Tuesday 23 April 2013

SWARTWOUD TRIFLE





SWARTWOUD-TRIFLE

Jy kan een groot bak maak of vir elke persoon sy eie in ’n groot rooiwynglas.
Ek het ook sjokolademuffins gebruik - dit maak dit net soveel makliker en vinniger
(10 porsies)
•12 sjokolade-muffins (koop klaar gebakte muffins)
•2 blikkies ontpitte swartkersies
•500 g roomkaas
•2 blikke kondensmelk
•sap van 1 suurlemoen
•125ml brandewyn
•500 ml room
•Whispers-sjokoladeballetjies vir versiering
•versiersuiker om oor te sif
•kruisementblare
Sny die sjokolade-muffins in die helfte. Dreineer die kersies. Meng die roomkaas en kondensmelk goed en voeg die suurlemoensap by.
Pak ’n laag sjokolade-muffins in ’n groot bak of glase. Gooi van die brandewyn oor die muffins.
Gooi ’n laag roomkaasmengsel oor die muffins en pak dan ’n laag kersies. Herhaal dié proses.
Klop room styf en skep heel bo-op. Versier met die Whispers (niemand is tog lus om sjokolade-krulle te maak nie), en sif versiersuiker oor.
Druk kruisementblaartjies in vir die mooi.
Bron: Sarie Kos*Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment