Saturday, 4 May 2013

GRIEKSE BAKLAVA

Griekse Baklava
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/griekse-baklava.html



Baklava bestaan uit 24 lae filodeeg.
Berei soos volg: 
sny filo so groot soos oondbak
Plaas filo laag in bak en volg die aanwysings:
1ste laag word met botter geverf.

2de laag word met botter geverf en met fyn lagie kaneelsuiker bedek.
3de laag en 4 de laag word weer met botter geverf.
5 de laag word met botter geverf en met 
250 g fyngekapte pistasie neute en geroosterde amandels bedek.
Let wel pekan neute kan ook gebruik word.
Geen Grondbone.!!


Herhaal nou die lae nog 3 X Maw daar is 20 lae as jy klaar is . Dan die 21 ste laag is weer met botter geverf.
Die 22 ste laag botter en kaneel.
En die laaste 2 net botter.
Sny nou deur die laaste 4 lae diamant vormig deur..

Bak in vooraf verhitte oond by 180 C vir 30 minute
Stel oond na 200C en bak nog 5 min.


Maak intussen die stroop.
250 ml kookwater

250 ml suiker

50 ml heuning

15 ml suurlemoensap
Kook 10 minute
Laat afkoel in yskas of vrieshokkie..
en voeg 5 ml rooswater by.

Verwyder baklava uit oond na bakproses voltooi is en sny met skerp messie deur al die lae.
Werk vinnig.

Giet die die koue stroop onmiddelik oor die warm baklava .
Laat staan ten minste 3 ure in yskas voor jy dit bedien.*5/5/13

Bron: Ancoise Strydom

No comments:

Post a Comment