Saturday 23 March 2013

LASAGNE GEREGTE



Gesonde lasagne

500 g maer beesmaalvleis
1 ui, gekap
2 selderystokke, in skywe gesny
2 wortels, geskil en in blokkies gesny
200 g sampioene, gekap
30 ml (2 e) meel
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
410 g (1 blik) tamatiepuree
2 lourierblare
500 ml (2 k) laevetmelk
45 ml (3 e) mielieblom
2 eiervrugte, in dun skywe gesny
2 tamaties, in skywe gesny
60 ml (¼ k) cheddarkaas
30 ml (2 e) parmesan
1.    Voorverhit die oond to 180
C. Sit die maalvleis in ’n braaipan oor medium hitte saam met die ui, seldery en wortels. Verbruin 10 minute terwyl jy die maalvleis kleiner breek.
2.    Roer die sampioene in en kook 5 minute. Strooi die meel oor die mengsel en roer deur. Roer die aftreksel en tamatiepuree stadig in, voeg die lourierblare by en laat prut 20 minute of tot dik.
3.    Maak ’n witsous deur 45 ml (3 e) melk in ’n bakkie met die mielieblom te meng. Verhit die res van die melk in ’n pot oor medium hitte en roer die mielieblommengsel deur tot dik.
Skep ’n laag eiervrugskywe in die pan en dan ’n laag maalvleismengsel. Herhaal en eindig met eiervrug. Giet die witsous oor en bedek met gesnyde tamaties. Meng die cheddarkaas met die parmesaan en strooi bo-oor. Bak 30 minute of tot goudkleurig bo-op.- Hope Malau 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html



Dalene Brits

LASAGNE


500g Maalvleis
1 fyn Knoffelhuisie
300 ml Water
50 ml Olie
1 pk Maggie Tamatiesop
5 ml Gemengde Kruie
Verhit olie en braai maalvleis.
Voeg knoffel, sop, water en kruie by. Laat prut vir 10 min.
Kook noedels sag of gebruik velle lasagne.
Plaas lae vleis en noedels in oondbak.
Maak witsous en begin met vleissous in bak en pak lae afwisselend. Eindig met witsous en strooi kaas oor.
Indien jy lasagnevelle gebruik, laat die lasagne eers in die bak staan vir 40 min voordat jy dit bak en laat staan eers 'n rukkie voor opdiening.
Bak 30 - 40 min by 180 C (Vir gaar noedels bak 15min)

 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/lasange-geregte.html


LASAGNE (Jy sal nooit weer ander eet nie)


1 kg maalvleis
3 sakkies tamatie puree
1 pakkie sampioene
2 uie gekap
Geurmiddels (knoffel, sout en peper) na smaak
1 bottel goedkoop rooiwyn (Tassenberg)
Bisto
250ml room
250ml roomkaas
2 k cheddar kaas
Braai die uie en sampioene. Sit maalvleis by en braai net totdat dit verkleur. Gooi puree en geurmiddels by. Gooi so 3 lepels bisto in ‘n maatbeker en gooi van die rooywyn by om lekker te meng. Gooi by die maalvleis. Prut. Gooi nog van die wyn by en neem so nou en dan sommer self ‘n slukkie! Die mengsel moet baie souserig wees.
As die maalvleis lekker begin ruik en jy die rooiwyn en knoffel goed kan ruik, haal van die stoof af.
Skep van die mengsel onderin ‘n groot bak. Plaas lasagne velle bo-op en dan weer maalvleis ens. Eindig met maalvleis.
Meng nou ‘n houer room, ‘n houer roomkaas en 2 koppies ched kaas saam. Gooi saggies oor die lasagne. Laat staan vir 30 min op die kas en bak dan vir ‘n halfuur in ‘n warm oond op 180.
Ek belowe jou, jy sal nie weer gewone lasagne met lagies witsous tussen-in wil eet nie!
Geplaas deur: Cronette Cronjé Nel

No comments:

Post a Comment