Saturday 23 March 2013

BROOD - WENKE




Johann Botha
Brood Wenke

 As jy vleisbraai en die brood is klaar – bak vinnig 'n broodjie deur 500g bruismeel met een blikkie bier en voeg 'n teelepel sout by.
Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond.

 Braaibrood op die rooster is geneig om op te krul en die vulsel val dan uit. Bind net oorkruis vas met 'n stukkie gare en die brood
sal sy vulsel hou. Die gare sal nie brand nie.

Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.
Indien die hout broodbord kromgetrek is, plaas dit op 'n plat oppervlakte met 'n klam doek bo-op vir ten minste 24 uur.
'n Halwe aartappel in die blik hou brood vars.

'n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag.

Plaas 'n koppie water in die mikrogolfoond as jy gevrieste brood, beskuit, pannekoek of muffins ontdooi. (Die vog sal verhoed dat
die kos uitdroog.)

Plaas 'n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.
 
Johann Botha
vat daai bierbrood deeg.......rol in bolletjies sit in 'n pan sprinkel bruin suiker oor en gooi dan 'n klein botteltjie room oor alles en bak in diee oond ....so lekker dis amper na-gereg!!23/3/13


Ria N. Pieterse
 Broodsnywenke
*la Ria...Los varsgebakte brood op die afkoelrak tot koud..sny die brood in netjiese snye, sit daarna in sakkie en vries..haal uit soos benodig vir toebroodjies..jy't altyd 'n vars sny brood tot dit klaar is. Wanneer jy brood wil eet terwyl dit nog semi lou is, sit die warm brood in 'n brooddoek en dan in 'n plastiese sak om dit bietjie later makliker te kan sny terwyl nog warm.. Smeer jou broodkorsie wanneer dit uit die oond kom..bo-op met warm water of botter, sodat dit makliker sal sny, sonder om te breek..


Michelle Nel
Hoe om gekoop deeg te ontvries
Ek haal dit die aan voor ek dit wil gebruik uit die vrieskas. Dit moet goed ontddooi.
Knie dit liggies af en sit in gesmeerde panne. Laat rys in oond by 100 grade C. Dit neem langer as gewoonlik om te rys, ek laat dit 60-90 minute rys. Maak die liggies toe met foil. Dit moet warm gehou word. Bak dan soos gewoonlik.

No comments:

Post a Comment