Tuesday, 7 May 2013

PAPTERTE





ALLERLEKKERSTE JAPTRAP PAPTERT
Individuele Paptertjies

200 ml mieliemeel
1 pakkie garlic and herb patato bake
Meng
Gooi 1 liter pas gekookte water in diep mengbak
Klits meelmengsel by die water tot verdik. Kook vir 4 min in mikrogolf op hoog.
Braai intussen jou bacon blokkies en sampioene.
Meng
1 blikkie tamatie en uiesmoor met 1 pakkie garlic and red wine.
2 koppies gerasperde kaas
1 blikkie gerookte oesters
Verdeel pap in lekker diep vierkantige tertbak of oondpan
Gooi helfte tamatiesmoor, helfte bacon ,sampioene en kaas en oesters en herhaal.
Sit onder griller tot kaas smelt en verbruin.
Tert is gaar .
Die resep maak 8 sulke tuna blik tertjies
Ancoise Strydom*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lekkerste-japtrap-paptert.html



PAPTERT
Dié tipies Suid-Afrikaanse gereg word saam met braaivleis voorgesit.
8 – 10 porsies
1 liter water
10 ml sout
625 ml mieliemeel
30 ml botter
250 ml gerasperde kaas
Bring die water en sout tot kookpunt. Meng die mieliemeel met water tot ’n gladde pasta.
Voeg die pasta by die water en roer om klonte te vermy.
Verlaag hitte van plaat en maak kastrol toe met ’n deksel.
Laat staan die pap vir so 10 minute.
Roer botter en kaas deur.
Vulsel
15 ml botter
250 g repiespek (streaky bacon), in blokkies gesny
250 g sampioene, in skywe gesny
1 ui, fyngekap
1 blik (410 g) mieliepitte, gedreineer
2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml room
250 g cheddarkaas, gerasper
sowat 10 vars basiliekruidblare, geskeur
Verhit oond tot 180 °C.
Smelt botter in ’n pan en braai spek en sampioene en ui saam.
Smeer ’n oondbak van sowat 30 x 20 cm met ’n bietjie botter.
Skep helfte van pap onderin bak. Skep spek-en-sampioen-mengsel bo-op.
Sprei mieliepitte bo-op saam met een blik se tamaties. Geur met sout en swartpeper.
Skep orige pap bo-op. Sprei die ander blik tamaties bo-op, gooi room oor en besprinkel met kaas.
Bak vir 30 – 40 minute.
Garneer met vars basiliekruid en sit warm voor saam met braaivleis.* Henriette Wessels
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lekkerste-japtrap-paptert.html

.


PORRIDGE PIE
 (PAPTERT)
Porridge(stywepap):
 1,25L water;
2+1/2C maize meal;
5ml salt;
1Tbsp butter.
Filling:
2 Onions chopped;
olive oil;
2 cloves garlis chopped;
 1Tin. chopped tomato;
2 Tbsp tomato paste;
 5ml sugar;
2 Tbsp red wine;
1Tin sweetcorn;
125g bacon;
125g chopped brow
n mushrooms;
fresh herbs: marjoram,thyme,oregano,parsley,salt & black pepper;
1 chilli chopped & deceeded;
2 ½  C grated strong cheddar cheese & 250ml cream.


MAKE PORRIDGE:
 Bring water & salt to the boil. Add maize meal while mixing well. Cover but stir from time to time. Consistence should be firm but spreadable. Simmer 30mins until done. Stir in butter. Fry bacon, remove from pan & drain on papertowel & dice once cooled. Fry onion in olive oil, add garlic & butter. Add tomatoes,& paste,chopped chilli, salt & pepper & let simmer until soft.Add wine, Add mushrooms & allow to soften. Add chopped bacon & corn. The sauce needs to be juicy. Add herbs to taste. Use a spatula & spread half the porridge into a greased oven pan. Add half the filling on top & sprinkle 1C grated cheese over. Spread rest of porridge,followed by rest of filling & then cheese layer.and then pour the cream Bake in preheated oven 180C for about an hour & till cheese has browned.*RAINBOW COOKING*Moira Botha Dyer*25/6/13* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lekkerste-japtrap-paptert.html



ROMERIGE PAPTERT
Bestanddele:
2 koppies mieliemeel,
2 koppies room,
2 koppies melk,
1 klein ui (fyngekap)
2k gerasperde kaas
2 blikkies suikermielies (sweet corn),
2 teelepels bakpoeier en
1 teelepel FLIPPEN LEKKA Spice.

Metode :
Meng al die bestanddele (behalwe die kaas) saam. Gooi dit in 'n gesmeerde oondbak en bak vir 15 minute op 180 grade.
Haal uit die oond, gooi die 2 koppies gerasperde kaas bo oor en bak vir nog 45 minute.
Dien op as bykos met braaivleis, of sommer net so. Hierdie paptert is so lekker dat daar nooit 'n krummel oorbly nie!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lekkerste-japtrap-paptert.html 

GEEN BAK PAPTERT
LUI HUISVROU OF HAASTIGE KOK GEEN BAK PAPTERT WEER! Geniet! Beslis 'n wenner by die kamp!!!! GEEN BAK PAPTERT BENODIG:
1x Blik tamatie-en-uie mengsel
1 x can tomato and onion mix]
1x Groot ui
1 large onion
2x 250g sampioene
2x 250g mushrooms
500g spek in stukkies gesny
500g bacon bits
3x koppies gerasperde kaas
3 cups shredded cheese
10ml kook olie
10ml oil]
Mieliemeel [maize meal/flour]
Blatjang [chutney]


 MAAK SO: Sit water vir die pap op die stoof en laat dit kook. Maak meng pap maar moet nie te veel mieliemeel ingooi nie want ons wil die pap nie te styf hê nie. Terwyl die pap prut gooi olie in ‘n pan en sny uie in klein blokkies en sit in olie. Braai uie tot amper deurskynend. Voeg spek by en braai tot gaar. Voeg blatjang by en braai vir nog so 5 minute. Voeg dan sampioene en tamatie-en- uie mengsel by. Roer aanhouded totdat sampioene lekker sag is. Wanner pap gaar is voeg by pap en meng deur. Voeg kaas by en meng goed deur. Prut op ‘n lae temparatuur totdat die kaas gesmelt het. WHAT TO DO: Cook maize, to a medium consistancy. Fry onions in oil, then add the bacon. Add the chutney and fry for about 5 miutes. Now add the mushrooms and tomato and onion mix. Stir fry for another 5 - 6 minutes. When the porridge is cooked add the mixture and cheese to the porridge and mix through and wait for the cheese to melt. Serve and enjoy! Bron.Kos vir kampeerders PLASING*Lulu* RESEPTE,WENKE EN IDEES 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lekkerste-japtrap-paptert.html 

No comments:

Post a Comment