Friday, 20 September 2013

GEMMERBROOD


GEMMERBROOD:

240 g koekmeelblom ( 500 ml ) ( 2 k )
10 ml gemmer ( 2 t )
5 ml gemengde speserye ( 1 t )
5 ml kaneel ( 1 t )
5 ml koeksoda ( 1 t )
2 ml sout
120 g botter ( 130 ml ) ( 1/ 2 k + 1 t )
125 ml stroop ( 1/ 2 k )
100 g suiker ( 125 ml ) ( 1/ 2 k )
125 ml kookwater ( 1 1/ 2 k )
1 eier, geklits

METODE
Sif die meelblom, speserye, koeksoda en sout saam.
Meng die botter, stroop, suiker en kookwater en roer om die suiker op te los.
Roer die twee mengsels bymekaar en roer dan die geklitste eier by.
Skep die beslag in `n broodpannetjie wat met gesmeerde waspapier uitgevoer is en bak 50 tot 55 minute lank in `n matige oond ( 180 C / 350 F ) totdat die broodjie uitgebak is. 

Berie Vd Velden Smith
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/gemmerbrood.html

Van n Vriendin af in Tanzania!! Dankie Kobie gaan dit beslis maak!!
"Koffiekroeg se Chef se Resep"
Kobie Coetzee
Hier is die resep vir die 

Pampoen-Gemmerbrood: 

To die for!!
Meng:
1 1/2 k meel
1/2 t sout
1 t bakpoeier
2 t fyn gemmer
1 1/2 t kaneel
1/4 t fyn neutmuskaat
Meng saam:
1k pampoenmoes
1/2 k gesmelte botter
1/2 k donker bruin suiker
1/2 k molasse
1 eetlepel gerasperde vars gemmerwortel
2 geklitsde eiers
3 e water
1/2 k rosyne
Meng nat en droe mengsel.
Sit in klein broodpan en bak teen 180 grade celcius vir 50 minute. Laat afkoel in die pan voor uitkeer.
Versiersel is die van roomkaas wat oor n wortelkoek gaan.
groete uit Tanzania, waar dit stormsterk reen vandag!
Kobie Coetzee 20/12/11 

No comments:

Post a Comment