Tuesday 2 April 2013

SALM GEREGTE




Geroosterde salm-bruschetta

2 salm- of forel-filette
200 g kersietamaties op die rank
Olyfolie
sap van halwe suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat een handvol vars roket
2 snye ciabatta, gerooster
100 g knoffel-en-kruiegeur sagte bokmelkkaas, in skywe gesny
1 lemmetjie, gehalveer
Sit voor saam met
sowat 200 g sagte mozzarella-kaas-balletjies
250 ml olyfolie
sowat 6 vars basiliekruidblare
Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas die vis en kersietamaties op ’n bakplaat. Bedruip albei met ’n bietjie olyfolie. Geur die vis met suurlemoensap, sout en swartpeper. Bak vir 10 - 12 minute, afhangend van hoe dik die filette is. Plaas vars roket op die geroosterde ciabatta. Rangskik die bokmelkkaas, vis en tamaties bo-op. Bedien met vars lemmetjie om oor te druk. Sit die mozzarella-kaas-balletjies in ’n bakkie en gooi die 250 ml olyfolie oor. Breek die basiliekruidblare daaroor en sit voor saam met die bruschetta.*Sarie Kos*2/4/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/salm-geregte.html


Helena Kruger
SALMPASTA
2 klein uie fyn gekap
125ml koekmeel
500ml Ideal melk
250ml room
250ml water
500g gerookte salm in repies gesny
160ml gekapte grasuie
Sout en vars gemaalde swartpeper
3 pakke (500g elk) tagliatelle of penne pasta klaar gekook
Vars parmesaankaas gerasper
Metode:
Smelt die botter en roerbraai die uie daarin tot sag. Voeg meel by en meng goed. Voeg die ideal melk, room en water by. Roer tot die sous verdik en kook. Voeg die meeste van die salm en grasuie by en geur met sout en peper. Meng dit met die pasta en sprinkel die die res van die salm en parmesaankaas oor. Sit dadelik voor. Indien verkies, kan ‘n stuk pangebraaide vars salm bo-op bedien word http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/salm-geregte.html






Norwegian Salmon cooked on the braai

PinkPolkaDotFood
1kg salmon fillets (4 x 250g of fillets)
For the marinade:
90ml olive oil
60ml melted butter
60ml lemon juice
3 cloves of garlic, minced
60ml chopped parsley
Salt and freshly grounded black pepper
Mix all the marinade ingredients together.
Place the salmon fillets in a glass dish and pour the marinade over.
Marinade in the refrigerator for an hour, turning the salmon over a couple of times.
Wrap the salmon fillets individually in aluminium foil and divide the marinade between the four parcels.
Cook for 30 minutes on an indirect fire or in the oven. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/salm-geregte.html






Salm gerook met rooibostee
Die rooibos-geur trek heeltemal in die vis in en gee 'n definitiewe smaak.
200 g (250 ml) sagte bruinsuiker
250 ml wit rys
250 ml rooibostee-blare
4 salmfilette
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml olyfolie
hand vol vars slaaiblare
1 suurlemoen, in wiggies gesny
Voer 'n diep wok of kastrol met tinfoelie uit. (Jy moet 'n ronde afkoelrak hê wat binne-in pas.) Meng suiker, rys en teeblare. Gooi mengsel in wok. Sit wok op stoof en verhit. Geur vis met sout en swartpeper en smeer 'n bietjie olyfolie oor elke filet. Plaas vis op rakkie in wok wanneer dit begin rook. Maak toe met deksel. Laat rook vir 8 - 10 minute. Sit voor met slaaiblare en suurlemoen.*Sarie Kos*2/4/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/salm-geregte.html


Salm met aartappels en tamatie

Lus vir ’n bietjie uithang, maar met ’n resep wat min moeite is? Hier is dit! Bevrore salm werk net so goed soos vars salm. Ek hou altyd ’n paar pakke in die vrieskas vir daardie onverwagte gaste
(4 porsies)
500 g Mediterreense aartappels
250 g kersietamaties (probeer dié op die takkie kry)
4 vars roosmaryntakkies
olyfolie
4 salmfilette
4 ansjovis-filette
450 ml witwyn
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 200 °C. Skil die aartappels en kook tot net gaar - die aartappels moet nog ferm wees. Sny nou die aartappels in die lengte in skywe van sowat 5 mm dik. Gooi olyfolie in ’n bakplaat en sit die aartappels en tamaties bo-op. Sit die vars roosmaryntakkies bo-op en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas daarna die salm-filette op die aartappels, asook 1 ansjovis-filet boop elke stuk salm. Geur met vars gemaalde swartpeper en sprinkel nog ’n bietjie olyfolie oor.
Sit dit in ’n warm oond vir 6 minute. Haal uit en voeg die wyn by en bak vir nog 6 minute.*Sarie Kos*2/4/13 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/salm-geregte.html

 Roomkaas en Salm gereg

Bestanddele
250 g Roomkaas
220 g Pienk Salm
Seekos mayonnaise, waarby 'n bietjie fyngekapte ui, tabascosous en 'n klein bietjie asyn gevoeg is
Kappertjie saad "Capers" of Agurkies na smaak (gepak)
Geroomde avokadopeer gemeng met 'n bietjie suurlemoensap, mayonnaise, sout en peper
Kaviaar - rooi en swart
Metode
Sit gekapte blaarslaai onder n voorgereg kelkie. Meng roomkaas en kappertjie saad en sit bo-op blaarslaai. Meng salm en seekos mayonnaise en skep bo-oor roomkaas. Neem nou die geroomde avokadopeer en garneer die salm. Versier met kaviaar. Hou verkoel in yskas tot net voor bediening.Heerlike resepte* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/salm-geregte.html


SALM EN SOJASOUS GEREG
2 porsies vars salm
1 vars knoffelhuisie - fyngemaak
1 teelepel vars gemmer
½ koppie sojasous
Rysnoedels
Vryf knoffel en gemmer in vis
Marineer vis in sojasous vir 20 minute
Bak oop in oond teen 180 grade vir 15 minute
Bedien op rysnoedels
Gooi ekstra soja oor
Gooi gerus bietjie Maldon-sout oor.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/salm-geregte.html


.

No comments:

Post a Comment