Tuesday 19 February 2013

TERTE / SOET

                                                           Tipsy tart>Uktv.co.uk

TIPSY TERT  


Maak eers die sous en laat afkoel voor gebruik.
Sous:
375ml suiker
300ml water
5ml sout
12,5ml botter
Kook saam vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg 125ml brandewyn by


Tert:
500ml gesnipperde dadels
5ml koeksoda
250ml kookwater
375ml meelblom
250ml suiker
50ml botter
125ml okkerneute en glanskersies
1 groot eier


Metode:
Gooi kookwater en koeksoda en voeg botter by. Klop suiker en eier. Roer droë bestandele in en voeg dadel mengsel by. Meng goed deur. Gooi in goed gesmeerde bakskottel. Rangskik neute en kersies bo-op. Bak by 180°C. Wanneer gaar, prik koek me 'n dik breinaald en goei afgekoelde sous oor. Versier met stryfgeklopte room, indien kersies en neute nie as versiering gebruik is nie.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html



KARAMEL YSKASTERT


1 tot 2 pakkies tennisbeskuitjies.
1 blikkie caramel kondensmelk.
1 pakkie kits karamel poeding aangemaak soos aanwysings op pakkie, 1 houertjie room styfgeklop.

Pak in lae. beskuiktjies onderin bak. karamel kondensmelk, lagie beskuitjies, kits karamel poeding. laag beskuitjies. Laaste die room. Krummel beskuitjies bo-oor vir versiering. Pepermint Crisp kan ook bo-oor gerasper word. 


ROSYNE SUURLEMOENTERT

(Mev. SP Botha – eggenote van LV vir Soutpansberg)
uit: Fynproe vir Meneer LV – 1966
1½ koppie fyngesnyde ontpitte rosyne
¼ koppie soet sjerrie (opsioneel)
1½ koppie water
1½ koppie suiker
3 eetlepels mielieblom
2 eiers
¼ teelepel sout
3 – 4 eetlepels suurlemoensap
2 teelepels gerasperde suurlemoenskil
Week rosyne paar uur in sjerrie.
Kook water en suiker, meng mielieblom met bietjie water en roer by, kook gaar.
Voeg suurlemoensap en skil by en roer by geklopte eiers.
Voeg rosyne ook by en roer weer op stoof tot gaar.
Gooi in gaar tertkors.* Gerrie van Antwerpen

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html


PEKANEUTTERT 1

500ml (220g) pekkanneute,gekap
50ml koekmeelblom
knippie sout
500ml (400g) sagte bruin suiker
140ml kookmelk
7,5ml vanieljegeursel
75ml (70g) botter of margarien, gesmelt
3 eiers


Metode:
Verhit die oond tot 200C. Smeer 'n oondtertbak. Voer die bak met 'n broskorsdeeg uit. Bedek die kors met die neute. Sif die koekmeelblom en sout saam. Voeg die suiker by en meng goed. Voeg die kookmelk by die meelmengsel en meng. Roer die geursel by. Roer die gesmelte botter of margarien by die mengsel. Klits die eiers liggies, voeg 'n paar lepels van die meel-melkmengsel by, roer deur en voeg saam met die geursel by die meel-melkmengsel. Meng deeglik. Giet die mengsel baie versigtig oor die neute. Bak die tert ongeveer tien minute lank by 200C. Verlaag die temperatuur tot 160C en bak die tert nog ongeveer 40 minute lank tot die kors goud begin verbruin. Laat effens afkoel voor dit opgedien word of sit koud voor

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html

Elsa Schrade Hefer 

 PEKAN NEUT TERT 2
 1 pakkie tennis beskuitjies.
 1 koppie suiker.
 3 eiers geskei (net wit).
 1 teelepel vanilla.
 100 g pecan neute. 
 Breek tennis beskuitjies (moenie crush) - Sny neute kleiner - Klits eier witte styf,maar nie droog nie. - Gooi suiker bietjie bietjie by.(Roer in nie klits) - Gooi in bak wat tennis by is. - Roer deur - Smeer bak - Bak by 180 grade vir 20 min - Gooi room oor en bedien. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html



KONDENSMELKTERT

1 x 397g blik kondensmelk
3 koppies water
6 eetlepels mielieblom
2 eiers, geel en wit apart
1 teelepel margarien
1 teelepel vanielje geursel
tennisbeskuitjies
Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van hitte. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. Voeg die botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor, dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor. Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor. Versier met kersies. 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html

KOEJAWELYSKASTERT
1 x 800g blik koejawelhelftes
2 x 410g blikke ingedampte melk
2 x 80g kersie of perskejellie
2 x 200g pakke Tennisbeskuitjies


Dreineer Koejawelhelftes en hou sap eenkant. Druk Koejawels met ‘n vurk fyn. Meng jelliepoeier en sap wat eenkant gehou is en verhit in pan tot jelliepoeier gesmelt is. Verwyder van hitte. Voeg fyn gedrukte Koejawels en ingedampte melk by en roer goed. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n 3 liter tertbord en skep die helfte van die Koejawel mengsel in. Rangskik nog ‘n laag beskuitjies bo-oor en skep oorblywende Koejawelmengsel in. Maak orige beskuitjies fyn en strooi krummels bo-op tert. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot gestol.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html


KOEJAWEL TERT

Ronell Visser Gouws 
Neem
1 pakkie rooi jellie, 
die sous van die blik koejawels en verhit, tot jellie gesmelt is. Roer daarby die blik caramel tot alles lekker warm is.
Druk koejawels fyn of sny fyn. Gooi alles saam in die pot en meng lekker deur. Gooi in kors van jou keuse. Dit is die lekkerste resep ooooooiiit!!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html
Koejawel Yskastert


Belinda Ann Botes Oosthuizen
KOEJAWEL YSKASTERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html
1 blik kondens melk geklits met 
1/2 k suurlemoensap, meng 
1 houer smooth cottage cheese in tot glad. 

Vir di kors gebruik ek n swissrol, sny dun skywe en pak onder in bak, sit cheese mengsel bo op, 
1 grt blik koejawels, sit koejawels stukke bo di mengsel, 
vat di koejawel stroop en verhit en roer by 
3-4 t vlapoeier aangemaak met 
1/2 k water by sous om te verdik, 
laat afkoel en gooi egalig oor koejawels. Sit in yskas om te stol, lekker eet!


KITS VLATERT

500ml melk
100ml suiker
25ml vlapoeier
10ml botter
100ml suurlemoensap
397g  (1blik) kondensmelk
1¼ pak Tennisbeskuitjies


Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor. Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat dit goed afkoel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html
 


PAMPOENTERT
125g botter of marg, by kamertemperatuur
150g (200ml) suiker
3 eiers
140g (250ml) ongesif afgemeet, koekmeel
15ml bakpoeier
2ml sout
400g (750ml) rou, geskilde, grof gerasperde boer of murgpampoen
5m vanilla
Verhit die oond tot 190 grade. Smeer tertbord met ‘n volume van 1liter en ‘n deursnee van 25cm by die rand, of bespuit dit met kleefwerende middel.
Verroom botter, suiker en eiers saam. Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Voeg dit by die eiermengsel en meng. Voeg die pampoen en vanilla by en meng goed.
Skep mengsel in tertbord, maak gelyk en bak 40 tot 50min op middelste oondrak tot gaar.*kreatiewekosidees* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html


MARROWTERT
Rencia Odendaal Pretorius
(BAIE LEKKER BY ‘N BRAAIVLEIS)
6 kop gerasperde marrow (rou)
6 eiers,geklits
1 kop meel
2 tl bakpoeier
1 kop suiker
2 tl vanielje
4 eetl botter
sout na smaak
Meng botter en suiker, voeg eiers by. Meng droe bestandele by en pampoen.
Meng alles en bak tot gaar vir plus minus 45 min na 1 uur op 180 grade.
Ek halveer die resep altyd en dit is genoeg vir 4 mense.* kreatiewekosidees* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html



GEMMER TERT

KORS:
65ml wit margarien gesmelt
200g gemmerbeskuitjies, gekrummel
VULSEL:
40ml goue stroop
40ml gemmerstroop
300ml vlapoeier
40ml vlapoeier, aangemaak met
125ml styf geklitste room
75ml water
15ml gelatien, geweek in 25ml water
4 ingelegde gemmerstukke gekap
Meng die margarien en beskuitjiekrummels. Voer ‘n gesmeerde tertbord met ‘n deurnee van 200mm uit met die beskuitjiekrummels en bak die kors 10 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C. Verhit die goue stroop, gemmerstroop en 300ml water tot kookpunt. Verhit dit. Voeg die vlapoeierpasta by die stroopmengsel en roer aanhoudend totdat die mengsel prut. Giet ‘n klein bietjie van die warm vla-stroop-mengsel in die kastrol en roer dit totdat die mengsel weer prut. Voeg die gemmerstukkies by en laat die mengsel effens afkoel. Skep die vulsel in die gaar tertkors en verkoel dit in die yskas tot gestol. Versier met roomrosies.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html




GRENADELLA YSKASTERT

1 blik 410g Ideal melk
½ kop. strooisuiker
1 blik grenadellamoes
1 pakkie lemoenjellie
1 pakkie (200g ) Tennis beskuitjies
1 kop. kookwater
Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf. Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by. Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot klaar. Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html




SPESIALE APPELTERT

3 eetlepels sagte botter
1 koppie strooisuiker
3 geklitste eiers
¼ koppie melk
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
blikkie tertappels
250ml room
Meng botter en strooisuiker goed. Meng eiers en melk saam. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng meel met bottermengsel. Plaas appels in deeg. Strooi kaneel oor en bak by 180ºC vir 45 minute. Kook stroop van suiker en room. Gooi oor gaar tert. Steek met vurk sodat room goed kan inloop. Bedien met styfgeklopte room of koue vla.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





SJOKOLADE TERT

Meringue
6 eierwitte
250 ml strooisuiker
6 eiergele
50 ml kakao
3 ml sout
Vulsel
2 pakkies (90 g elk) kitspoeding, vanieljegeur
250 ml room
500 ml melk
Bolaag
300 g sjokolade, gesmelt
75 ml water
75 ml brandewyn
50 ml botter
Vir die meringue:
Stel die oond op 160°C. Klop die eierwitte tot sagte punte vorm. Klop die strooisuiker geleidelik by. Klop die eiergele, kakao en sout en voeg by. Skep die mengsel in ´n gesmeerde tertbak van sowat 320 mm x 180 mm en smeer plat. (Dis is nogal ´n dik laag, maar die vulsel druk dit uiteindelik platter.)
Plaas die meringue in die voorverhitte oond en bak sowat 40 minute.
Vir die vulsel:
Klop al die bestanddele saam tot styf en giet die mengsel in die afgekoelde meringuekors.
Vir die bolaag:
Meng al die bestanddele saam en smeer die mengsel eweredig oor die vulsel.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





SUURLEMOEN  VLA YSKASTERT

1 blikkie kondensmelk
1 koppie suurlemoensap
1,5 liter vla (lekker dik aangemaak met genoeg suiker om dit soet te maak)
1 pakkie tennisbeskuitjies.


Meng die kondensmelk met die suurlemoensap. Pak 'n ry tennisbeskuitjies onder in 'n vierkantige glas/platiek bak. Giet helfte van die vla oor en laat 'n rukkie afkoel, giet nou weer die helfte van die kondensmelk mengsel oor, en smeer eweredig oor vla. Pak weer 'n ry tennisbeskuitjies en giet die res van die vla daaroor, laat weer bietjie afkoel. Gooi nou die res van die kondensmelk mengsel oor die vla eweredig gesmeer en krummel 'n paar fyngemaakte beskuitjies bo-oor. Plaas in yskas en laat stol.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html




GEBAKTE GRENADELLA TERT

KORS:
150g botter
250ml versiersuiker
2 groot eiers
500ml koekmeelblom
125ml fyn amandels
3ml fyn kaneel
VULSEL:
250ml room
110g grenadellamoes
25ml mielieblom
6 eiergele
125ml strooisuiker
125ml amandelsplinters
BOLAAG:
110g grenadellamoes
12.5ml mielieblom
KORS:
Meng botter en versiersuiker in voedselverwerker. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meelblom, amandels en kaneel by, meng om bal te vorm. Haal uit, draai in kleefplastiek toe en sit in yskas vir 1 uur. Rol uit en voer ‘n 220mm tertbord uit. Prik boom. Sit tertpan in yskas vir 20 minute. Voorverhit die oond tot 200C. Bak vir 12 minute, haal uit en laat afkoel.
VULSEL:
Meng room, grenadella en mielieblom, verhit tot warm. Klits eiers en strooisuiker in boonste deel van dubbelkoker tot lig en skuimerig. Klits warm roommengsel by. Roer oor hitte tot dik. Gooi uit, koel af. Strooi amandels in tertdop, maar hou ‘n paar eenkant vir versiering. Skep vlamengsel in tertdop.
BOLAAG:
Verhit die grenadellamoes en mielieblom tot begin verdik en skep bo-op. Versier met res van amandels. Bêre in yskas tot met opdiening.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





LEMOEN FUDGE YSKASTERT

200ml vars lemoensap
50ml Van der Hum-likeur
125g vingerbeskuitjies
200g melksjokolade, in blokkies gebreek
gerasperde skil van een lemoen
125ml room
30ml botter
50ml strooisuiker
10ml gelatien (gespons in 45ml water)
250ml room, ekstra
5ml vanieljegeursel
2 eierwitte
Meng lemoensap en likeur en giet in ‘n vlak skottel. Doop vingerbeskuitjies hierin en rangskik die beskuitjies op die bodem van ‘n tertbak. Drup enige vloeistof wat oorbly oor die beskuitjies. Smelt sjokolade, lemoenskil, room, botter en strooisuiker oor warm water of in die mikrogolfoond. Smelt gelatien en roer by gesmelte sjokolade. Laat effens afkoel. Dit sal dikker word, maar moenie wag tot dit stol nie. Klop room styf en vou saam met vanieljegeursel by sjokolademengsel. Was klitser en klop eierwitte styf. Vou ook by sjokolademengsel in. Gooi oor beskuitjies in tertbak en plaas in yskas tot gestol.
Lewer 6-8 porsies.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html




KARAMEL SUURLEMOEN TERT

Deeg:
500 g koekmeel
175 g versiersuiker
250 g botterblokkies, by kamertemperatuur
skil van een suurlemoensap, gerasper
2 klein of 1 groot eier
vanielje essens
Vulsel:
9 eiers
400 g strooisuiker
5 suurlemoene, skil van twee (gerasper)
250 ml dik room
sap van 5 suurlemoene
Sif meel en versiersuiker. Vryf botter in. Maak dammetjie in meel en voeg suurlemoenskil en vanieljesessens by. Klits eiers en gooi in dammetjie. Maak deeg aan met vingers. Draai toe in plastiek en laat rus 30 minute lank in koelkas.
Maak intussen die vulsel.
Klop eiers, suiker, sap en skil tot goed gemeng. Vou room in. Haal deeg uit koelkas, laat staan 10 minute lank en rol uit. Voer losboom-koekpan met deeg uit. Laat 1 cm oor rand hang. Voer uit met foelie en pak goed met bakkersboontjies. Bak 10 minute lank by 100 C. Verwyder foelie en bak nog 10 minute lank. Gooi koue vulsel in warm tertdop en bak 30 minute lank by 120 C.
Voor opdiening:
Stel oond op rooster. Sif 50 g versiersuiker bo-oor tert sodra dit uit oond kom. Sit terug onder die rooster vir suiker om te karamelliseer. Sit warm voor met room.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





KOFFIE TERT

KORS:
4 eiers
250ml suiker
30ml botter
125ml melk
250ml meel
10ml bakpoeier
2.5ml sout
5ml kitskoffie poeier
STROOP:
250ml water
180ml suiker
30ml kitskoffiepoeier
5ml vanielje geursel
VULSEL:
1 blik karamel
1 pakkie karamel kitspoeding
250ml melk
250ml room
melksjokolade krulle
BEREI KORS:
Voorverhit die oond tot 180C. klits eiers en suiker tot lig en romerig. Smelt botter en voeg melk by. Sif droë bestanddele saam en klits by eiermengsel. Voeg bottermengsel by en meng goed. Voer die bodem van ‘n tertbak uit met die kors. Bak vir sowat 15 minute.
BEREI STROOP:
Verhit al die bestanddele behalwe die vanieljegeursel in ‘n kastrol oor matige hitte en roer totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat vir 5 minute prut. Voeg vanieljegeursel by stroop.
Giet versigtig oor kors sodra dit uit die oond kom. Laat afkoel.
BEREI VULSEL:
Klop karamel liggies met ‘n vurk en smeer oor die kors. Maak kitspoeding aan met melk. Klop room styf en vou in. Skep oor karamel. Versier met sjokolade krulle en plaas in yskas tot gestol.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





PYNAPPEL YSKASTERT

1 pakkie tennisbeskuitjies
125ml appelkooskonfyt
25ml sjerrie
1 pakkie suurlemoenjellie
250ml kookwater
397g (1blik) kondensmelk
440g (1blik) fyn pynappel
geklopte room vir versiering
Metode:
Smeer tennisbeskuitjies met appelkooskonfyt en plaas 2 opmekaar. Plaas in 200mm vierkantige bak. Sprinkel sjerrie oor die beskuitjies. Los jellie op in kookwater, en voeg die kondensmelk en fyn pynappel by. Gooi oor beskuitjies en laat afkoel. Versier met pynappel en room of sprinkel beskuitjiekrummels bo-oor.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





RUM EN ROSYNE YSKASTERT

250ml kookwater
420ml pitlose rosyne
250ml room
397g Caramel Treat (kondensmelk)
3ml vaniele geursel
8ml rumgeursel
200g Tennis beskuitjies (1 pakkie)
Metode:
Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute lank week. Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat, vanielje en rumgeursel by en klits weer goed. Dreineer die rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed deur met ‘n houtlepel. Rangskik ‘n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 220mm x 220mm, wat liggies met botter gesmeer is. Skep ‘n laag rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel. Verkrummel ‘n paar beskuitjies en strooi dit bo-oor. Verkoel die tert 2-3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html






MAKADAMIA EN ROOMLIKEURTERT

Ryk en onweerstaanbaar lekker!
1 diep tertkors van 30 cm (brosdeeg of krummelkors)
Vulsel
5 eiers
310 ml strooisuiker
2 ml sout
180 ml sagte botter
250 ml esdoringstroop
180 ml roomlikeur (Cape Velvet,of Amarula)
500 ml makadamianeute, grof gekap en lig gerooster
Metode:
Voorverhit die oond tot 150 °C. Klits die eiers en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die sout by. Verroom die botter en stroop saam en voeg die eiermengsel by. Klits tot goed gemeng. Roer die likeur en makadamianeute by en skep in die voorbereide tertkors. Bak vir 1-1½ uur of tot die tert ferm is. Laat afkoel en sit voor met koffie of as nagereg met 'n skeppie roomys.
Lewer een groot tert.
Belangrik: As jy broskorsdeeg vir die tert gebruik, bak dit blind voor die vulsel in-geskep word.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html






MAASKAASTERT

1 blik kondensmelk
1 pak gewone maaskaas
½ koppie suurlemoensap
1 klein blik youngberries
tennisbeskuitjies
1 pakkie orleywhipp
2 teelepels gelatine
1 kopie koue water
Metode:
Verdik kondensmelk met suurlemoensap. Voeg maaskaas by en orleywhipp. Verdik youngberrie stroop met 1 eetlepel mielieblom. Kook saam. Gooi by melkmengsel. Plaas bessies in mengsel. Laat stol 3 ure in die yskas.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html




KARAMEL YSKASTERT

KORS
Halwe pakkie Nutty Crust-beskuitjies, gekrummel - 25ml botter gesmelt
VULSEL
125 ml vars room
2 sakkies Orley Whip
1 blikkie (380g) karamel
250g geroomde maaskaas
15ml gelatien, opgelos in 125ml water
125ml strooisuiker
10ml karamelgeursel
Vir die kors:
Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit vas in 'n gesmeerde losboompan, 240mm in deursnee.
Vir vulsel:
Klop elkeen van die twee rome afsonderlik styf en hou eenkant. Klop die karamel en maaskaas saam. Roer die opgeloste gelatien, strooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel. Vou die twee styfgeklopte rome in en giet die mengsel in die kors. Laat stol oornag in die yskas.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





LEMOENKWAS TERT

30ml gelatien
75ml koue water
15 Tennis-beskuitjies
410g yskoue ingedampte melk
200ml yskoue lemoenkwas ( Oros )
Metode:
Week die gelatien in die koue water en verhelder dit oor kookwater.
Pak die beskuitjies op die boom en teen die sye van ‘n tertbak.
Klits ingedampte melk tot dik [styf]
Klits die gesmelte gelatien geleidelik by en daarna die lemoenkwas.
Giet die mengsel op die beskuitjies en plaas dit in die koelkas om te stol.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html
Helena Kruger





LIETSJIETERT

1x200g Tennisbeskuitjies, fyngedruk
90g botter, gesmelt
1x 80g pynappel-jellie
180 ml water gekook
1x 565 g blik ontpitte lietjies, gedreineer en gesnipper
1x 397 g blik kondensmelk
suurlemoensap na smaak(opsioneel)
Metode:
Voer tertbak uit met Tennisbeskuitjies en botter.
Maak jellie met kookwater aan.
Gooi 180 ml lietsjiestroop by en laat afkoel.
Klop kondensmelk by die jellie in.
Voeg gesnipperde lietjies by.
Gooi in kors en laat stol in yskas Joey Kosmater

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





SULTANSGENOT

500ml Melk
4 eiers
5ml vanilla
60ml maragien
250ml suiker
250ml klapper
125ml koekmeel
5ml bakpoeier
knippie sout
Metode:
Verhit ond tot 180 grade en smeer tertbak
Smelt die margarien en gooi melk eiers en vanilla by, meng goed. Sit res van bestandele in mengbak en maak deeg aan met melk mengsel. Gooi in tertbak en bak ongeveer 30-40 min tot goudbruin, uitgepof en gestol
Lyk soos 'n melktert met 'n klapper laag bo-op. Heerlik

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html
Annazelle van der Berg





GRIEKSE KLAPPER TERT

1/4 kop margarien
1 Kop lou water
1 Kop Koekmeel
Krypie sout
1 Kop Wit Suiker
3 Eiers
3 T Bakpoeier
2 Kop Klapper
Stroop:
1 Kop wit Suiker en 1 Kop Water
Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer of bespuit bak. Klits die smeer, suiker, water en eiers saam. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die klapper by en meng. Meng die smeer en meelmengsel. Giet in bak. Bak ongeveel 30 min tot goudbruin. Kook die suiker en water saam. Giet warm oor die tert.
Ek maak my sous bietjie meer aan as wat die resep se, sodat dit 'n lekker nat tert kan wees.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html
Helena Kruger




JOGHURT TERT
1 liter yoghurt
1 pakkie jellie - (yogurt & jellie moet selfde soort wees bv. Strawberry)x2
1 blik kondensmelk
1 pak tennisbeskuitjies


Metode:
Maak jellie aan met 1 koppie warm water.
Gooi Joghurt, kondensmelk & jellie bymekaar. Meng goed
Pak beskuitjies in bak & gooi bestanddele oor sit in yskas & laat stol.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





Diana Earle Maartens

PEPPERMENT CRISP TERT

BESTANDDELE
¾ pakkie Tennisbeskuitjies
1 blikkie Karamel kondensmelk
250ml Room
100g Mentsjokelade gerasper
1 Brosmentsjokelade vir versiering
1 groot Hulett Foelie Vriespakkie(1.35liter)


METODE
Klits room en vou saam met gerasperde mentsjokelade in die caramel kondensmelk
Voer die Foelie Vriespakkie se bodem met tennisbeskuitjies uit
Gooi ‘n lagie ment-mengsel oor en herhaal.
Verkoel vir 2-3ure
Versier met brosment en room 15 January 2010 ♥

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html


GRETA SE BLITSSNELLE AARBEITERT

Voer ‘n tertbord uit met tennisbeskuitjies of ‘n krummelkors
Meng die volgende bestandele goed en versprei oor die kors.
500ml Ultra Mel room
2 Pakkies Vanilla kitspoeding
300ml melk
Metode:
Dreineer ‘n blik aarbeie. Hou die stroop eenkant. Voeg 75ml suiker en 50ml mielieblom by die stroop en verdik in die mikrogolfoond.
Pak die aarbeie op die vulsel in die kors en gooi die stroop bo-oor. Laat baie goed afkoel voordat bedien word

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





Lettie Dry

PEPERMENT YSKASTERT

1pk.tennisbeskuit.
25oml orley-whip verkoel.
1blik(357g)karamelkondensmelk.
1pak(1oog)pepermentsjokolade.
1(5og)peppermint crisp.
Metode:
gebruik n 2ox2ocm. Glasbak. Rangskik n laag beskuitjies onderin die bak. Klits die room styf.voeg die karamelkondensmelk by en klits goed. Rasper die peppermentmentsjokolade en vou by die mengsel in. Skep die helfde van die mengsel oor die t-beskuitjies en maak gelyk. Pak die volgendelaag t-beskuitjies bo-op en skep die res van die mengsel oor. Maak gelyk en rasper die peppermint crisp bo-oor. Plaas 1uur in yskas. Lewer n middelslagtert. Huis genoot wenresepte nr. 5 deur carmen niehaus ♥

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html




Pamela van Wyk

WIT PEPPERMENT DRIEHOEKTERT

Hierdie driehoek tert verander die gewone een vinnig in iets anders en heel besonders. Bedien 8-10
1 k vars room, verkoel
I blikkie (397g) kondensmelk
½ k suurlemoensap
1 pakkie (200g) tennis beskuitjies
1 t pepermentgeursel
100 g wit sjokolade, gerasper
1 k donker sjokolade sous**


Metode:
Klop room tot sagtepunt stadium. Meng die kondensmelk en suurlemoensap. Vou kondensmelk in room, voeg geursel en sjokolade by. Pak drie rye van vier koekies elk op 'n aluminiumfoelie. Skep die mengsel bo-op die middelste ry van die koekies op die foelie. Vou die koekies met die foelie na binne tot 'n driehoek. Maak dig toe. Verkoel oornag. Bedien 'n snytjie van die koek met 'n sjokolade sous, vars kruisement en 'n suiker versiering.
**Verhit ½ k room en smelt 125 g donker sjokolade in die room, verkoel.♥

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html





APPELTERT (APPLE CRUMBLE)

KORS:
500ml ongesifte koekmeelblom
250ml suiker
10ml bakpoeier
2ml sout
250g margarine
VULSEL
1 blik onversoete tertappels fyngekap (385g)
125ml suiker
125ml koekmengsel-droëvrugte
2ml kaneel
1 ml fyn naeltjies
Knypie sout
1 teel hoogvol vlapoeier aangemaak met bietjie water


Metode:
Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarine met die vingerpunte hierin totdat dit ‘n deeg vorm. Bedek die deeg en laat staan ‘n rukkie.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Druk die helfte van die deeg teen die wand en boom van ‘n oondvaste tertbord vas. Meng die tertappels, suiker, droevrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam. Skep in kastrolletjie en verhit stadig. Roer die vlapoeier by die mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor. Bak die tert 20min of totdat die deeg begin verbruin. Sit louwarm of koud voor.Die tert vries baie goed.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html




ROOMYSTERT

KORS:
1 pakkie marie of tennis beskuitjies verkrummel
75g/75ml botter of margarine gesmelt
VULSEL
1 liter roomys
250ml melk (opsioneel)
2 pakkies kitspoeding (geur van jou keuse)
Styf geklopte room vir versiering


Metode:
Meng die beskuitjiekrummels en botter. Hou ‘n bietjie van die krummels eenkant om oor die vulsel te strooi en gebruik die res om die boom en kante van ‘n tertbak (1 ½ lter) mee uit te voer. Laat die roomys by kamertemperatuur in ‘n groot mengbak ontdooi. Voeg melk en poedingpoeier by wanneer roomys sag is en klits vinnig net tot gemeng. Gooi vulsel dadelik in kors. Strooi krummels bo-oor. Verkoel minstens ‘n uur in die koelkas en versier met room voor bediening. Geniet hom.. *Smulresepte*

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html



APPEL PIE

45ml Margarine
250ml castor sugar
2 extra large eggs
250ml flour
5ml baking powder
2,5ml salt
60ml milk
1 x 385g can pie apples
TOPPING:
250ml sugar
250ml cream
5ml vanilla
Method:
Preheat oven to 180°C. Grease a 22cm cake tin. Cream margarine and sugar until light and fluffy. Add eggs one at a time and beat well after every addition. Sift together the flour, baking powder and salt and fold into the creamed mixture, alternating with the milk. Spoon the batter into the prepared cake tin and arrange the apples on top. Bake for 30-40min, or until toothpick test clean. While the tart is baking, bring the cream, vanilla and sugar to the boil and simmer gently for 5 min. Pour over the tart as soon as it comes out of the oven. (The cream mixture must be hot.) *Women’s Value 1995*.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html 




KANEELTERT


50 g (60 ml) Botter
100g (125 ml) Suiker 
1 Eier 
140 g (250 ml) Koekmeel 
15 ml Bakpoeier 
2 ml Sout 
125 ml Melk 
Kaneelsuiker na smaak.

Stroop:
50 g (60 ml) Botter 
200 g (250 ml) Suiker 
1 blik 170g Ideal Melk 
Verroom smeer, suiker en eier.
Sif droë bestanddele saam en roer om die beurt met melk by eiermengsel in.
Skep in 1 lt bak. Strooi kaneelsuiker bo-oor en bak 20 – 25 min by 180 C 
Geplaas deur: Dalene Brits
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html  





MILO TART
RECIPE FROM ADES


Marie biscuits
4 cups milk
6 tablespoons milo
2 teaspoons cocoa
2 tablespoons cake flour
1/2 cup sugar
1 teaspoon vanilla essence
125 ml dessert cream
1 cup fresh cream

Place half of the Marie biscuits in a dessert tray. Heat milk in pot. Add vanilla essence and sugar. Place milo, flour and cocoa in bowl and make a paste, adding dessert cream. Throw other half of Marie biscuits in pot, adding paste slowly and stirring continuously with a whisk until everything has dissolved and mixture is smooth. Fold in fresh cream. When cooled. pour over biscuits in tray and refrigerate for 4 hours.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html 



Christa Du Plessis

BAR ONE TERT 
2 pakkies Romany Cream koekies gekrummel was as die kors gebruik. 
2 pakkies Instant pudding sjokolade geur aangemaak en gestol as die 1 ste laag. 
Twee groot Bar Ones gesnipper as 2de laag. 
Dan of orley whip of vars room 500ml styfgekop as 3de laag. 
Krummel 2 Flakes (sjokelade) bo-oor. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html


BAR ONE TERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/terte-soet.html

120g roomkaas
3 Bar Ones in stukkies gesny
250ml room, geklop
700ml melk
2 pakkies sjokolade geur kitspoeding
1 pakkie Romany Creams, grof gebreek
50g gerasperde sjokolade

Meng die roomkaas en Bars Ones. Vou die geklopte room in. Klits die melk en kitspoeding saam.
Laat 5 minute in die yskas stol. Skep ‘n derde van die kitspoeding in ‘n glaspoedingbak. Sprinkel die
helfte van die stukkies beskuitjies daaroor, dan die helfte van die roomkaasmengsel. Herhaal die lae
en eindig met die oorblywende derde van die sjokoladepoedingmengsel. Skep die roomkaasmengsel
oor me die oorblywende kitspoedingmengsel bo-op. Sprinkel die res van die stukkies Bar One en
gerasperde sjokolade oor en dit 4-5 uur in die yskas tot dit gestol het.*Gerda du Plessis*

No comments:

Post a Comment