndJohann Roos
Sour Cream Flaky Pastry:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
250g plain Flour + 1 tsp salt (for savoury or a pinch)
200g butter, chopped into small blocks
Mix in a Kenwood beater on medium until crumbs.
Add:
125ml sour cream, a bit at a time + beat till combined.
Scrape out, place in cling film + chill 30 mins.
Roll out on floured board and line muffin tins or pie dish.
Eunanza Farrell
Pasteideeg

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
1k koekmeel
2 t bakpoeier
125 ml botter of margarien
¾ k melk
1 eier
2 ml sout
Vryf botter in meel.
Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.
Drup bo-oor die vleis en bak by 180°C
.

Alida van der Linde
LEKKER DEGIE VIR VLEISPASTEIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
125ml melk,
125ml sonneblomolie,
1 eier
100g (¾K)koekmeelblom,
10ml bakpoeier,
knippie sout.
meng droë bestanddele, klits res en meng. Gooi oor jou vleisie en oond toe met hom, tot gaar en bietjie bruin



Berie Smith
PASTEIDEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
[ek gebruik al jare hierdie een, dit werk en is ook nie so duur nie, maak pasteitjies en worsrolletjies met hom.]
2 K meelblom
2 t bakpoeier
knippie sout
125 g Holsum-vet
1 eier, geklits
melk soos benodig
Verhit die vet of olie in 'n groot pan.
Voeg die gekapte ui by en braai tot sag en deurskynend.
Meng die gemaalde bees- en varkvleis, gaar wortelstukkies, pietersielie en geurmiddels en voeg by.
Roer oor matige hitte tot die vleis nie meer rooi is nie.
Moenie te lank kook nie, want jy gaan dit weer in oond bak.
Sif meelblom oor die vleismengsel en roer tot goed gemeng met die vleis en pansappe.
Verwyder van die stoof en laat tot kamertemperatuur afkoel.

OM DEEG TE MAAK:
Sif die meelblom met die bakpoeier en sout.
Vryf die vet in die meel.
Voeg geklitste eier by met genoeg melk om 'n deeg te vorm wat maklik sal uitrol.
Rol baie dun uit en sny in sirkels.
Skep die vleisvulsel op een helfte van elke deegsirkel.
Maak die rante klam, vou oor en druk vas.
Druk 'n riffelpatroon met 'n vurk om die rante.
Bak in 'n voorverhitte oond by 180 grade C tot goudkleurig en gaar.



Peggy Devine
AARTAPPEL KORS VIR PASTEIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
Deeg

(Krimp glad nie)
2 k meel
1 kg aartappels (gekook en fyngemash)
500g botter gerasper
3 t bakpoeier
1 eier
Meng alles en rol uit. As deeg bietjie te styf is, voeg bietjie melk by.
n Mens kan pasteie klaar bak, vries en weer warm in micro sal geen verskil proe.
BAIE LEKKER EN MAKLIK  - MY EIE



CHEESE PASTRY

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
Hirch’s recipe
Use this recipe for quiches, tarts, cheese straws and more!
 Ingredients
- 200 g mature Cheddar cheese
- 280 g cake flour (500 ml)
- 2 ml ground cayenne pepper
- 2 ml powdered nutmeg
- Salt and freshly ground black pepper to taste
- 250 g hard butter, cubed


 Instructions
Fit the food processor with the grater blade, grate the cheese, and remove cheese from the bowl.
Now fit the food processor with the double knife steel blade and place flour and seasoning into the bowl, process to mix.
Add in the cheese and pulse to mix into the flour.
With the machine running, drop the cubed butter down the feeder tube.
Continue to run the machine until the mixture forms a ball.
Remove from the bowl. Wrap in plastic wrap and refrigerate for at least 30 minutes.
Roll out and use as required
Use for savoury tart bases or cheese snacks such as cheese straws.
Best baked on combination or convection.
Cheese Straws: Preheat oven to 200°C/180ºC fan/Gas mark 6 and bake cheese straws for 10 – 12 minutes until golden brown.
 Sufficient for 2 x 22- 24 cm pie bases ..


Elda Lombard
OUMA BAK
OBLIETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
500 g bruinsuiker
2 eiers
250 g botter (gesmelt)
15 ml fyn kaneel
10 ml droë nartjieskil (fyn gestamp)
100-125 ml volroomsjerrie
480 g koekmeelblom
Klits suiker en eiers saam lot romerig. Voeg botter, kaneel en nartjieskil by en meng. Voeg sjerrie by en meng. Voeg gesifte meelblom by en meng tot stewige deeg.
Indien nodig voeg meer meel by.
Vorm bolletjies en plaas in middel van oblietjiepan. Maak toe en bak
sowat 30-40 sekondes aan elke Kant tot goudbruin en gaar. Rol dadelik
op deur gebruik te maak van dik steel van houtlepel of roomhorinkievorms. Vul met styf geklopte gegeurde room en sit voor..


Karin Kleinhans
Maklike pastei deeg

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
4 kop meel,
500gr margarine(nie lite)
1 kop kookwater en
1 eetl sout.
Rasper driekwart van die margarine en gooi kop kookwater daarop.
Laat effens afkoel en gooi margarine mengsel by die meel.
Knie liggies - dis so sagte deeg.Sit in yskas tot afgekoel.
Rol uit en rasper oorblywende kwart margarine daaroor.Vou toe en bere in ys of vrieskas.
Sny af soos nodig.Dit is baie lekker en baie maklik!Ek het altyd deeg in my vrieskas!. .





MY STAATMAKER DEGIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/deeg-resepte.html
'n Kosmater vertel: Eek het al letterlik honderde vleistertjies op bestelling hiermee gebak- Maklik, vinnig, goedkoop en lekker:
2k meel,
230g margarine (Stork) en
½ k kookwater.
Sout
Gooi margarine in kookwater - na rukkie sal dit heeltemal smelt. Voeg by meel en meng. O ja, so bietjie sout ook.
So lekker slap degie. Moenie skrik nie. Plaas in yskas (so uur of wat tot styf en hanteerbaar.) Rol uit en gebruik! #pasteideeg  #pastekors  #pasteitjiekors
 Geplaas deur: Corrie Pretorius du Plessis  
Lekker resepte vir die jongergeslag.

Ronel Rossouw
DOPPIES in muffinpannetjies
250ml suiker 
2 eiers 
Meng die 3 baie goed in menger tot sag en romerig. 
4 k koekmeel
2 tlps bakpoeier
knippie sout
Voeg koekmeel by so 4 koppies en 2 teelepels bakpoeier en knippie sout meng goed deur. As die deeg te sag is voeg bietjie vir bietjie koekmeel by. Moenie te styf wees nie. Rol in balletjies en plaas in pannetjies en druk met drukker. Bak in oond tot goud bruin. Maak +- 9doz.



Marius En Lizelle Leach
SODA WATER BROSKORSDEEG VIR WORSROLLETJIES
2 ml (½ t) sout
250 g Stork Bake, in blokkies gesny
80 ml (¹/³ k) yskoue sodawater
30 ml (2 e) suurlemoensap

METODE:

Meng die meel en sout in ’n bak. Voeg die STORK BAKE by en vryf dit met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die sodawater en sap by en meng tot ’n stywe deeg. Vorm in ’n bal, draai in kleefplastiek toe en plaas vir 1 uur in die yskas. Maak dan jou worsrolletjies met die resep wat jy verkies.


No comments:

Post a Comment