Wednesday 24 April 2013

PERFEKTE ROEREIERS




DIE PERFEKTE ROER-EIER

•4 eiers
•15 ml melk
•sout en varsgemaalde swartpeper
•15 g (15 ml) botter Klits eiers Smelt botter in pan 1. Klits eiers en melk saam in ’n mengbak. Geur met sout en peper. 2. Smelt botter in ’n pan en gooi geklitste eiermengsel in. Die stoofplaat moet op matige hitte gestel wees. Wag tot eier begin stol Eier moet effe klam wees. 3. Moenie dadelik begin roer nie. Wag tot die eier aan rand van die pan begin stol. Gebruik ’n houtlepel en begin roer van die buitekant af na die middel van die pan. 4.Die eier moet nog effe klam wees wanneer jy dit uitskep. Sit dadelik voor. Bron: Sarie KOS*n.s>Henriette Wessels



Ek is mal oor eier veral in die oggend...wel hier is die resep vir perfekte roer eier!

No comments:

Post a Comment