Saturday, 25 May 2013

LEMOENKOEK MET DADELS


LEMOENKOEK MET DADELS
1 kop botter/margarine
2 teel Lemoenskil gerasper
1 teel koeksoda
½ kop okkerneute
2 koppies meelblom
1 koppie suiker
1 koppie fyn dadels
2 eiers
¾ kop suurmelk
knippie sout
STROOP:
Sap van 2 Lemoene
1 koppie strooisuiker
1 teel gerasperde lemoenskil
METODE VIR DIE STROOP
Meng alles goed
Hou stroop in die yskas tot die koek gaar is en
gooi dan oor
METODE VIR DIE KOEK
Klits botter en suiker saam tot romerig voeg dan eiers en skil
Dan die meel en melk (met koeksoda in opgelos) beurtelings
Rol dadels en neute in so kwart koppie meel en voeg dan by die mengsel
Bak ongeveer 40-45 minute by 180°C
Haal uit die oond en gooi die stroop oor
Plaas terug in die oond en laat bak vir 5 minute
Laat afkoel in die pan!
Bron: HJ Human (My ouma se resep )
Plasing: Henriette Wessels

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lemoenkoek-met-dadels.html

No comments:

Post a Comment