Friday, 2 August 2013

AGURKIES INGEMAAK



Agurkies
Janine Mostert
2 x 365 g-pakkie baba-komkommers, gehalveer
60 ml growwe seesout
20 g vars dille, fyngekap
8 heel swartpeperkorrels
500 ml wit asyn
200 g strooisuiker
Plaas komkommers en sout in middelgroot mengbak. Meng goed. Laat staan vir 20 minute. Spoel goed af onder koue water. Meng met fyngekapte dille en pak stewig in 1 000 ml-glasfles.
Verhit asyn, suiker en peperkorrels tot kookpunt in middelgroot pot. Gooi oor komkommers en vul fles tot heel bo. Seël dadelik stewig met ’n metaaldeksel. Los vir 4 uur om te pekel. Sit voor met sterk kaas.
Wenk
As jy die fles geseël het, kan jy die komkommers tot 6 maande in jou koskas bêre. Sodra jy dit oopgemaak, moet jy dit in die yskas hou en binne 3 weke gebruik.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/agurkies-ingemaak.html

No comments:

Post a Comment