Thursday 20 June 2013

CORDON BLEU CHICKEN



Hoender Cordon Bleu
* Heilie Pienaar*
Lewer vier porsies
4 hoenderfilette (borsies)
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
4 snye kaas van keuse
4 snye ham of pastrami
80 ml (derde k) koekmeelblom
2 ekstragroot eiers
200 ml (¾ k) droë broodkrummels
kookolie vir braai

Metode
1. Gebruik sterk bakpapier en bedek die hoenderstukke.
Kap dit effens platter sodat die hoender amper so dun soos ’n schnitzel is. Besprinkel met sout en peper.
2 . Plaas ’n sny kaas en ham op die een kant van elke filet.
Vou dit toe oor die kaas en ham en maak die opening toe met ’n tandestokkie.
Rol elke filet goed in die meel. Gebruik ’n tang en
dompel dit in die geklitste eier en laastens in die broodkrummels. Sorg dat dit goed bedek is. Plaas in die yskas vir omtrent 30 minute. Dit keer dat die krummels maklik afval wanneer dit gebraai word.
4. Verhit olie in ’n mediumgroot swaarboompan en braai die hoender vir ’n paar minute aan elke kant totdat die hoender gaar en goudbruin is.*20/6/13 *http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/gordon-bleu-chicken.html
LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG





Liana Barnard Claassen 

Daan ekt nie eintlik n resep nie.
Ek vlek hoenderborsies en kap dit dan lekker plat. Dan smeer jy bietjie dijon mostert oor. Skyf ham en skyf kaas. Rol op lekker styf, en steek vas met tandestokkies. Dan rol jy in meel, dan eier, dan broodkrummels. Braai net bruin in warm olie en bak dan by 180* vir so 10 minute!




No comments:

Post a Comment