Tuesday 10 September 2013

MRS H.S BALL'S CHUTNEY


                                                              Foto>Andrieshia Gray
MRS H.S. BALL'S BLATJANG
Die oorspronklike resep soos opgespoor deur SARIE
Maak 18 bottels (mild)
612 gram droëperskes
238 gram gedroogde appelkose
3 liter bruin druiweasyn
2 1/2 kg wit suiker
500 gram uie
12 gram sout
7.5 gram cayenne peper

METODE:

Week vrugte oornag in die druiwe asyn. Kook dan in asyn tot sag en dreineer.
Maal in klein stukkies in 'n meul (of versnipper met 'n kombuismes) Gooi die vrugte, suiker (opgelos in 'n bietjie van die asyn) en uie (gemaal) by en kook in 'n groot pot in die asyn.
Die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid, dit moenie te loperig of te dik wees nie, maar so dik soos die eindproduk in die bottel. Voeg cayenne peper en/of brandrissie by en kook vir 2-21/2 uur. Roer nou en dan met 'n houtspaan sodat dit nie vasbrand nie.
Om blatjang "hot" te maak, voeg 75 gram gemaalde brandrissie by.
Om perskeblatjang te maak, los die appelkose uit en gebruik 850 gram droëperske."
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/mrs-hs-balls-chutney.html

1 comment:

  1. Hierdie resep klink na die "real mccoy" soos hulle hier in New Zealand sê. So baie van die resepte vir Mrs Balls reken mens het 125g sout nodig en 75g cayenne. Wel ek weet net dat dit mens aan die brand sal laat slaan!

    ReplyDelete