Saturday, 4 May 2013

TAMATIE BREDIES




CONRAD SE TAMATIE BREDIE
2 uie, gekap
3kg bees of skaapskenkel
1 kg wortels, gesny
1 blik tamaties

12g tamatiepuree

1 koppie bruinsuiker
3 naeltjies
sout na smaak
METODE
Braai uie in kastrol met botter en olie tot bruin.
Haal uit. Braai vleis tot bruin en voeg uie en wortels by.
Laat dit stadig prut totdat wortels sag is.
Voeg die res by en laat dit prut tot vleis sag is.
Bedien op bruinrys met beetslaai.

Bron: RSG Resepte*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/tamatie-bredies.html




Tamatiebredie
Moira Botha Dyer
1kg stoweskaapvleis soos bors, nek, skenkels ens.
15ml meel,
15ml olie,
2 uie fyn gekap,
2 knoffelhuisies gekneus,
sout en swart peper na smaak,
1kg groot ryp tamaties, geskil en gekap,
6 swartpeperkorrels,
5ml suiker en
3 asrtappels geskil en in kwarte gesny.
Ander smake soos verkies.
Rol vleis in meel en braai mooi bruin in verhitte olie, stukkies op 'n slag. Soteer nou uie en knoffel en geurmiddels en suiker tot uie sag is. Voeg vleis by en roer goed. Voeg nou tamaties, peperkorrels by. Verlaag hitte, plaas deksel op en prut vir 1 tot 2 ure tot vleis sag is. NB voeg aartappels so 30minute voor gereg gereed is. Heerlik saam met gort, bruinrys of koring. (Resep van die Vleisraad)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/tamatie-bredies.html

TAMATIE BREDIE
Carol Elliott Claassen
1kg Skaapvleis in stukke gesny
25ml Margarine of oliel
2 Uie gekerf
1 Knoffelhuisie gekneus
10ml Sout
Vars gemaalde swart pepper
Aftreksel, water or wyn
500g Aartappels in stukke gesny
1kg Tamaties, ontvel en gekap
5ml Suiker
2ml Droë Tiemmie
5ml Marjoram
Verhit olie in ´n groot kastrol en sorteer die uie en knoffel tot deurskynend. Voeg vleis by en verbruin vinnig. Voeg sout, pepper and ´n bietjie aftreksel by en stowe met deksel op totdat die vleis sag is. Voeg aartappels, tamaties, suiker, tiemmie en marjoram by en stowe vir nog ´n uur langer. Bedien met rys. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/tamatie-bredies.html


VARKWORS-EN-TAMATIEBREDIE
500g dik varkworsies
1 blik (410 g) gekapte tamaties
1 blikkie tamatiepasta
1 blik (410 g) tamatiepuree
250ml hoenderaftreksel
Sout, suiker en swartpeper na smaak
60ml vars oregano, gekap
1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
1 blik (410 g) gemengde bone, gedreineer
Metode:
Braai die worsies in 'n bietjie olyfolie tot goudbruin en gaar.
Skep uit, laat afkoel en sny in stukke.
Verhit die gekapte tamaties, tamatiepasta, tamatiepuree, aftreksel en geurmiddels tot kookpunt.
Laat stadig prut tot afgekook en geurig.
Voeg die bone by en laat prut vir nog 'n paar minute. (As die sous te dik is, voeg 'n bietjie aftreksel of water by.)
Voeg laaste die wors by, verhit tot deurwarm, en sit voor met aartappel, rys of krummelpap. Kosmater ♥ Helena Kruger
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/tamatie-bredies.html

Moira Botha Dyer
TAMATIE-SKAAPSKENKEL-BREDIE
1kg skaapskenkels,
15ml meel,
15ml olie,
2 uie gekap
2 knoffelhuisies gekneus
sout en gemaalde swart peper
1kg groot ryp tamaties geskil en gekap
6 swartpeperkorrels
5ml suiker
3 aartappels geskil en in kwarte gesny.
Rol vleis in meel en braai in voorverhitte olie tot bruin haal uit kastrol en plaas eenkant.
Soteer uie en knoffel in selfde kastrol tot sag.
Voeg vleis weer by. Geur na smaak. Voeg tamaties peperkorrels en suiker by.
Verlaag hitte sit deksel op en prut ongeveer 2ure.
Voeg aartappels so 30min voor einde by. Kook tot vleis en aartappels sag is.
Bedien met bruinrys of koring
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/tamatie-bredies.html



No comments:

Post a Comment