Tuesday 2 April 2013

VEERLIGTE BESKUIT



Christina Stienie Breed   
VEERLIGTE BESKUIT
WENRESEPTE 3
500 ml. melk
250gm, Margarine
250ml. suiker
1 Liter sterk lou water
1½ pakkies kitssuurdeeg
37½ml.sout
2,5kg. koekmeel
3 eiers goed geklits
½ blik kondensmelk
25ml. suurlemoensap
Kook die melk, smeer en al die suiker , behalwe 15ml. saam.
Laat afkoel.
Meng 5ooml. van die lou water, die suurdeeg, 7½ ml. sout en die 15ml. suiker wat eenkant gehou is.
Roer genoeg van die meel hierby om n pannekoekbeslag te vorm. Hou dit louwarm tot goed uitgerys is, na 15 min.
Meng die eiers, kondensmelk en suurlemoensap goed. Meng die oorblywende sout met die res van die meel.
Voeg die melk-suurdeeg en eiermengsel by en gebruik nog sowat 500ml. louwater om die beskuit mee
aan te maak en te knie. Die deeg moet nie styf wees nie.
Knie die beskuit 20min. lank en smeer dikwels die hande tydens die knieëry. Bedek die deeg en laat dit goed uitrys totdat dit dubbel die oorspronklike grootte is.
Maak bolletjies sonder om die deeg eers af te knie. Die bolletjies moet bietjie kleiner as hoendereiers wees.
Sit jou panne skuins en pak die bolletjies styf teenmekaar. Smeer die hande dikwels met margarine.
Laat die beskuit in die panne rys tot dit gelyk met die rand is. Bak die beskuit (60) min. by 180°C (375°F)
Nadat dit gebreek is, droog oornag by koel oond (60°C) met oond op skrefie oop! Lewer ongeveer 150 lang beskuite 2/4/13
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/veerligte-beskuit.html

No comments:

Post a Comment