Saturday 14 September 2013

ONTBYTGEREG

                                                                           

Lewer 6 – 8 porsies

12 varkworsies
3 uie, geskil en in wiggies gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in breë repe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in breë repe gesny
30 ml (2 e) olyfolie
‘n paar takkies vars roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
12 bruin sampioene, in kwarte gesny
250 g kersietamaties
60 ml (¼ k) basiliekruidpesto

1. Voorverhit die oond tot 200°C.
2. Plaas die worsies en uie in ‘n vlak oondpan en sprinkel die olie en roosmaryn oor. Geur na smaak.
3. Braai dit sowat 30 minute lank en skud die pan elke nou en dan.
4. Voeg die soetrissies, sampioene en tamaties by en braai nog 30 minute of tot die worsies gaar is.
5. Roer die pesto by en geur na smaak.
Bedien met dik skywe gebotterde roosterbrood.
Bron: Maroela
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/onbytgereg.html

No comments:

Post a Comment