Friday, 1 February 2013

NAGEREG / TERTE IN MIKROGOLF




Y0GHURT EN KONDENSMELKTERTAncoise Strydom
Iemand het die lekker tert geplaas dink tert met n twist, sal die skuldige na vore kom asb.. Hehehe
Ek het 1kg aarbei yougurt gebruik
I blikkie blou bessies
2 flakes ingekrummel
1 blikkie kondensmelk

Als gemeng en on my bespuite silikon ring koekpan gesit.
Toe maak ek n pakkie marie beskuitjues fyn en meng 80 ml gesmelte botter daarby en druk dit liggies op die mengsel vas . Bak 4 minute in mikrogolf oond.
Plaas in yskas en laat stol minstens 5 ure .
Versier met nog n flake en bietjie bloubessies
Die uiteinde is heerlik.. Julle kan dit gerus probeer.


n.s> Maryna Muller
Ek maak ook n yogurt tert en gebruik 2 pakkies jellie met 2 koppies water opgelos saam met 1kg yogurt, ek bak hom gladnie laat net stol in yskas.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html

Carin Ras Wilson
MIKROGOLF Melktert 
 Leer Kook Met Jou Mikrogolf
Vir die kors pak jy tennis beskuitjies in die bak
Bestanddele Vulsel
800 ml melk
2 eiers
100g (125 ml) suiker
25g (50 ml) koekmeelblom
25g (50 ml) mielieblom
knypie sout
15 ml botter of magarien
2 ml vanieljegeursel
gemaalde kaneel


Metode
Bring melk tot kookpunt in die mikrogolfoond.
Klits eiers goed, voeg suiker by en meng.
Voeg koekmeelblom, mielieblom en sout by eiermengsel en meng goed.
Voeg eiermengsel by melk en roer goed en sit die vanieljegeursel by.
Sit terug in mikrogolfoond en kook tot dik, maar onthou om so elke minuut dit te roer anders maak dit klonte.
As klaar gaar is en dik genoeg, gooi in bak met tennisbeskuitjies as kors.
Strooi kaneel oor en sit in yskas vir so 3 ure en geniet.
(Hierdie resep se geheim is regtig die roer, baie belangrik)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html



MIKROGOLF  MELKTERT

FANTASTIES
Tennis beskuitjies gepak in groot tertbak vir krs
1 blik kondensmelk
1 blik melk
2 blikke water
12,5ml (1E) Margarien
4 eiers geskei
150ml mielieblom aangemaak met bietjie melk
7ml vanilla
Verhit die kondensmelk, melk, water en margarien in ongeveer 8 min op 100% krag.  
Meng die eier gele, aangemaakte mielieblom en vanilla saam en voeg by melkmengsel. Mikrogolf vir 4min by 100% krag, roer na elke minuut tot lekker dik.
Klop eierwitte styf en vou in mengsel in. Gooi in tertbak, strooi kaneel bo-oor en sit in die yskas tot afgekoel.
Geplaas deur: Petro Botha

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html

Carol Elliott Claassen
MIKROGOLF GEMMERPOEDING RESEP
125gr margarine
¾ koppie bruin suiker
¾ koppie melk
sout
1 eetl. Apperkoos konfyt
1 koppie meel
¾ eetl. Koeksoda (dis reg, eetlepel)
Meng alles bo saam tot slap deeg.
Skep in bak.
SOUS
2 koppies kookwater
2 teel. Gemmer
1 ½ koppie wit suiker
Meng tot gesmelt en gooi oor deeg. Sit "gladwrap" oor (of deksel van bak)
Bak 12min op hoog, verkieslik op omgekeerde piering. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html



                                                                 >wegsleep<
Riana Viljoen
LEKKER SOUSKLUITJIES
Sous :
Mikrogolf 

500 ml water,
10g botter 
50 ml suiker & 
25 ml mielieblom saam vir 3 min oop by 100 % krag.
Beslag :
125 ml koekmeel,
10ml suiker,
5 ml bakpoeier,
10 g botter/margarien
30ml melk
1 geklopte eier.


Metode :
Skep lepelsvol v beslag in warm stroop,bedek & mikrogolf vir 2 min by 100% krag.
Laat staan 'n wyle voor jy dit oopmaak. Dis 'n lekker klein reseppie die,genoeg vir 2 mense  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Lidia Theron
Ek het hierdie resep baie jare gelede, toe Rapport se tydskrif nog lekker resepte gehad het, van daar afgeskryf. Dis ook nog toe mikrogolfoonde nie almal 'n draaibord gehad het nie. Ek het dit al telekmale gemaak en elke keer komplimente daarvoor gekry. Die karamellekkers vir die sous, is daai lekker karamellekkers met die riffeltjies op.
MIKRO MAKLIKE KARRINGMELKPOEDING
(6 porsies)
90 g (100 ml) botter 160 g (200 ml suiker
2 ekstra groot eiers 140 g (250 ml) bruismeel
1 ml sout 250 ml melk
500 ml karringmelk
Spuit ‘n 22cm glasbak met Spray & Cook.
Verroom die botter en suiker.
Voeg die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging.
Sif die bruismeel en sout saam, meng ook die melk en karringmelk.
Vou die droë bestanddele beurtelings met die melkmengsel by die bottermengsel in.
Skep uit in die bak.
Mikrogolf bo-op ‘n omgekeerde piering @ 50% krag vir 15 minute.
Laat staan vir 10 minute om te stabiliseer.
Bedien met sous.
Karamelsous:
2 pakkies (69 g elk) roomkaramel lekkers
125 ml melk 5 ml vanilla
Plaas al die bestanddele in ‘n mikrogolf vaste bak.
Mikrogolf vir 2 minute op hoog.
Roer goed.
MOENIE OOR GAARMAAK NIE. Dit moet nog half drillerig wees. Dit stol in die tyd wat dit moet staan en stabiliseer.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Carin Ras Wilson
Leer Kook Met Jou Mikrogolf
MICROWAVE LEMON MERINGUE IN 2 MINUTES:
[ARGILLA]
Tennis biscuits, crushed
margarine
1 tin condensed milk
3 eggs, separated
2 lemons, juice extracted


Melt butter in the Small Classic Gourmet Roaster. Add the crushed biscuits and line bowl with crust. Mix condensed milk, yolks and the lemon juice in the Large Mixing Bowl. Whisk the egg whites until stiff in the Small Mixing Bowl. Fold the stiff egg whites into the condensed milk-mixture. Pour the mixture onto the biscuit crust. Microwave for 2 minutes. Cool it and enjoy!
(Hint: To prepare Lemon Meringue for more people – rather prepare 2 smaller tarts using the Small Classic Gourmet Roaster, than doubling the ingredients and baking it in a bigger bowl like the Square Pie Dish.) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html



Gerda Potgieter
Ek het ń baie beproefde resep vir 'n melktert in die Mikrogolfoond. Ek het hom in 1983 my Rene Teichman gekry wat die Litton oond aan my verkoop het. Ek het hom al honderde kere gemaak. Ek sien hy is op die blog maar gee hom weer want daar is wenke by wat hom flatervry maak.

Melktert vir die Mikrogolf
Pak tennisbeskuitjies onder in 'n vierkantige Pyrex bak. Die geheim is om net die beskuitjies
vinnig in melk te doop. Dan raak dit deel van die tert en bly nie beskuitjies met 'n vulsel op nie.
1 Blik kondensmelk,
1 blik melk,
2 blikke water en
1 eetlepel margarien.
Kook vir ongeveer 8 min op 100% krag.
4 eiers geskei en die gele gekits.
150 ml mielieblom. Dis bietjie meer as 'n halwe koppie aangemaak met bietjie melk.
7 ml Vanilla geursel.
Meng alles saam en voeg by vorige melkmengsel.
Kook vir 4 min op 100% krag of tot dik. Roer na elke min.
Klits eierwitte tot styf en vou in mengsel. Gooi op beskuitjiekors.
Laat heeltemal koud word voordat jy dit sny anders is dit nie heeltemal gestol nie.
Ek maak dit altyd dan bietjie warm voor opdiening.
Ek het 'n baie ou platterige plastiekbak (reghoekig) met 'n deksel.
Ek kan nie vir julle se hoeveel melkterte skool toe gegaan het nie. Die onderwysers was altyd bly om 'n melktert te kry, so ook my vriendinne.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Riana Du Plessis
MICROWAVE Chocolate sponge pudding
-(microwave )
Syrup:
25ml cocoa
125ml brown sugar
250 ml water
microwave the ingredients on 100% power for 2 minutes, stir until sugar has dissolved and microwave on 100% power for another 3 min, ALLOW TO COOL SLIGHTLY
sponge pudding:
50g (60ml) butter
200ml sugar
1 egg
250 ml cake flour
15ml baking powder
pinch of salt
25ml cocoa
170ml milk
2,5ml caramel essence
Cream butter and sugar, beat in the egg
sift the dry ingredients and stir alternatively with milk into egg mixture,
stir in caramel essence
spoon mixture in lightly greased round dish/or square dish
pour syrup over mix and MICROWAVE for 9 minutes on 100% power
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Santi Van Der Merwe
MIKROGOLF  Melktert
1 blikkie gekondenseerde melk,
drie blikkies melk,
eetlepel botter
Kook in mikrogolf vir 10 minute
Meng 75 ml. Meizina met bietjie melk, 3 eiers en 1 teelepel Vanilla
Voeg by die melkmengsel wat gekook het en mikrogolf vir 2 minute, roer goed en mikrogolf vir nog twee minute. Klits mengsel baie goed met draadklitser en gooi in gesmeerde bak wat uitgevoer is met Tennis beskuitjies
Strooi met kaneel en laat afkoel voor jy dit toemaak met plastiek en in die yskas sit  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Celeste Brown
MIKROGOLF Malvapoeding
[Mikrogolf]
Sous:
50ml water,
125ml melk,
60ml botter,
60ml suiker,
2ml vanilla


Mikrogolf water tot kookpunt, voeg res van bestandele by, mikrogolf nog minuut, hou eenkant.

Deeg:
1 eier,
25ml appelkooskonfyt,
5ml bakpoeier,
5ml koeksoda,
125ml koekmeel,
125ml suiker,
250ml melk,
2ml sout
Deeg: meng eiers en suiker goed, voeg konfyt by en roer.
Sif meel, bakpoeier en sout bo-oor, meng goed.
Los koeksoda in melk op, voeg by meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg.
Mikrogolf vir 7min op hoog of tot gaar. (dubbel beslag vat so 12 tot 14min )
Gooi sous bo-oor en laat staan so bietjie. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Maré Nieuwoudt
Mikrogolf jogurttert
Deur Nicolene Fourie
Lewer ’n groot tert
Bereiding: 5 minute
Baktyd: 5 minute
KORS
1 pakkie (200 g) Tennis-beskuitjies, fyngemaak
45 ml (3 e) botter, gesmelt
VULSEL
500 ml (2 k) vrugtejogurt
1 blik (387 g) kondensmelk
AFRONDING
bessies
KORS
Meng die bestanddele en druk vas in ’n tertbord.
VULSEL
Meng die bestanddele en skep op die kors.
Mikrogolf 5 minute by 100-persent-krag. Laat afkoel en verkoel.
AFRONDING
Versier met bessies van jou keuse.Huisgenoot .
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Carol Elliott Claassen
MIKROGOLF ROSYNTJIEPOEDING
SPOTTED DICK
[ Rosyntjiepoeding]
125 g botter
125 g strooisuiker
2 eiers geklits
175 g bruismeel
knypie sout
15 ml gerasperde suurlemoenskil
100 g rosyntjies
30 - 45 ml Brandewyn [opsioneel]
Smeer 1 lt pannetjie/bak liggies.
Verroom botter en suiker en voeg eiers geleidelik by.
Vou die meel, bakpoeier, sout, suurlemoenskil, rosyntjies en brandewyn by bottermengsel.Gooi in voorbereide pannetjie.Bedek met kleefplastiek.
Mirkrogolf op 50% krag vir ongeveer 10 minute, moet ferm wees wanneer jy daaraan raak.Laat afkoel vir 5 minute. Keer uit en bedien met vla of brandewynsous.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html

Christina Stienie Breed
MIKROGOLF KORSLOSE MELKTERT
8 porsies
20ml. Botter/margarine
4 groot eiers geskei
Soetmaakmiddel na smaak
80gm banketmeelblom
5 ml.bakpoeier
Knippie sout
800 ml. Afgeroomde melk
5ml. Vanielje-essens
Kaneel



Plaas botter/marg. In n groot bak. Smelt vir 20-30 sekondes op HOOG.
Klits eiergele en soetmaakmiddel by. Sif meel, bakpoeier en sout en voeg om die beurt by die melk
Voeg vanielje by. Klits die eierwitte tot ferm en vou in. Plaas in n groot quiche- of tertbak wat met nie-kleefsproei bespuit is. Sprinkel met kaneel. Mikrogolf vir 10-12 min. Op MEDIUM.Verdeel in 8 ewegroot porsies
Elke bediening bevat ½ vet ½ protein ½ brood ½ suiwel
Uit : MIKROGOLF MET WEIGH-LESS  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Surette Botes
MIKROGOLF Warm Poeding
Nog een in di microwave!
2 koppies meel
1 eier
Knippie sout
1koppie warm water
2 eetlepels koffie
Halwe koppie suiker
Gooi als bymekaar en meng goed.
Bak vir10minute in Microwave
As jy sous wil by maak. 1 koppie water 1 koppie suiker, 1 tot brandewyn en bring tot kookpunt. Steek poeding met vurk en gooi oor! Eet saam Custard!  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Elza Jamneck
MICROWAVE CHOCOLATE MUG PUDDING FOR ONE
4 tablespoons flour
4 tablespoons sugar
2 tablespoons cocoa
1 egg
3 tablespoons milk
3 tablespoons oil
3 tablespoons choc chips
3 drops vanilla essence
Add dry ingredients to large coffee mug
Add egg, mix
Pour in milk and oil ,mix
Add choc chips and vanilla essence, mix
Put mug in microwave for 3 min`
It will rise over the top of mug
Allow to cool, tip out onto a plate
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


MIKROGOLF VLASKYWE
(MIKROGOLF)
1 pak kraakbeskuitjies
1 liter melk (4 kp)
200g suiker (1 kp)
50g botter of margarine (4 eetl)
70g koekmeel (1 ½ kp)
50g mielieblom (7 eetl)
12,5 ml vlapoeier
2ml sout
125ml water
3 eiers
5ml vanilla
½ pak (250g) versiersuiker
25ml kookwater
10ml suurlemoensap

Pak die beskuitjies in rye van drie op die boom van ‘n tertbak. Mikrogolf die melk, suiker en botter/margarine ongeveer 13min op 75% krag en roer die mengsel af en toe. Meng die koekmeel, mielieblom, vlapoeier en sout in ‘n mengbak. Klits die water en eiers saam en maak die meelmengsel daarmee aan. Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die meelmengsel en klits die meelmengsel dan by die res van die kookmelkmengsel. Mikrogolf die vulsel vir 7min by 70% krag en klop dit elke 1 ½ min goed met ‘n draadklopper. Roer die vanilla by. Skep die vulsel op die beskuitjies in die bak en maak gelyk. Bedek dit met ‘n laag beskuitjies wat presies soos die onderste laag gepak word. Laat dit ‘n rukie by kamertemperatuur afkoel en verkil dit verder in die koelkas. Sif die versiersuiker en maak dit met die kookwater en suurlemoensap aan. Bedek die boonste beskuitjies daarmee. Plaas dit in die koelkas om styf te word. Sny net voor opdiening die vlaskywe in blokkies so groot soos die halwe beskuitjie. *Agrilla Mikrogolf Kookboek* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


MIKROGOLF Dadelbrood  /  Dadelbrandewyntert 
(MIKROGOLF)
30ml Botter of margarien
1 Eier
250g Dadels
250ml Bruinsuiker
500ml Bruismeel
5ml Koeksoda
250ml Water

Sout
Kook dadels in ‘n groot mengbak vir 5-minute op hoog (nie nodig om te sny nie),margarien en water, roer na 2-minute.
Voeg koeksoda by (sal skuim).
Laat mengsel staan, min of meer 2-minute om af te koel.
Voeg die geklitste eier by en roer deur, voeg die gesifte meel en sout by.
Gebruik ‘n broodpannetjie (glas) of plastiese houer van ongeveer 10 X 18cm en smeer of voer uit met kombuispapier.
Mikrogolf ongeveer 7-8 minute op medium hoog, toets na 6 minute http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Om Dadelbrood te verander na ‘n dadelbrandewyntert
Voeg ekstra by:
125ml Gesnyde glanskersies
125ml gekapte neute
125ml Ontpitte rosyne
Mikrogolf 8-10 minute op hoog, sodra brood uit die mikrogolfoond kom, gooi sous bo-oor warm poeding.
Sous:
30ml Margarien
250ml Suiker
250ml Water
125ml Brandewyn
Mikrogolf saam vir 4-5 minute. Laat effens afkoel en voeg brandewyn by.
Versier met geklopte room.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


MIKROGOLF TELEFOONPOEDING
(MIKROGOLF) (4-6 porsies)
125g botter
500ml koekmeel gesif
20ml bakpoeier
2ml sout
25ml suiker
100ml geroosterde fyn klapper
1 jumbo eier
125ml melk
Appekooskonfyt
SOUS
125ml sagte bruinsiker
250ml kookwater
Knyppie van elk, sout, fyn gemmer en kaneel
Vryf botter in meel wat saam met bakpoeier, sout en suiker gesif is, totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
Voeg klapper by.


Klits eier en melk saam, voeg by droe bestandele en meng tot sagte bal vorm.
Rol op meelbestrooide oppervlak uit en smeer appelkooskonfyt oor die deeg.
Rol deeg op soos ‘n rolkoek, sny in snye van 2cm dik en pak in ‘n gesmeerde bak.
Mikrogolf sousbestandele 1-2min op hoog, gooi sous oor deegsnye. Mikrogolf 6-8min op hoog en plaas onder ‘n voorverhitte oondrooster om liggies te verbruin.
Sit voor met vla. *Stap vir stap in die mikrogolf) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Helena Kruger
Sonde in 'n Beker
1-2 porsies
60ml bruismeel
60ml suiker
30ml kakao
knippie sout
1 eier
45ml melk
45ml olie
Smeer of spuit 'n groot koffie beker (400ml of twee kleiner bekers) goed.
Gooi meel, suiker, kakao en sout daarin.
Meng goed met vurk.
Voeg eier by en meng goed.
Voeg melk en olie by en meng goed.
Sit beker in mikrogolf op 100% krag vir 3 min (of as in die kleiner bekers, een beker op 'n slag vir so 1min 15sek).
Die koek rys redelik hoog - dis reg so.
Laat staan vir 'n paar min voordat jy dit uitkeer op 'n bord.
Bedien met room of roomys. Sarie Kos!!! Helena !!!!!!27/9/10 ♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Helena Kruger
Mikrogolf Poeding
SOUS:
625ml Kookwater
15ml Botter
5ml karamel of rum geursel
5ml kaneel
5ml gemmer
15ml suurlemoensap
375ml suiker
Meng alles in n groot bak en kook op HIGH totdat suiker gesmelt is en dit borrel.
DEEG:
140ml Appelkooskonfyt
125ml Botter
10ml Koeksoda
375ml Meelblom
knippie sout
METODE:
Verwarm konfyt en botter in glasbak op HIGH vir 1min
Meng koeksoda in sodat mengsel skuim en voeg dan meel en sout by
Skep lepelsvol van die deeg in KOKENDE SOUS [dit is belangrik] maak bak dig toe
Bak op HIGH vir 5min. Haal uit oond
BEDIEN!!!roomys of vla lekker vinnig !!HELENA Julie 2010
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


MIROGOLF Souskluitjies
(Mikrogolf oond)
Stroop:
500ml Kookwater
5ml Kaneel
15ml Botter (1 Eetlepel)
15ml Suurlemoensap (1 Eetlepel)
5ml Karamelgeursel (Vanielja)
375ml Bruin suiker
5ml Gemmer •
Plaas in mikrogolfoond +-8-minute op hoog en kook tot suiker opgelos het. (Moenie deksel op sit nie, stoom sal stroop Verdun).
Beslag:
140ml Appelkooskonfyt (½ Koppie + 1 eetlepel)
10ml Koeksoda (2 Eetlepels)
125ml Botter (½ Koppie)
375ml Koekmeel (1 ½ Koppies)
Knippie sout
Verhit konfyt en botter in glashouer vir 1-minuut op hoog, voeg koeksoda by en roer totdat mengsel skuim, dan meel en sout by.
Skep teelepelsvol beslag in kokende sous, maak deksel dig toe en plaas in mikrogolfoond
vir 5-minute op hoog. Laat 1-minuut bedek staan. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


MIKROGOLF Lekker Tert
Therina Vermeulen
Bestanddele:
1/2 pakkie tennisbeskuitjies
500 ml grenadella yogurt
1 blikkie kondensmelk
Bak tennisbeskuitjies onder in glasbak.
Meng yogurt en kondensmelk en gooi bo-oor tennisbeskuitjies in bak.
Plaas in mikrogolfoond vir 4 tot 6 minute.
Laat dit bietjie afkoel en hou in die yskas!
Dit is jammie!
16 May 2010  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Celia De Villiers Enslin
MICROWAVE Chocolate Sponge Pudding
(Mikrogolf)
Stroop: 

50ml kakao
3/4 kop bruiksuiker
2 kop water
In 20cm diep mikrogolf bak, kook die stroop bestanddele for 2 minute op hoog. Roer tot suiker gesmelt en kook verder vir 3 min. op hoog.
Intussen
Spons: 

50g botter
3/4 kop witsuiker
1 eier
1/2 teel vanilla
1 kop meel
sout
3 teel bakpoeier
25ml kakao
170 ml melk
Room botter, suiker en eier. Voeg vanilla by. Sit droe bestanddele en roer by, afgewissel met melk. Gooi die mengsel in die stroop en mikrogolf op 70% krag vir 12 minute of bietjie langer tot 'koek'deel gaar is. Bedek en laat 3 minute staan voor opskep. Kan eet met room of roomys of vla. Soooo lekker, jy sal nie weer 'n ander sjokoladepoeding resep soek nie!!!
Regtig 'n treffer die een - ek het dit 3 maal gemaak - 3 keer apart en dit was heerlik. Het dit ook die dag voor die tyd gemaak - gister net voor ete gou weer biejtie suiker/kakao en water gekook en bo-oor gekook. Njammies   http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Elda Lombard
EE Jacobs
MIKROGOLF Heuningkoek Sponspoeding
Lewer 6-8 porsies.
1x80g pakkie jelle (enige geur )
125 ml kook water
2 eiers ,geskei
500 ml melk


Metode
1. Meng jelli een water ,mikrogolf 1 minuut by volle krag en hou eenkant tot afgekoel.
2. Klits eiergele en roer by melk in. Mikrogolf 10 minute by 50% krag in 'n glasbak---roer dikwels tussendeur. Hou eenkant tot afgekoel.
3. Meng jelle en eiergeelmengsel­ en klits 'n paar sekondes met 'n handklitser.
4. Klits eierwitte styf en vou in. Plaas poeding in koelkas om te stol.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html



Elda Lombard
Mikrogolf poeding
Smelt saam vir 1 1\ 2 min op hoog
1eetl botter
1\2K appelkoos konfyt
ROER DAN 1\2 TeeL koeksoda by
VOEG BY
1 eier
1 K. Meel
Smelt en gooi bo oor
1 K Suiker
3 K Water
BAK 10min op hoog
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Telana van der Merwe
Death by chocolate in a cup
Meng 

1 eier, 
125ml versiersuiker en 
3 eetlepels cocao    goed. 
Gooi in n koffiebeker (gespuit met spray n cook) en sit vir 1 minuut in mikrogolfoond! http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html

Elda Lombard
MIKROGOLF Goue veerlemoenpoeding
Microgolf
STROOP
250 ml water
250 ml lemoensap
125 ml suiker
Knippie sout
DEEG
125 ml suiker
80 ml margarien by kamer tempertuur
1 eier
250 ml bruismeel
125 ml lemoensap
Knippie sout
Metode
Gebruik n mikrogoLf vaste poeding bak met volume van 2 l
Gooi stroopbestandele daarin , meng en mikro golf 5 t 7 min by hoog 100%. Krag tot kookpunt
Meng suiker en margarien,  Voeg eier by en klits baie goed
Voeg bruismeel lemoensap sout by en meng goed
Skep deeg in kokende stroop en mikroGolf 6 min by mediuM hoog. 90% Lewer 6 porsies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


Washielah Adams
Mikrogolf Resepte - Microwave Recipes
MIKROGOLF SUURLEMOEN TERT
Kors
150 g Tennisbeskuitjies
100 g margarien
Krummel die beskuitjies, smelt die
margarien en meng. Druk vas in ‘n
tertbak. 

Vulsel 
12,5 ml gelatien
50 ml koue water
4 eiers
250 ml suiker
75 ml suurlemoensap
knippie sout gerasperde skil van 1 suurlemoen beskuitjie krummels vir versiering  125 ml room Meng die gelatien en koue water. Skei die eiers. Klits die helfte van die suiker by die gele. Klits tot liggeel en dik. Voeg  suurlemoensap en sout by. Mikrogolf by 30% krag vir 5 minute. Roer elke minuut. Voeg gelatien en gerasperde skil by. Meng goed. Klits eierwitte tot sagte punte vorm.
Voeg die res van die suiker bietjies-bietjies by. Voeg by eiergeelmengsel.
Vou liggies in met ‘n metaal lepel in die syfer 8. Giet vulsel oor kors. Gooi gekrummelde beskuitjies oor. Plaas in yskas tot goed koud. Versier met styfgeklopte room en bedien-  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


12 MINUTE MIKROGOLF MELKTERT
1 Blikkie Kondensmelk
2 Blikkies Vars melk
1 Eetlepel Botter
1 Teelepel Karamel geursel
1 Teelepel Vanilla geursel
2)
1 Blikkie Vars melk
1 Groot Eier
37,5 ml Maizena
37,5 ml Vlapoeier
Knippie Sout
Metode:. 

Mikrogolf 1ste 3 bestanddele van 1) op hoog (100%) vir 6 minute. Meng die bestanddele van 2) in aparte mengbak en voeg kokende melkmengsel geleidelik by. Mikrogolf vir ongeveer 6 minute op hoog. Roer na elke 2 minute. Roer geursel by.
Indien jy net die melktert wil maak: Pak tennisbeskuitjies onder in bak en gooi beslag stadig oor. Strooi kaneel oor indien verkies.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html



MIKROGOLF MALVA TERT

65g Margarien of Botter
Koppie Suiker
1 eetlepel Appelkoos Konfyt
1Eier
1 koppie Bruismeel
Teelepel Koeksoda
Koppie Melk
Eetlepel Asyn

Sous:
Koppie Ingedampte Melk
100ml Suiker
1/2 koppie Water
Room Margarien (Botter) en suiker en voeg konfyt by.
Klits eier by en voeg Bruismeel by.
Los Koeksoda in Melk op en voeg by.
Voeg Asyn by en meng goed.
Mikrogolf hoog vir 10-12minute.
Sous: 
Voeg sous bestanddele saam en roer oor matige hitte tot effens dik. Giet oor warmpoeding.
Geplaas deur: Gillian Logan Bredenhann

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html


MIKROGOLF TELEFOONPOEDING

Delina Pretorius (Mikrogolf weergawe)
Tannie Mara se gemmer poeding

Poeding
1. 125 g margarine
2. 125 ml appelkooskonfyt
3. 1 eier
4. 250 ml meelblom
5. 185 ml melk
6. 10 ml koeksoda (alternatief 5 ml bakpoeier)
7. 1/2 teelepel sout (kan weggelaat word)

Meng 1, 2, 3 en 4 saam met 'n klitser
Voeg koeksoda by melk en roer goed
Voeg meel by geklitste mengsel, meng dan met melk en koeksoda
Skep in groot mikrogolf bak met 'n deksel
Stroop
Kook 450ml kookwater en 3/4 koppie witsuiker in mikrogolf oond, vorg 1 1/2 teelepel fyn gemmer by.
Gooi kokende sous oor poeding. Sit deksel op, bak by 100% krag vir 12 minute. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/nagereg-terte-in-mikrogolf.html

No comments:

Post a Comment