Thursday, 18 April 2013

ERTJIE SOP / PEAS SOUP






ERTJIE SOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html
1kg shin
2 koppies split ertjies
3 eetlepels sout
2 koppies pasta (noodles, spaghetti, skulpies, macaroni, net wat jy verkies)
baie water
Week die ertjies vir so 2ure in water.
Sit die shin in die drukpot en gooi 'n eetlepel sout oor. Bedek met water en kook vir so +- 1uur (vleis kook maklik sag en fyn). Gooi nou die split ertjies met die water by die vleis en top op met nog water - die ertjies trek baie water. Gooi die ekstra sout oor en kook vir nog so 'n uur. Gooi nou die noodles by en prut vir 20 min.
Voila! Sop is klaar en baie baie lekker!
Geniet met franse brood of sommer net rolletjies
.
Soms meng ek room in die sop vir 'n meer romerige effek
Liezl Brandt.






EISBEIN EN ERTJIES
SOP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html
1 eisbein
1 koppie droë ertjies
1 ui, gekap
4 koppies hoenderaftreksel
4 wortels, gerasper of gekap
3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
baie peper
METODE
Plaas alles in 'n drukkoker.
Kook vir 'n halfuur.
Laat dit bietjie afkoel.
Haal eisbein uit en vlok dit.
Plaas terug in pot.
Eet en geniet!
Bron: RSG Resepte*
Henriette Wessels

 


ERTJIE SOP MET SPEK


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html
125 g strepiespek, gekap
30 ml botter
1 ui, gekap
500 ml groenteaftreksel
500 g bevrore ertjies
100 ml melk of room
1 ml neutmuskaat
vars brood om voor te sit
1 Rooster die helfte van die spek onder ‘n warm element tot bros. Hou dit eenkant vir garnering.
2 Smelt die botter in ‘n kastrol. Voeg die ui by en braai dit tot sag. Voeg die res van die spek by en braai vir twee minute.
3 Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Voeg die ertjies by en laat kook vir sowat vyf minute, of tot die ertjies net gaar is.
4 Laat effens afkoel. Gooi dit dan in ‘n voedselverwerker of pols dit met ‘n handmenger tot glad. Voeg die melk of room en neutmuskaat by en sit dit terug op die stoof tot deurwarm. Geur dit met swartpeper. Sprinkel die bros spek oor en sit voor met vars brood.
Bron: Kos & Onthaal
Plasing: Henriette Wessels




ERTJIE GROENTESOP 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html
Hierdie resep vries ook baie goed en hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit. Ek deel dit graag.
4 wortels gerasper
4 aartappels gerasper
4 tamaties skille verwyder en gekap
2 uie
1 pakkie "Chicken Noodle" soppoeier
1 koppie split ertjies
1 sopbeen of skenkel vleis
sout en peper
1 blikkie ertjiesop
1/4 k tamatiesous
4 e worcestershire sous
Week ertjies oornag. Kook ertjies, sopbeen en uie saam. Voeg gerasperde wortels, aartappels en tamatie by en kook tot sag. Voeg genoeg water by om 'n taamlike dik sop te maak. Gooi pakkie sop en blikkie ertjiesop by. Roer dit in die sop. Voeg nou die ander geurmiddels by, Kook dit vir so 5-10minute en bedien met lekker vars brood of rolletjies.

Lynette Muller


Ertjie Sop met gerookte vark skenkels
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html
60ml olyfolie
2 groot uie gekap
5 seldery stingels gekap
3 wortels grof gerasper
1-2 aartappels, grof gerasper
2 knoffelhuisies gekneus
500g gerookte varkskenkels
500ml droe ertjies, afgespoel en geweek
3 Liter aftreksel
15ml gemengde droe kruie
2 lourierblare
Sout en vars gemaalde swart peper
Vars suurlemoensap
Verhit die olyfolie in ‘n groot pot en braai die uie en seldery oor matige hitte tot sag. Voeg die oorblywende bestandele by, behalwe die sout, peper en suurlemoensap. Bring tot kookpunt, plaas deksel op en laat prut vir 3-4 ure tot ertjies en vleis sag is. Haal vleisbene uit, sny vleis af en vlok. Skep terug en geur met sout, peper en suurlemoensap na smaak.

LOVELY PEA SOUP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html
1 large piece of smoked meat any kind....
5 large carrots grated..
2 large leeks cut up finely..
1 large handful of celery chopped..
1 large sweet potato grated...
1 tin tomato & onion ..
2 veggi cubes..
Half tsp red pepper...
Half pkt spilt peas...water to cover..
Salt & pepper to taste...
if soup too thick add water if too thin add pkt of soup of your choice...

Robyn Nicholls Holmes


ROASTED GARLIC AND PEA SOUP.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html
1 Small head of garlic
450g frozen peas
4 baby leeks, chopped
600ml vegetable stock
2 tbsp freshly chopped parsley
1 tbsp low fat Greek yogurt, to serve
Pre-heat oven to 200 degrees C. Wrap the garlic in a piece of foil and place directly onto the oven rack in the centre and cook for 20 minutes.
Place the peas, leeks and stock in a large saucepan. Boil together for 10 minutes. Pour into a food processor and blend until smooth adding the peeled garlic cloves and parsley.
Return to the pan and adjust the consistency adding a little more stock if required.
Serve the soup with yoghurt and croutons.

Jenny van der Westhuizen


ERTJIE EN WORTELSOP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html
 Ek maak ertjjies sop van skaapskenkels en baie wortels die ertjiessop moet so geel van die wortels wees ai oe maar dis lekker!! Moet nou nie n wortel ertjie sop maak nie maar net genoeg wortels om dit lekker en mooi te laat lykl. Die skaapvleisies maak dit so geurig en ryk.' dan gebruik ek niks anderss by nie.Elise Kotze


ERTJIESOP MET SPEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html
(4 porsies)
125g strepiespek gekap
30ml botter
1 ui gekap
500ml groenteaftreksel
500g bevrore ertjies
100ml melk of room
1ml neutmuskaat
Vars brood om mee voor te sit
Rooster die helfte van die spek onder ‘n warm element tot bros. Hou dit eenkant vir garnering. Smelt die botter in ‘n groot kastrol en braai die uie tot sag. Voeg die res van die spek by en braai vir 2 min. Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Voeg die ertjies by en laat kook vir 5min of tot ertjies sag en gaar is. Laat effens afkoel, gooi in voedselverwerker of pols met handmenger tot glad. Voeg die melk/room en neutmuskaat by en sit terug op die stoof tot deurwarm. Geur dit met swart peper. Sprinkel die bros spek oor en sit voor met vars brood. *Idees


PASTASOP MET HOENDER EN ERTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ertjie-sop-peas-soup.html

( 6 porsies)
125g bladspek in stukkies gesny
15ml olie
1 groot ui gekap
3 hoenderborsies, vel verwyder ontbeen en in blokkies gesny
250g klein pastaskulpe
1.7 liter hoenderaftreksel
400g bevrore ertjies
Sout en swartpeper na smaak
Plaas spek in kastrol en braai tot bros in eie vet. Voeg olie by indien nodig en soteer ui daarby tot sag. Voeg hoender by en braai liggies bruin. Roer pastaskulpe en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Bedek en laat prut vir 15min of tot pasta gaar is. Roer ertjies by sop en verhit deur vir sowat 5min. Geur na smaak en dien warm op, met pietersielie vir garnering.



 

No comments:

Post a Comment