GEPIEKELDE KOMKOMMERSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/08/komkommerslaai.html
1 Engelse komkommer in dun skyfies gesny
2e Sout
1/2k Asyn
1 knoffelhuisie fyn gesny
1-2 e suiker.
Plaas jou gesnyde komkommers met die sout in lae in n bak en laat rus vir 30min.
Spoel dit goed af en maak dit droog.
Meng nou jou asyn/knoffel en suiker goed, en gooi oor jou komkommerskywe.
Plaas in yskas oornag of vir n paar ure as jy haastig is. Dit hou baie goed in jou yskas vir+- so 4-5 dae en dan is dit baie lekker.
Bedien dit saam met kraakvars blaarslaai en koue gekookte eiers, met n bietjie slaaisous of olyfolie
of van die marinade oor. Sprinkel gekapte grondbone of neute ook oor *Helena Kruger
heerlik!!!Helena 10/8/10♥ N.S. ek het al Peppedews ook saam met die
komkommers gemarineer!!.
ROOMERIGE KOMKOMMERSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/08/komkommerslaai.html
1 Engelse komkommer
125ml Room
Sout en grofgemaalde Peper
Sny jou komkommer in dun skyfies en bestrooi dit met sout en laat in n vergietes dreineer. Plaas n laag komkommer en gooi n lagie room oor strooi vars gemaalde peper oor . Herhaal tot alles op is .
Baie lekker maar n geheim!!!Meng..Ina Paarmans se BLUE CHEESE Salad Dressing [creamy] met jou room en dit is n baie groot verskil as jy van bloukaas hou..Helena Kruger

KOMKOMMERSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/08/komkommerslaai.html
1+1/2K Suiker
1k Asyn
1t Sout
1t Selderysout
Fyn Swartpeper na smaak
Sny jou komkommers in dun skyfie en plaas in n lugdigte bottel .
Meng jou sous goed tot suiker opgelos is en gooi oor
Plaas in jou yskas tot goed verkoel is. Baie lekker!!Helena Kruger
INGELEGDE KOMKOMMERSLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/08/komkommerslaai.html
Bestandele:
6 Groot Komkommers in skywe gesny met skil aan.
1/2 Koppie sout.
Laat komkommers oornag in die soutwater le.
Volgende stap:
4 Uie in skywe gesny
3 Koppies wit asyn
3 Koppies suiker
1 Eetlepel droee mostert
1/2 Eetlepel borrie
2 en n 1/2 Eetlepels Mazina (ek vat so 3 eetlepels aangemaak met water)
Metode
Kook uie saam met asyn, suiker, mostert en borrie vir 10 minute.
Bind met Mazina.
Voeg komkommers by en laat kook tot dit vinnig borrel.
Bottel warm, en draai die bottles syf toe.
GENIET DIT, WANT HIERDIE RESEP IS MET LIEFDE GEGEE.**Delene Mostert*
No comments:
Post a Comment