GESTOOFDE PERSKES EN KLUITJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/gestoofde-perskes-met-kluitjies.html
Perskes
500g gedroogde perskes
water - genoeg om perskes te bedek (5 koppies)
knippie sout
125 ml suiker
1 eetlepel botter
Plaas die perskes in pot. Voeg water en sout by. Kook die perskes tot sag. Meng suiker en botter by.
Kluitjies
250 ml bruismeel
knippie sout
1 eetlepel suiker
water
Meng die droë bestanddele met water tot stywerige deeg vorm. Skep lepelsvol op saggekookte perskes. Sit deksel op en prut oor stadige hitte tot kluitjies gaar is*Die Bloubakkie
No comments:
Post a Comment