Friday, 1 February 2013

GROENTE / VRUGTE IN MIKROGOLF




VYFSTER-AARTAPPELGEREG VAN JOE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pap-vrugte-in-mikrogolf.html

[WOES FORUM]

Neem 5 -7 groot gewaste aartappels en sny in skywe van 3-4mm dik en pak in mikrogofbestande bak.
Neem mengbeker en gooi paar stukke margarien daarin en bietjie water en ‘n goeie klomp Mrs Balls c...hutney.
Sit in mikrogolf net tot margarien gesmelt het. Dit moenie kook nie!
Voeg nou ‘n pakkie bruin uiesoppoeier by en roer dit goed.
Sit terug in mikrogolf vir 30 sekondes.
Gooi nou hierdie mengsel oor die aartappelskywe.
Bedek die bak met cling wrap.
Steek so 3 gaatjies in die cling wrap met ‘n mes, vir die stoom om te ontsnap.
Sit in mikrogolf op HOOG vir 15 minute en dan op MEDIUM vir ‘n verdere 15 minute of tot aartappels sag en gaar is.






Milly Louw
AARTAPPELGERG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pap-vrugte-in-mikrogolf.html
*Mic*
My gesin gaande oordie atappel dis: aartappels in ringe gesny,asook ui in netjiese fyn ringe gesny, gerasperde kaas, aromat en pepper en margerien(botter te ryk) pak lae aartappel/ druk ui se ring netjies oop strooi lae ook kaas, sout en peper, tot bak vol,heel bo, sommer mooi dik lagie kaas bo op," neem sampioensous en melk, meng goed, gooi bo-oor sit so paar stukkies margerien Bo-op, maak pyrexbak toe, sit nat lappie bo-op deksel en sit in mikrogolf of "high" vir so 10 min, laat bietjie rus, dan weer vir so 10 min, maak net seker dat nie oorkook nie, wk stel altyd mikrogolf 10 min hoe hitte 10 meium 10 laag, (ete op sy eie) !
 

  


Brokkoli en kaassous


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pap-vrugte-in-mikrogolf.html
25ml Botter
30ml Meelblom
2,5ml Sout
250ml Melk,warm
250ml Gerasperde kaas
2x250g Gevriesde Brokkoli
1Tamatie in skyfies gesny
METODE:
Maak witsous van botter, meel, sout, en melk
Roer kaas by
Plaas brokkoli met stingels na buitekant van bak
Bedek met kleefplastiek en kook op HIGH vir 8-10min. of tot brokkoli gaar is maar nog bros
Gooi Kaasous oor en versier met tamatie skyfies
Kook op ROAST{ bietjie meer as med.]vir so 3-4min tot deurwarm
Geen vuil kastrolle nie ne!!!
14 January 2010 !!! Helena





GROENBOONTJIES EN SAMPIOEN GEREG


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pap-vrugte-in-mikrogolf.html
(MIKROGOLF)
250g vars of bevrore groenboontjies
30ml botter
100g uie gekap (1 Middelslag)
250g sampioene
Gerasperde parmesaan- of cheddarkaas om oor te strooi
SOUS
150ml Bulgaarse jogurt
125ml room
5ml gerasperde ui
1 hoenderaftrekselblokkie verkrummel
5ml mielieblom
2ml paprika
Swart en wit peper na smaak
Sout na smaak
Meng die sousbestandele saam en laat staan vir 1 uur.
Plaas boontjies in’n plastieksak.
Mikrogolf botter 1 min op hoog in ‘n plastiek beker.
Voeg uie by en mikrogolf vir 5min op hoog.
Voeg sampioene by en mikrogolf 1min op hoog.
Plaas uiemengsel by boontjies in sak.
Bind sak lossies toe met ‘n rek of tou en plaas op ‘n stuk karton. Mikrogolf 10min op medium.
Hou eenkant.
Mikrogolf sousbestandele op hoog tot dik – roer af en toe.
Plaas boontjie mengsel in ‘n oondbak en giet sous oor.
Strooi kaas oor en mikrogolf vir 8-10min op medium..
Stap vir stap in die mikrogolf* Rina Kleinhans
WENK: ‘n Plastiek sak word op ‘n stuk karton geplaas om te verhoed dat dit aan die draaitafel kleef





Helena Kruger
Mikrogolf Groen Mielies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pap-vrugte-in-mikrogolf.html
Jy trek die mielie se blare af maar los die laaste paar blare wat die pitte bedek.
Mikrogolf dan die mielies op 100 persent krag vir vier minute vir die eerste mielie en twee minute vir elke bykomende mielie.
Wanneer jy ’n mielie met die blare wat jy op die mielie los in die mikrogolf gaarmaak het die mielie baie meer van sy natuurlike geur as wanneer jy dit sou kook
.”Bonthuys resepte” 27/1/11 Lekker Vinnig!!!Helena 






Eastwood Loftus Nel
HEERLIKE  MIKROGOLF PATATS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pap-vrugte-in-mikrogolf.html
Vir die ouer geslag ook. Mikro-golf patat. - Smeer patat met olie en sit op kleinbordtjie. Mikro dit vir 2 minute en draai om. Mikro weer vir nog 2 minute. (Patat bak net aan die onderkant) Herhaal, afhangende van patat se groote, nog so slag of wat. Waneer sag, maar tog ferm is, vlek oop + smeer botter + spronkel met fyn kaneel. Sit weer in mikro vir 30 sek. Smaak net soos oond gebraaide patat.



 




Gebakte kweper 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pap-vrugte-in-mikrogolf.html
Die burger
Was die skil goed af om al die wol te verwyder. Sny 'n voetjie af sodat die kweper gelyk staan.
Smeer buite om met botter. Draai toe met bruin of botterpapier. Maak gaar op hoog 5 of 6 minute lank.
Dis heerlik saam met vleisgeregte of vis as 'n bykos.   18/4/12


 


Peggy Devine
Butternut met sweetcorn

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-pap-vrugte-in-mikrogolf.html
1 groot butternut
1 blikkie sweetcorn
250 ml room
Skil die butternut sny in blokkies, meng die room en sweetcorn by. (Gebruik n glasbak met deksel) sit in mic op high vir 30 min.
Baie baie lekker.
WENK: deur Julanda Swanepoel... Was en steek butternut vol gatjies sit 7 min in mic op hoog, laat afkoel dit skil en sny makliker. En dit werk

No comments:

Post a Comment