Wednesday 4 September 2013

EIERVRUGPATEE



Eiervrugpatee
2 eiervrugte (brinjals)
150 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit die rooster-element van jou oond. Sny die eiervrugte in die lengte in die helfte. Plaas ’n stuk tinfoelie op ’n bakplaat en sit die eiervrug, gesnyde kant na onder, op die tinfoelie. Rooster onder die element tot sag. Die skil sal begin bars. Verhit 60 ml van die olyfolie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Plaas die gebraaide ui en knoffel in jou voedselverwerker. Skep die sagte vleis van die eiervrug uit die skil en plaas in die voedselverwerker. Kap baie fyn, en terwyl die masjien loop, voeg stadig die res van die olyfolie by. Geur met sout en swartpeper. Skep in ’n bakkie. Jy kan nog ’n klein bietjie olyfolie bo-oor sprinkel vir die mooi.*Sarie Kos*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/eiervrugpatee.html

No comments:

Post a Comment