MILJOENERS BROSBROOD KOEKIES
Ongeveer 24 blokkies
Brosbrood:
125 g (¼ blok) sagte botter
75 ml (5 e) strooisuiker
250 ml (1 k) koekmeel
knypie sout
Karamellaag:
60 ml (4 e) botter
45ml (3 e) gouestroop
397 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ k) strooisuiker
Bolaag:
200 g (2 pakke) sjokolade, in blokkies gebreek
100 g (1 pak) donkersjokolade, in blokkie gebreek
Stel oond op 160°C.
1 Brosbrood
Room botter en strooisuiker tot liggeel.
2 Sif koekmeel en sout by en meng tot sagte deeg vorm.
3 Druk deeg op bodem van koekpan 20 cm x 20 cm groot wat met bakpoeier uitgevoer is vas.
4 Prik deeg met vurk en bak vir 20 minute. Verwyder uit oond.
5 Karamellaag Verhit bestanddele vir karamellaag oor matige hitte in dikboomkastrol tot suiker opgelos is. Roer af en toe.
6 Kook verder tot mengsel dik en goudkleurig word. Dit neem ongeveer 10 minute vandat eerste borreltjies begin vorm tot karamel reg is.
7 Skep karamelsous bo-oor broskors. Hou eenkant tot gestol.
8 Keer koekies versigtig met behulp van bakpapier uit.
9 Bolaag Smelt sjokolade teen 70%- krag in mikrogolf. Roer af en toe tot dit glad is.
10 Smeer sjokolade bo-oor karamellaag en laat eenkant tot gestol.
11 Sny kante gelyk en sny ewe groot blokkies.
Bron: Maroela Media
Plasing: Henriette Wessels*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/miljoeners-brosbrood-koekies.html

wat is die koste van en gehalte van die resep
ReplyDelete